Armand, as jy wil lang afstand skiet is die 260 jou antwoord.
22-250 kan ook werk vir dit. Jy gaan net regte twist loop moet kies en jou free bore sal diep genoeg gesny moet wees om daai lang 75gr + pille te skiet.
Die 260 rem se ladings digtheid met ons somchem drymiddel is steeds beter as 22-250.
Dit beteken, met alles 100% reg gedoen, teoreties behoort jy kleiner ES met 260 rem te kry waneer hy met 22-250 vergelyk word.
Met Berger se 90gr match target VLD teen +-2800ft/sec uit 22-250 dop kompiteer die kombinasie goed met 260 rem AI (140 gr a-max @ 2920ft/sec)
Alles in ag genome tussen die twee, sou ek weer 260 rem AI bou.
Redes:
-Perfekte dop kapasiteit en projektiel gewig kobinasie vir ons drymiddels-goeie ladings digtheid
-Kan met die kombinasie wye verskeidenheid punt gewigte effektief skiet (Van 100 -142gr). As jy met 22-250 lang afstand wil kompiteer, verloor jy die 55gr akuraatheid agv langer "free bore" vir hoë .224 punte.
-Meer slaan krag as 22-250 oor langer afstande.
-Langer loop leef tyd as 22-250, minder over bore.
-Dis 'n 308 dop

- Dis 'n mooier dop
Maar dis alles net my redes en opinie. Wil niks afsmeer op ander nie.