Middag Vriende.
Ek wil weet wat julle gesoute manne wat jakkalse jag dink van n wind wat noord waai. Is dit so dat n jakkals se looptyd verander met die sekere rigting van wind wat waai of [loop hy miskien glad nie ,wag hy dat die noorde wind moet gaan le]is dit miskien iets anders wat die vabond nie van hou nie.Ek glo sekerlik dat waneer die wind stormsterkte waai le hy laag ,maar die noorde wind waai die wind uit my seile.
Groete en mag die warm somer-aande net lafenis vir die siel bring in die veld.
Christo.
Jakkalse en wind.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Jakkalse en wind.
Hy moet eet, en hy moet merk, sy twee grootste drange in die wereld. Die enigste tyd wat hy regtig traag is om te loop, is as hy nat is, en daar waai so regte koue wind. As hy nie van die weer hou nie, gaan soek hom waar hy beskut is, digter bosse, klowe, hange ens, maar loop sal hy loop.
As jy jou veld ken, en jy het 'n idee hoe sy kop moontlik kan werk in 'n bepaalde situasie, is jou kanse beter om hom te kry. Tyd in die veld is jou beste wapen, in soutie taal, "Don't overthink it, study it"

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.

- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Jakkalse en wind.
Christo
Persoonlik het ek nog nie ondervind dat 'n jakkals minder aktief is wanneer die Noordewind waai nie. Stormsterk wind pla hom ook nie te veel nie. Let op waar die jakkals gereeld vang,en hou die weer dop,en jy sal gou sien dat wind nie regtig vir vlekkie afsit nie. 'n Jakkals het sy pad waarlangs hy gewoonlik sal loop om te gaan vang,maak nie saak van die windrigting nie. Teen die wind in of saam met die wind pla hom nie. Indien hy egter langs hierdie pad van hom iets vreemds gewaar,dan sal hy die wind werk,m.a.w. hy sal om hierdie vreemde voorwerp probeer beweeg en dan teen die wind in nader beweeg om ondersoek in te stel.
My 2c
Groete

- christo gouws
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue Jun 19, 2012 6:42 pm
Re: Jakkalse en wind.
More Mac en Martin Marais.
Baie dankie vir die raad en ek sal dit volg en probeer en Mac ek wil graag net vir jou se dat die woorde wat jy my geleer het vandag een van my ankerpunte is in die jag van die ongediertes.Dankie.
"Don't overthink it, study it"