Daar het glo iemand die vorige naweek verdrink en die oom was kwaai toe ek sê ons wil op die eiland gaan vis...
Ons het toe maar onder teen die stroom gaan sit. Klein geelvis, babers en 'n paar karpies het ons besig gehou vir die middag. My jongste seun, Dewet, se gedulk het op geraag, en hy het besluit om teen die riete te gaan staan en so 45 grade in die stroom te gooi, die aas het dan so gehop tot aan die kan van die stroom in die stil water. Hy het dan die aas in gebring en die selfde gedoen.
So 17:30 het ek 'n gil gehoor, "Pa ek het iets!". Die stok was krom en die katrol het geskree.
Hy het 2 rysmiere aan die hoek gehad en het hierdie mooi karp gevang.
Daai smile sê als...
