Dink hardop!
-
Francios Heins
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm
Dink hardop!
Ek post dit hier en sien uit na julle terugvoer.
Ek oorweeg dit om vir my 'n hand wapen aanskaf wat ek elke dag op my wil dra, maar het geen idee wat om te kry nie, die wapen moet gemaklik wees (ek is nie die maarste hier om die middel nie) en nie te groot dat dit 'n ongemaklike hindernis is as jy in en uit 'n voertuig klim!
Tog soek ek genoeg slaankrag vir wanneer dit een dag dalk nodig sou wees nie.
Groete
Francios

- hennief
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am
Re: Dink hardop!
Kyk bietjie na http://us.glock.com/products/model/g23
Ek het nie self een nie, maar my baas sweer my syne. Glo die .40 cal het taamlik slaankrag.
Glock 26 compact sal ook seker werk, maar hy kom net 9mm sover ek weet.

FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Dink hardop!
Glock 19.
Vir die volgende redes, kompak genoeg om elke dag te kan dra en effektief te conceal. daar is nie 'n externe hammer wat jou gaan knou, skaaf en skuur nie. Parte en bybehore is vrylik beskikbaar.

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Dink hardop!
Die sub-compact (G26) kom in 9mm en dan die selde groote (G27) in .40.hennief wrote:Kyk bietjie na http://us.glock.com/products/model/g23
Ek het nie self een nie, maar my baas sweer my syne. Glo die .40 cal het taamlik slaankrag.
Glock 26 compact sal ook seker werk, maar hy kom net 9mm sover ek weet.
My raad aan enoge ou is bly weg van altwee veral die G27.Veral as jy groot hande het.Koop iets soos n G19.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Dink hardop!
Francois
Glock 19 plus begroot R1000+ vir 'n goeie holster en belt. Dit is baie belangrik, moenie rond sukkel met 'n R300 sakkie nie. Ek het nou vir my 'n stel by Ross leather gekry. Gaan toets die wapen. NSN en Flora Guns bied jou geleentheid om met verskeie te skiet.
N.S.Dit help as jy jou "Subject" meer van pas maak op jou vraag.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Dink hardop!
Gaan na 'n wapen winkel, vra dat jy die wapens kan voel. kies een wat vir jou lekker voel.
onthou om 'n wapen elke dag te dra is net ongemaklik aan die begin. Daarna is dit twede natuur.
onthou om 'n wapen elke dag te dra is net ongemaklik aan die begin. Daarna is dit twede natuur.
-
Francios Heins
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm
Re: Dink hardop!
dankie vir julle terug voer, dankie alecjohnson so dit gaan oor persoonlike smaak
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Dink hardop!
Francois ja en nee,
ja want jy moet gemaklik wees met die pistool/revolver en nee want jy moet ook kyk na betroubaarheid en die beskikbaarheid van parte soos magasyne asook die kostes.
ja want jy moet gemaklik wees met die pistool/revolver en nee want jy moet ook kyk na betroubaarheid en die beskikbaarheid van parte soos magasyne asook die kostes.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Dink hardop!
Gaan vir persoonlike smaak ja, maar stel 'n grens. Ek het na hoeveel wapens vir elke dag dra gekyk, gevoel en selfs geskiet. Ek het ook besluit ek koop niks kleiner as 9mmx19 (parrabellum) nie, nommer een sou wees 45ACP. Ek wou graag die Colt 1911 45ACP koop, dit was baie gemakilk en hanteerbaar vir my maar net te duur gewees vir my op daardie stadium. Ek het toe 'n ou CZ 75 gekoop ( die heel oue vir R3200). Dit was ook baie gemaklik vir my.
Of jy 'n .22short koop of 'n 500 S & W koop gaan dit jou niks help as jy nie oefen en jou geestelik voorbery op die gebruik van die wapen om jou lewe te red nie.
Dus dit moet jou sak pas om te kan oefen om goeie spiergeheue optebou. Ek persoonlik oefen so 200-300 rondtes per maand.
Of jy 'n .22short koop of 'n 500 S & W koop gaan dit jou niks help as jy nie oefen en jou geestelik voorbery op die gebruik van die wapen om jou lewe te red nie.
Dus dit moet jou sak pas om te kan oefen om goeie spiergeheue optebou. Ek persoonlik oefen so 200-300 rondtes per maand.
-
Francios Heins
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm
Re: Dink hardop!
sjoe ja dit maak sin ek was so 11 jaar terug in 'n gewapende roof so ek verstaan wat jy bedoel met geestelik reg moet wees. dink 'n .22 in die regte hande kan netso effektief wees as 'n groot kaliber. Ek het 'n .32 webley&Scott (geerf) my broer spot my altyd se dis my pew pew ( hy skiet 'n Steir M40) maar daai klein kaliber is lekker akuraat as ek genoeg geoefen het met hom.
maar soek beslis iets anders vir elke dag dra.

