Goeie dag kerels.
Ek wil net graag hoor watter raad is daar om bye uit my koosteen te kry sonder om hulle almal dood te maak.
Ek het reeds kaggel aangesteek in 30 grade somer en selfs citronella olie op vuur gegooi maar bye bly deur koorsteen in die huis beland.
Ek weet die bye het baie vyande deesdae en wil hulle nie graag doodmaak nie maar dit gaan nou al vir n paar weke lank so.
Ek luister graag.
Albe
Hoe gemaak met bye in koorsteen?
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Hoe gemaak met bye in koorsteen?
Ek is nie 'n kenner nie. Maar weet jy kan hulle met stofsuier uithaal en dan ander plek loslaat. As jy nie die koningin ook uithaal nie gaan hulle difinitief terugkom.
Ander plan is om die koningin op te spoor en te sit in vuurhoutjieboks in nuwe byekas. Hulle sal dan daar intrek en die vuurhoutjieboks oopvreet tot by haar. Happy ending!
Allles maar hoorsê. Ek het dit nog nie self toegepas nie.
Ander plan is om die koningin op te spoor en te sit in vuurhoutjieboks in nuwe byekas. Hulle sal dan daar intrek en die vuurhoutjieboks oopvreet tot by haar. Happy ending!
Allles maar hoorsê. Ek het dit nog nie self toegepas nie.
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: Hoe gemaak met bye in koorsteen?
Soek byeboer in jou omgewing en vra hom om nes te kom verwyder, sodra hul uit is maak skoorsteen toe bo met fyn gaas draad ?
(Dink ek)
W.S
(Dink ek)
W.S
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hoe gemaak met bye in koorsteen?
Probeer maar byekolonies soveel as moontlik bewaar. Ek sien 'n kennisgewing by ons veearts van persoon wat bye uithaal. Die brandweer se mense kan jou ook moontlik help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Hoe gemaak met bye in koorsteen?
Laat hulle maar profesioneel uithaal, as die ou tot by hulle kan kom natuurlik. Daarna moet jy teer of kreosoot verf waar hulle nes was, ander trek net n ander kolonie daar in. Hulle hou niks van teer nie.
Diesel werk ook maar hou nie lank nie.
Diesel werk ook maar hou nie lank nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.