Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
-
JohanP
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am
Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Hallo manne
Ek is genooi vir bosveld jag in Junie maand
Ek laai gewoonlik Nosler Accubond 150grein koëels teen 2850 f/s
Die manne wat my genooi het, praat almal van 180gr teen 2300 f/s
Sal die 150gr Accubonds die pyp kan rook, of is my spoed bitjie wild vir Bosveld kondisies?
Die spesies is
Koedoe
Blouwildebees
Vlakvark

- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Die 150 gr gaan mooi werk, dit is 'n bonded koeel so hy gaan nie sommer opbreek nie, jy is gemaklik met die lading, jou geweer skiet goed daarmee ek sal nie verander as ek jy is nie
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Ek stem saam. Hou by jou resep wat vir jou werk en konsentreer op korrekte skootplasing. Vertel gerus na die jagtog hoe dit gegaan het. Onthou, mens twyfel soms as andere harder begin praat oor hul suksesvolle ervaringe. Dit impliseer nie jou eie resep werk nie ook goed nie of selfs beter nie.
Geniet dit!
Geniet dit!
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Johan,
Die 150gr sal werk. Onthou net dat in die bosveld is skote baie nader. Verlede jaar se bosveld jag vir my was verste 60m en naaste 25m. Die 165gr accubonds uit die 30-06, teen 2805 fps het op die naby skote onder 40m opgebreek en ons stukkies lood tussen die vleis gekry toe ons geslag het. Ek glo nie jy sal enige penetrasie probleme ondervind nie. Vermy net groot bene op dié koedoe en blou wildebees op kort afstande.
Alhoewel die 150gr sal werk, wil ek jou net maan om versigtig te wees op kort afstande met ligte koeëls teen 'n vinnige spoed.

Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
JohanP
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Dankie manne !
Ek voel nou heelwat meer gerus, en kan myself toe lê op opskerp van my skietkuns, pleks van nuwe lading ontwikkeling.
Dis baie waar wat Win270 sê.
As ander manne hard praat oor hulle resepte, begin jy twyfel aan joune
En as jy begin twyfel aan jou vermoêns, is wanneer dinge begin verkeerd gaan..

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Johan, my opinie is:
Ek weet dat 'n goedgeplaaste 150gr enige van die genoemde diere sal omdop, Ek jag meer dikwels in die bosveld met 'n .30 kaliber. My opinie is dat 'n stadiger swaarder punt op dikwels korter afstande meer gemoedsrus gee. Veral as dik bene gebreek moet word.
As ek die 150 gr roete sou gaan sou ek verkies om premium koeëls soos Barnes X te gebruik veral op Blouwildebees.

- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Ek jag self dikwels met 'n 308. Vir die bosveld verkies ek die swaarder koeëls van goeie ontwerp. Dikwels is die hoeke waarteen die bokke staan baie skuins en dan kort jy die penetrasie wat die momentum van 'n swaarder koeël jou bied.
-
JohanP
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Watse gewig sou jy aanbeveel, en teen waste spoed?AFRICAN LEADWOOD wrote:Ek jag self dikwels met 'n 308. Vir die bosveld verkies ek die swaarder koeëls van goeie ontwerp. Dikwels is die hoeke waarteen die bokke staan baie skuins en dan kort jy die penetrasie wat die momentum van 'n swaarder koeël jou bied.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
As jy 150gr wil gaan en n premium koeel gebruik wat van local? Rhino en Frontier maak 150gr monos vir .30cal.
-
JohanP
- Full Member

- Posts: 121
- Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Vir die een of ander rede wil premuim mono's soos Rhino en GSC nie met my geweer groepeer nie. So ek kry my beste resultate met lood kern koeëls. daarom die Accubond keuse..303 wrote:As jy 150gr wil gaan en n premium koeel gebruik wat van local? Rhino en Frontier maak 150gr monos vir .30cal.
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
Ek sal minimum 165gr gebruik maar vir die bosveld verkies ek die 180gr. die voordeel is die swaarder koeël en hoër SD. Die spoed behoort dan tussen 2400 en 2500 fps wees. Ek glo dat die 200gr in die algemeen te swaar is vir die .308 Win se dop kapasiteit. Ek soek genoeg spoed om betroubare omklink (mushrooming) van die koeël te verseker.
Ek is baie lief vir die .308 Win. Daar is baie beter bos kalibers, maar dit bly maar 'n gunstelling van my.
Ek is baie lief vir die .308 Win. Daar is baie beter bos kalibers, maar dit bly maar 'n gunstelling van my.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Bosveld jag... .308 150gr of 180gr
AFRICAN LEADWOOD wrote:Ek sal minimum 165gr gebruik maar vir die bosveld verkies ek die 180gr. die voordeel is die swaarder koeël en hoër SD. Die spoed behoort dan tussen 2400 en 2500 fps wees. Ek glo dat die 200gr in die algemeen te swaar is vir die .308 Win se dop kapasiteit. Ek soek genoeg spoed om betroubare omklink (mushrooming) van die koeël te verseker.
Ek is baie lief vir die .308 Win. Daar is baie beter bos kalibers, maar dit bly maar 'n gunstelling van my.
Op 'n tyd het ons 'n 308 op die plaas vir algehele werk gebruik, Ons het meestal 200gr Sake Hammerheads gebruik, het vanaf Eland tot Kudu etc geskiet met baie goeie resultate, mushrooming was nie 'n proebleem nie, ongelukkig nooit die spoed gemeet nie. Maar moet byvoeg teen die draad skote sou ek 'n 180 gr verkies