vossie1
- Hero Member

- Posts: 2116
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Dink hardop!
Cz PO 7 of 9 duty baie goedkoper as die Glock en het n manual safety wat bietjie meer gerus stellend is as jy nie gewoond is aan handwapens nie. Ek hou van die glock 23 maar ek skiet baie en sal gemaklik wees met hulle safety. Ek het tans n Cz 75b in 40s&w en die ding is baie betroubaar en akuraat,net bietjie swaar vir elke dag dra,maar die regte holster maak die wereld se verskil aan n elke dag dra wapen.
-
Akkedis
- Full Member

- Posts: 106
- Joined: Sun Dec 08, 2013 8:57 pm
Re: Dink hardop!
Francois, ek het onlangs ñ Glock 26 gekoop. Ek is baie tevrede en hy skiet baie akuraat. Wat ek nie in berekening gehou het nie is dat ek ñ R1000 se holster moes koop en ñ R700 se belt, as dit nie daarvoor was nie sou ek nie die wapen gemaklik kon dra nie en sou hy net in die kluis lê. By gesê, as ek weer moes kies sou ek die G19 gevat het omdat ek hom in dieselfde holster kan dra en die ekstra groter wat hy is maak dit nie meer ongemaklik om hom te dra nie en wanneer jy op die skietbaan kom kan die bietjie langer loop bydrae tot beter akuraatheid en jou hele hand pas op die greep.
Ek het ook ñ 2" .38 special revolver wat ek gedra het voor ek die Glock gekry het en met die regte holster het hy ook gemaklik gedra. My agterstewe het net gejik vir iets anders, toe kos dit my klomp geld sonder dat ek saak heeltemal deurdink het.
So doen genoeg navorsing en maak ñ goed ingeligte besluit. Asseblief net niks kleiner as ñ 9mm nie.
My 2c
Groete
Akkedis
Ek het ook ñ 2" .38 special revolver wat ek gedra het voor ek die Glock gekry het en met die regte holster het hy ook gemaklik gedra. My agterstewe het net gejik vir iets anders, toe kos dit my klomp geld sonder dat ek saak heeltemal deurdink het.
So doen genoeg navorsing en maak ñ goed ingeligte besluit. Asseblief net niks kleiner as ñ 9mm nie.
My 2c
Groete
Akkedis
-
Akkedis
- Full Member

- Posts: 106
- Joined: Sun Dec 08, 2013 8:57 pm
Re: Dink hardop!
Hierdeie is die belangrikste voordat jy enige wapen dra. Anders kan hy vir jou ñ groter risiko wees as wat jy geen wapen gedra het nie.alecjohnson wrote:Of jy 'n .22short koop of 'n 500 S & W koop gaan dit jou niks help as jy nie oefen en jou geestelik voorbery op die gebruik van die wapen om jou lewe te red nie.
Groete
Akkedis
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Dink hardop!
Ja die VSA holsters is duur ek het by Ross egte leer skede, belt en dubbel magasyn skede vir R1000 gekoop.Dit is 'n tuckable binne belt skede.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Dink hardop!
Ek is baie jammer as ek nou so moet se, maar as jy nie gewoond is aan 'n handwapen nie moet jy dit nie dra nie punt! oefen eers en raak gewoond aan die wapen, kry betroubare rondtes. My oupa het altyd vir my gese dat die safty op 'n geweer is die gevaarlikste ding op dit.(jy kan die woorde gebruik soos jy wil of van toepassing sien). Jy kan nie die nag wil wakker word half deur die 11-1-11 en dan nog moet worstel met die wapen nie. Jy moet sonder om te dink jou wapen kan gebruik as jy moet. Gebruik dan die "dinktyd" om te besluit of jy nou regtig in gevaar is en of dit net 'n oskuldige geval is.vossie1 wrote:Cz PO 7 of 9 duty baie goedkoper as die Glock en het n manual safety wat bietjie meer gerus stellend is as jy nie gewoond is aan handwapens nie. Ek hou van die glock 23 maar ek skiet baie en sal gemaklik wees met hulle safety. Ek het tans n Cz 75b in 40s&w en die ding is baie betroubaar en akuraat,net bietjie swaar vir elke dag dra,maar die regte holster maak die wereld se verskil aan n elke dag dra wapen.
"There is no room for error in a life or death situation-Be prepared!"
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1893
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Dink hardop!
Francios
Met jou vraag kan ons nogal 'n lang debat maak want baie ouens gaan voorstel jy moet die fabrikaat wapen en kaliber van hulle keuse aanskaf. My raad aan jou is as volg.
1. Doen jou huiswerk aangaande die kaliber. Nie net doodmaak vermoe ens nie maar ook kostes van ammo, gaan jou vrou ook die wapen soms skiet ens? Vandag se SD ammunisie maak van meeste kleiner handwapens nogtans gedugte SD kalibers.
2. Fabrikaat is die lekker deel. Hier gaan jy net kan besluit nadat jy so veel moontlik handwapens hanteer het. Probeer om met vriende se wapens eers te skiet voor jy besluit.
3. Holster soos bo genoem is net so belangrik en kan uiteindelik maak of jy jou handwapen gereeld gaan dra of nie.
4. Ek sou die beter gehalte handwapens lys as volg en hopelik laat ek nie een weg nie; Heckler & Koch, Glock, CZ, Smith & Wesson, Sig Sauer (word deur navy seals gebruik), FN Browning, Beretta, Z88, Vektor SP1 en 2, Springfield, Walter ens.
Ek hoop jy kom reg.

Maak 'n verskil
-
DJ V
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Fri May 03, 2013 4:34 pm
Re: Dink hardop!
Goeie advise Ratel, ek sou ook kyk na die Grand Power P1. PO7 groote kompakte pistol. Ek hoor net goeie dinge.
Maak seker accessories is maklik bekombaar, 2 dra magasyne en so paar vir speel op die baan.

