Dagse Manne
Ek wil graag weet watse mengsel of resep is daar vir die vleis wat jy aan n gifskieter sit sodat hy dit sal optel?
Dankie
Francois
Gifskieter se vleis
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Gifskieter se vleis
Francois, ek wil nie die topic hijack nie, maar wat is 'n gifskieter?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Gifskieter se vleis
FCLoretz wrote:Francois, ek wil nie die topic hijack nie, maar wat is 'n gifskieter?
http://lmgtfy.com/?q=coyote+getter
Goed, beter, 6millimeter!
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Gifskieter se vleis
Francois
Sover ek weet kan jy bloukaas(roggeford) saam met bietjie vet gebruik.
Sover ek weet kan jy bloukaas(roggeford) saam met bietjie vet gebruik.
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Gifskieter se vleis
Francois
een deel beesvleis.
een deel Roquefortkaas
een deel beesvet.
Maal die verskillende bestanddele afsonderlik.Plaas gemaalde vleis in 'n fles,bedek met die kaas en daarna die vet.Plaas die fles in die son sodat die kaas en die vet kan smelt. Sodra dit behoorlik gesmelt is,meng die bestanddele deeglik. Die aas is nou gereed vir gebruik.
Terloops,gebruik jy nog gifskieters?

- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Gifskieter se vleis
Martin se resep is 100%, ek gebruik binnevet, niertjievet. Dit maak dat aas lekker hard set as hy droog raak. Kamera gestel by een gifskieter en was interesant om te sien hoe n jakkals die ding benader en die aas vat. Het met sy bek eers sywaarts, sy wang amper op die grond, die aas probeer 'afsteel', versigtig gevat, knypie vir knypie, maar met die dat binnevet lekker hard was het hy later met sy voortande van bo af oor skieter gebyt en getrek- dit was genoeg en so skiet hy die gif lekker in die bek in. Het al gewonder hoeveel skieters is al afgetrek met die dat jakkals eers van die kant af byt en moontlik word die gif 'mis' geskiet!? Een omie het my ook gesê dat angora hare beter hard word en sit met die aas as wol, hy se die wolvet sweet en maak dat dit maklik afkom en reken as wol gebruik word dit eers gewas moet word. Ek kan hier nou nie met sekerheid sê nie, dalk het iemand dit ook al ondervond!?
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Gifskieter se vleis
Versigtig! Ek verstaan die goed is nou onwettig. Ek is nie seker nie, want mense kan maar baie nonsens praat, maar hou liewer lae profiel.
- FrancoisN
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am
Re: Gifskieter se vleis
Dankie vir al die raad.
Martin moet die vet smelt of wanneer die kaas gesmelt het meng jy dit dan net deeglik?
Kan ek sommer maalvleis gebruik?
Dankie
Martin moet die vet smelt of wanneer die kaas gesmelt het meng jy dit dan net deeglik?
Kan ek sommer maalvleis gebruik?
Dankie
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Gifskieter se vleis
Francois,as die kaas goed gesmelt het kan jy maar die spulletjie meng. Jy kan ook skaapvleis gebruik.Ek het in 1997 'n gifskieterkursus bygewoon. Hierdie kursus was deur natuurbewaring aangebied,en ek het ook 'n sertifikaat ontvang met 'n registrasie nommer. Ek kan nie dink dat ek nou onwettig in besit van my gifskieters is nie,want ek het my sertifikaat wat my magtiging gee om die gifskieter te gebruik.
Daar is nogal 'n paar wetlike vereistes ook waaraan voldoen moet word voordat enigiemand 'n gifskieter stel. Jy moet in besit wees van jou sertifikaat. Jy moet die grondeienaar skriftelik in kennis stel 3 weke voor die datum waarop jy beplan om die gifskieters op sy grond te stel. Dan is daar ook sulke rooi kennisgewingborde wat jy op die grensheinings van sy perseel moet aanbring.
Rommel,grawe so klein tregtervormige gaatjie en plaas jou gifskieter daar binne. Dit keer dat vlekkie van die kant af kan peusel aan jou aas. Sit skaapwol op die gifskieter en doop dit dan in gesmelte was.
Daar is nogal 'n paar wetlike vereistes ook waaraan voldoen moet word voordat enigiemand 'n gifskieter stel. Jy moet in besit wees van jou sertifikaat. Jy moet die grondeienaar skriftelik in kennis stel 3 weke voor die datum waarop jy beplan om die gifskieters op sy grond te stel. Dan is daar ook sulke rooi kennisgewingborde wat jy op die grensheinings van sy perseel moet aanbring.
Rommel,grawe so klein tregtervormige gaatjie en plaas jou gifskieter daar binne. Dit keer dat vlekkie van die kant af kan peusel aan jou aas. Sit skaapwol op die gifskieter en doop dit dan in gesmelte was.
- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Gifskieter se vleis
Kry ek nou so 'gloeilamp-effek'! Daai tregter gaatjie maak sin, dankie!