V8 Land Cruiser p/u

Post Reply
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

V8 Land Cruiser p/u

Post by kopskoot »

Manne

Ek is haastig opsoek na 'n V8 Cruiser bakkie. Enige kleur ,solank dit wit of beige is.

Sal baie waardeer as iemand kan help!

groete

Ronald
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Dawie Malan »

Bel vir Albert Adams by Nul8Twee 41ses 05drie nul. As hy hom nie kan kry nie, is daar nie een nie.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Geno »

Is jou VX verkoop?

http://www.junkmail.co.za/motoring/4x4- ... e-31091935

Ek dog jy emigreer?

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Ronald.JPG
Goed, beter, 6millimeter!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by kopskoot »

Geno wrote:Is jou VX verkoop?

http://www.junkmail.co.za/motoring/4x4- ... e-31091935

Ek dog jy emigreer?

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Ronald.JPG
Daai was sommer een of ander onwettige jagter van beskermde diere se grappie.

Sal maar hier in sonnige SA moet bly,ander lande wil my nie he nie ;D
User avatar
Phillip
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Fri Apr 26, 2013 3:34 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Phillip »

Hallo Ronald,

Ek het sopas die volgende advertense op facebook gesien:
ek het nou die ideale jagbakkie te koop!! 2004 Land Cruiser met 4.3 V8 Lexus engin(beter op branstof as die 4.5EFI) met baie baie exstras ARB bullbar, warn winch, IPF spotlights, OME suspension,6 mags with 315 BF tyres, rubberrise, cattle rails, rear bumper replacement bumper with 2 sparewheels, longrange tank, water tank, snorkel, ARB compressor, ARB front and rear lockers, seatcovers, GPS, MAG lights, Sound system, central locking, aircon, hunting chairs and hunting bench, one owner 155000km R220000!! ekstras allen is +- R150000

Jy kan Willem van Tonder kontak op 082 335 1841
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Dawie Malan »

Kopskoot

Goeie prys vir daai VX!!

Groete

Dawie
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Stefan764 »

haha
vernon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 54
Joined: Tue Oct 04, 2011 3:12 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by vernon »

Middag Ronald

Sien jy soek die V8, my vriend wil sy 4.5 v6 verkoop full house, jag raam, winge, mags als op as jy sou belangstel.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Dawie Malan »

Vernon

Dis Ronnie, nie Ronald nie. Sien sy advertensie hierbo.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Stefan764 »

vernon wrote:Middag Ronald

Sien jy soek die V8, my vriend wil sy 4.5 v6 verkoop full house, jag raam, winge, mags als op as jy sou belangstel.
4.5 EFi is die straight 6....
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Nico Harris »

Ja die 4liter is n v6.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Stefan764 »

Vernon mail my asb daai 4.5 se fotos en prys asb? stefan@so.co.za

Dankie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Wouter Roets »

Rowland

Ek het vergeet toe ons gister gepraat het om vir jou te noem dat die Cruisers nie great laaikapasiteit het nie. So dit gaan jou n paar trips kos om al die SA Jagters tydskrifte op te koop wat daai fototjie van jou in is by die Dangerous Game Shoot waar jy so mooi deurvolg na die skoot. Die dieselverbruik is ook aan die swak kant al se manne wat, veral onder vrag. Die beste(goedkoopste) is meskien n dubbelas trailer wat jy agter jou VX kan aansleep. Indien die trailer remme het kan jy gaan tot 3.5 ton totale gewig. Jy sal net eers n hak moet opsit want n tou gaan nie werk op die waentjie vas te hou aan die voertuig nie. Meskien kan jy nog die trailer huur eerder as om te koop om sodoende jou koste nog laer te hou. Onthou ook net om nog n vrag in te werk waar jy jou naam gaan haal. Kry sommer die plank ook en raam hom.

Baie sterkte in jou bedrywe aangesien die boek se verspreidings gebied redelik wyd is. Het ook nie n idiee waar jy jou naam homself huidig bevind nie asook die plank waarmee jy hom gemoer het. Meskien kan iemand jou hier help aangesien Jaracal ook n redelike wye gebied cover. Ons het selfs nou n lid van die VSA en ek glo dit is waar jy eerste kan begin soek. Neem maar jou kamara saam op hierdie groot tog van jou en probeer om dit aan een of ander TV program te verkoop. Ek verstaan hierdie realiteits programme doen heel goed deesdae op die kassie. Sodoende kan jy jou kostes nog verder af kry of dalk nog n winsie na die tyd wys. Twyfel maar daaraan, aangesien die VX200 ook maar swaar op sous is en die geslepery maak dit nie beter nie. O-ja kry maar die ding wat hulle Skype noem ook sodat jy kan sien hoe jou twee bloedtjies grootword aangesien die n lang trip kan raak.

