Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post Reply
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by Flip Nel »

"n groep van ons ouens het die naweek gaan skiet, meeste van die gewere het 3 - 9 teleskope op, agter gekom dit moeilik om op 100 meter die kruisdraad presies op 'n gewewe plek te hou vir elke skoot. Dit was die geval in 3 gewere, ons skiet gewoonlik na 'n klein swart blokkie, kies gewoonlik 'n hoek en skiet na die punt daarvan, met my 5 - 30 vergroting was dit maklik om die kruisdraad presies op die selfde plek te hou maar nie die 3 -9 x 40 teleskope nie. Mens kan goed genoeg so skiet maar ek voel ek kan beter as ek dit presies op die selfde plek elke keer kan hou. Is daar dalk 'n truuk wat ek nie van weet nie. Ek het met die ander skuts gepraat en hulle gevoel was die selfde
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by Reggie Gerber »

Flip as julle minder koffie die oggend gedrink het as gevolg van die vorige aand se kuier so julle dalk minder gebewe het ;D ;D ;D

Die Teleskope met groter vergrootings het gewoonlik dunner kruisdrade wat dit maklikker maak om presies te mik maar hoe groter die vergrooting hoe meer sal jy sien hoe dans hy rond as wat hy op n laer vergrooting gestel is

My 2c
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by tripodmvr »

Dit is natuurlik so dat hoe hoër die vergroting (goeie lense word veronderstel) hoe beter resolusie sal jy hê en dus fyner detail kan sien. Die gebruik van 'n 3-9 teleskoop is om in bos omgewing 'n breë veld te kan sien om teikens maklik op te tel en tog ook 'n bietjie verder te kan skiet met die 9x vergroting. Dit gaan dus oor praktiese toepassing in die jagveld. Die' teleskope is gewoonlik kleiner en ligter om by hul gebruik van stapjag te pas. My gunsteling vir bosjag is 'n 2-7x32 Lynx op my 30-06. Baie wye veld op 2x en fokus ook dan tot 5m vanaf die geweer. Die 7x is genoeg vir skote tot 300m.

Ek het vir jare 'n 1-3,5x20 teleskoop op my 375 gehad en het 1 duim groepe met hom geskiet. My langste skoot nog ooit op 'n bok het ek met hom op 'n kudu naby Jansenville geskiet. Seker 400 meter + en my eerste skoot was raak en net bietjies te vêr na agter om 'n doodskoot te verseker. Het die bok egter gekry.

Ek pas my kolgrootte aan op my skywe om te help met die verskillende vergrotings wat ek gebruik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by Beer (Christo) »

;D Nee kyk, ek dink oom Marius het Superman-oe!! Ek sal nooit ooit op 300m kan Skiet met 7x nie.

My pa kan so goed ver sien, sy gunsteling scope is sy 6x42 S&B.

Ek sal ook graag wil weet as enige iemand enige raad het, maar ek dink dit hang tog maar af van die stel oge agter die scope
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by tripodmvr »

Lynx het altyd aanbeveel 1x per 50m wat beteken dat 'n 7x vergroting goed is tot op 350m. Die mark het geswaai en die ultra vergrotings het op die mark verskyn. Om dit te bemark is die 50m na 25m verminder en nou moet ek ewe skielik 'n 14x vergroting hê om daar uit te kom. Die' verandering is baie goed vir hul sakke. My 6-24 x 44 Hawke is baie lekker om mee vêr te kan kyk, maar die rus moet stewig wees om daardie vergroting te kan gebruik. Die veld van sig is so nou dat as jy jou oog knip jy die teiken uit die beeld verloor. Vir voorsit sal die' teleskoop goed kan werk, maar vir bosjag is hy op 6x gedraai.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by LUAN »

Ek pas my teiken groote aan vir die scope wat ek meer skiet. Ek het net n 2-7x32 op my .303 gehad en kon nog goed skiet op 200m.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by FCLoretz »

Dankie Luan. Targets is gesave.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by BRNO (Pierre) »

Vir my ook belangrik wat .303 hier aandui. Gebruik eerder n teiken met n kruis, en skiet na die middel van daai teiken, as om elke keer na n hoek te skiet. Ek druk my teikens self wat ek vanaf targetz.com kry, dan is dit nie elke keer n lot geld vir teikens aankoop nie.

Ek gebruik die swart kruis, en plak dan sommer nog n 25mm rooi kol ook in die middel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by LUAN »

Ja nee dis mos waarvoor die werk se printers daar is om teikens te druk >:+ :laugh:
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by Swys14 »

Beer (Christo) wrote:;D Nee kyk, ek dink oom Marius het Superman-oe!! Ek sal nooit ooit op 300m kan Skiet met 7x nie.

My pa kan so goed ver sien, sy gunsteling scope is sy 6x42 S&B.

Ek sal ook graag wil weet as enige iemand enige raad het, maar ek dink dit hang tog maar af van die stel oge agter die scope
'n familie lid van my het ook 'n 6x42 SB op sy K98 300HenH en skiet alles en ver daarmee
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by Eugene »

Beer (Christo) wrote:;D Nee kyk, ek dink oom Marius het Superman-oe!! Ek sal nooit ooit op 300m kan Skiet met 7x nie.

My pa kan so goed ver sien, sy gunsteling scope is sy 6x42 S&B.

Ek sal ook graag wil weet as enige iemand enige raad het, maar ek dink dit hang tog maar af van die stel oge agter die scope
Onthou, vroeer het die manne met oop visiere geskiet tot op 300+ tree en later met 4x40 teleskope! Tegologie het beslis sy voordele, maar dit maak ons (en ons oë) maar lekker lui!

Stem saam met Pierre, beste is maar om 'n kruis te gebruik. Ek het sommer al op excel 'n paar teikens gemaak wat lekker werk vir elke verskillende afstand, teleskoop en geweer.
Aim small, miss small
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Sukkel met 3 - 9 Teleskope

Post by Beer (Christo) »

Dis waar Eugene. Ons sit heeldag voor rekenaars, party dae voel dit asof my oe nie verder kan fokus nie
Post Reply