DJ
-
Vrystater
- Newbie

- Posts: 12
- Joined: Wed Mar 14, 2012 1:13 pm
Re: Dink hardop!
Dagsê,
Ek wil ook sommer(in my opinie en woorde) opsom wat die manne reeds hierbo genoem het.
Ek sou soek na 'n relatiewe klein 'polymer frame' pistool soos die Glock19 of CZ75 P07 Duty. Gaan na 'n gunshop of pistoolklub en gaan 'fondle' die pistole - kyk, voel, en skiet die pistool en kyk watse pistool 'bond' met jou.
Kaliber is jou keuse, maar niks kleiner as 9mm. Ek self is happy met die 9mm, kry dan net goeie dra ammo soos Winchester Rangers. Koste is hier 'n faktor ook, 9mm is die cheapste - punte, doppe ens is volop beskikbaar. Jy moet jou pistool ken, en om dit te ken moet jy oefen/skiet, en om te skiet kos geld. Help nie jy't 'n 40S&W of 45 en jy skiet 4 magasyne 'n jaar nie. Ek't niks teen hierdie kalibers nie asb, voor ek gekruisig word. Punt wat ek net wil maak is dat dit help nie jy het 'n pistool met 'stopping power' maar kan die skelm nie raak skiet nie.
En dan 'n goeie holster en belt. Ek dra elke dag my ou staal CZ75 met 'n Geoff Carter holster en CRSpeed belt. Jy noem dat jy iets soek wat 'gemaklik' is. Ek dink geen pistool wat jy elke dag dra is gemaklik nie. Jy moet maar die kombinasie van pistool+holster kry wat vir jou werk. En dan jou kop regkry, m.a.w aanpas by pistool dra. 'n Vriend van my sê altyd 'Carrying a handgun is not supposed to be comfortable, it's supposed to be comforting'
Hoop nie ons het jou kop net meer deurmekaar gemaak nie...
Lekker aand,
VS

Sjoe dankie almal vir julle terugvoering! Ek het baie om te gaan herkou !
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Dink hardop!
Alles baie goeie advies. Ek wens ek het dit alles geweet, voor ek op my eerste pistool besluit het.
Daar is nog iets, wat ek wil bylas:
Voor jy jou geld neersit, gaan soek 'n goeie handwapen-instrukteur of -skool en gaan doen 'n kursus of 2 in handwapen-selfverdediging. Ek praat nie hier van basiese wapenhantering nie, maar gevorderde vegkuns. (CQB of so iets.) Nadat jy so iets gedoen het, en so 'n duisend of meer patrone gevuur het, in realisties nagebootste gevegs-situasies, verander jou perspektief nogal. Ja, die kursus kos geld, maar dis 'n baie goeie belegging. Baie van die persone of instansies sal vir jou 'n pistool leen, vir die kursus. Kyk of jy dalk meer as een tipe kan gebruik.
My persoonlike keuse, vir elke dag dra, is 'n Glock19. En die wederhelf het 'n identiese ene. Myne was goedkoop, meer as 20 jaar gelede. Die feit dat onderdele (veral magasyne) beskikbaar en bekostigbaar is, tel nogal punte. Maar my vriende wat CZ's skiet, geniet dieselfde voordeel. Ek het 'n paar ander handwapens, wat ek ook sal kan dra, maar die G19 klop hulle almal wat gerief betref. En gerief = beskikbaarheid. My "ou" Colt 45 (1911 tipe) skiet vreeslik lekker, maar weeg 2x soveel as die "tupperware"-pistool. Maklike keuse.
Maar uiteindelik is die eienaar se vaardigheid baie belangriker as die maak van die gereedskap in sy hand.

johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Dink hardop!
[quote="Akkedis"]Francois, ek het onlangs ñ Glock 26 gekoop. Ek is baie tevrede en hy skiet baie akuraat. Wat ek nie in berekening gehou het nie is dat ek ñ R1000 se holster moes koop en ñ R700 se belt, as dit nie daarvoor was nie sou ek nie die wapen gemaklik kon dra nie en sou hy net in die kluis lê. By gesê, as ek weer moes kies sou ek die G19 gevat het omdat ek hom in dieselfde holster kan dra en die ekstra groter wat hy is maak dit nie meer ongemaklik om hom te dra nie en wanneer jy op die skietbaan kom kan die bietjie langer loop bydrae tot beter akuraatheid en jou hele hand pas op die greep.
Ek het ook ñ 2" .38 special revolver wat ek gedra het voor ek die Glock gekry het en met die regte holster het hy ook gemaklik gedra. My agterstewe het net gejik vir iets anders, toe kos dit my klomp geld sonder dat ek saak heeltemal deurdink het.
So doen genoeg navorsing en maak ñ goed ingeligte besluit. Asseblief net niks kleiner as ñ 9mm nie.
hoekom niks kleiner as n 9mm nie?
Ek het ook ñ 2" .38 special revolver wat ek gedra het voor ek die Glock gekry het en met die regte holster het hy ook gemaklik gedra. My agterstewe het net gejik vir iets anders, toe kos dit my klomp geld sonder dat ek saak heeltemal deurdink het.
So doen genoeg navorsing en maak ñ goed ingeligte besluit. Asseblief net niks kleiner as ñ 9mm nie.
hoekom niks kleiner as n 9mm nie?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Dink hardop!
Johan,
Jy kan doodskiet met 9mmS en 7.65 ens maar dis soos BWB jag met 243. 9mmP is nou maar eenmaal die minimum wat die ouens aanbeveel. Penetrasie en slaankrag se toetse het al bewys dat dit die de-facto minimum is.
Ek glo egter as 'n vrou slegs 'n 7.65 kan skiet sal dit beter wees as niks.
Jy kan doodskiet met 9mmS en 7.65 ens maar dis soos BWB jag met 243. 9mmP is nou maar eenmaal die minimum wat die ouens aanbeveel. Penetrasie en slaankrag se toetse het al bewys dat dit die de-facto minimum is.
Ek glo egter as 'n vrou slegs 'n 7.65 kan skiet sal dit beter wees as niks.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Dink hardop!
Ek moet eintlik nie hier post nie, want ek weet baie min van hanwapens af, behalwe dat die voorkant die gevaarlike kant is
Ek wonder egter hoekom niemand 'n Heckler & Koch aanbeveel nie?
Ek het 'n P30 V3 in 'n 9mm en het onlang nog een gekoop in 40 S&W. Ek is baie beindruk met die wapens, en het op hulle besluit, nadat ek al die ander(Glock,cz etc) hanteer het.
Hulle is lekker kompak en pas lekker in my "groot" hande ( wat nie alle kompakte pistole doen nie)
Ek wonder sommer? Is daar enige probleme met hulle waarvan ek nie weet nie?
ek vra, want soos ek gese het, ek weet baie min van handwapens af
Groete
Ronald
Ek wonder egter hoekom niemand 'n Heckler & Koch aanbeveel nie?
Ek het 'n P30 V3 in 'n 9mm en het onlang nog een gekoop in 40 S&W. Ek is baie beindruk met die wapens, en het op hulle besluit, nadat ek al die ander(Glock,cz etc) hanteer het.
Hulle is lekker kompak en pas lekker in my "groot" hande ( wat nie alle kompakte pistole doen nie)
Ek wonder sommer? Is daar enige probleme met hulle waarvan ek nie weet nie?
ek vra, want soos ek gese het, ek weet baie min van handwapens af
Groete
Ronald
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Dink hardop!
Nee wat hulle is baie goed, ons groot probleem is beskikbaarheid van parte. Ek weet nie of dit die agent is of dit die moeder mpy is nie. Dit is lekker om met die Merc te ry, maar dit help nie hy staan in die garage terwyl jy wag vir die windskerm vanaf Stuttgart nie
Hulle is natuurlik ook effe duurder as die Glock/CZ.
Hulle is natuurlik ook effe duurder as die Glock/CZ.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Dink hardop!
carl dit is seker so,ek dra maar n .22 magnum by my.met my werk gaan ek nie 24uur n 9mm by my dra nie,maak nie saak hoe kompak hy is nie,hy bly te groot as jy heeldag buite rond werk op die plaas en tussen die boys.my 9mm vat ek net as ek saans uitgaan.maar dit is soos iemand hier bo gese het,mens raak n handwapen se dra baie vinnig gewoond,ek moet partymaal seker maak hy is nog met myCarl wrote:Johan,