Hoop retig ek het nou aan alles gedink, maar enige lid is welkom om iets by te voeg soos hy goeddink.

Groetnis
Jou besorgte vriend.

PS Het jy toe vir Koos daai kersgeskenk wat daai vloeistof in het met die tekeningkie van die skedel en twee gekruisde bene in die brandewyn bottle met die toutjies gestuur? Ek sien hy skryf nog nou en dan hier so ek neem aan hy het hom nog nie gekry nie of dalk nog net nie gedrink nie.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Stefan764 »

hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha
hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha
hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha
hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha
hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha
hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha
hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha
hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by DWB »

Hehehehehehehehehehehe

Mooi man Wout!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by kopskoot »

Dankie Wout.

Vir die mooi verduideliking. Ek sal dit tog ingedagte hou!

Ps. Jy's so behulpsaam! Wonder of die forum besef wat hulle in jou het?
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Stefan764 »

You cut me deep Shrek.... you cut me real deep.....
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by DWB »

Ronnie, ek het so mooi vir die manne aan tafel Maandag aand ook verduidelik hoe mens jou gesig moet trek as jy 'n 500 skiet :D

Almal het gedink jy lyk bekend!

Ag en was ou Stefaans nie ook so liefdevol na julle daar weg is nie :D

Vreeslik hand om die lyf!

Ek het lig met 'n drukkie en soentjie weggekom! :D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Geno »

Raak geslaan Wout, sommer pitsenter rrrrrrrraaaaaaak!

O ja, dis nie 'n plank nie, maar 'n hele hout huis waarmee die man sy naam geslaan het.
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Wouter Roets »

Ronnie, askuus askuus my fout, Ronald

Sorry ou maat, maar ons almal is maar net op die uitkyk vir jou eie beswil. Ons weet jy is nie n uitgesproke man wat sal opstaan vir jou regte nie en dus tree ons maar in die bres namens jou.

Soos jy nou eerstehans uitgevind het is daar maar n paar onverskrokke karakters daarbuite wat nie sal huiwer om al die stops uit te trek om verkope van n publikasie op te kry nie. Hierdie is nou glad nie n verwysing na my goeie vriend Koos Barnard nie, maar eerder na die ongenaakbare publisiteits monster. Koos ons weet jy het jou vuiste tot op die been oopgeveg om Rowland se foto uit die publikasie te hou maar moes uiteindelik swig voor die enorme druk van n hoer gesag wat die salaris tjek teken. Nie eers daai goedgemikte skop tussen die bene van Koos kon verhoed dat Rowland se sterk gelaatstrekke uit die publikasie gehou word nie. Koos so terloops onthou daai skop werk nie as die persoon nie duidelike gesigshare(facial hair) het nie. Use it, don't use it.

Rowland onthou in die gees van Jaracal lag ons saam met jou en nie vir jou nie. Hierdie is baie belangrik om te onthou. Ons wil ook net keer dat die groep by een van daai bitter smart parties waar jy uithang nou nie onbeheerst in jou gesig begin lag, waar jy nou daai storie vertel waar jy in Suid Tahitie teen n 110 grade berghang daai eerste kleurvariteit van die pienk rooi klipspringer met n linker horinglengte van 57 duim plategetrek het nie. Vir hierdie rede en hierdie rede alleenlik het ek my vorige skrywe aan jou gerig.

Vernon aangesien daar n handjievol nie-Brakpan inwoners ook hier teenwoordig is op die forum kan jy asb bietjie meer duidelikheid verskaf oor die ekstra van jou vriend genaamd; winge? Waar sal n mens dit tipies monteer op n bakkie, die dak of die tailgate? n Foto sal baie handiger wees as n geskrewe verduideliking glo ek. Glo ons almal wag in spanning. O-ja en is die V6 4.5 n spesiale conversion wat daar gedoen word, en indien so sal jy ook dan so gaaf wees om die kragsyfers deur te gee?

Manne en Maninne
Julle moet Mooiloop

Ps Ronald ons almal hou styf duim vas saam met jou dat Rowland Ward daai inskrywing van die pink rooi klipsringer gaan aanvaar. Kom ons hoop die twee gemsbokhorings se gom hou ook so styf vas en natuurlik die kleursel!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: V8 Land Cruiser p/u

Post by Marc »

Dankie Wout ek het dit nou nodig gehad ;D

PS: jy toe n Cruizer gekry Ronnie ++>:
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply