Ladings vir .243 met 88gr berger
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Ladings vir .243 met 88gr berger
Jis manne, ek soek n paar ladings met 88gr Bergers om te probeer. Verkieslik die manne wat Remington skiet, dan kan jy sommer vir my jou TPL ook gee. Ek kry oraait groepe met 44,4 gr S365 en TPL van 70mm, CCI 250 primers. Hoe lank voor n nuwe geweer sy volle potensiaal bereik gegewe ek het die regte "resep"? Sien uit na jul terugvoer.
-
Danie Lombard .243
Re: Ladings vir .243 met 88gr berger
Ou Tjops
44,4 gr S365 klink vir my net soos die ding. Dit is 'n bullet proof lading vir 'n 243. Ek neem aan jy het 'n nuwe roer. Nie alle roere se lope reageer dieselfde nie. So na 'n paar honderd skote sal die loop lekker ingewerk wees. Maar jy sal moet mooi fyn skiet en goed moet kan meet met die caliper om die verskil tussen die nuwe loop en die ingewerkte loop se groepe te sien. Onthou net die volgende oor lope. Hul is op hul beste net voor hul kaput is. As jy enige groepe van kleiner as 'n duim op 100 meter kry met drie skote is jou roer meer as akkuraat genoeg. Jy sal dan enige skoot op enige afstand kan sekuur plaas, MITS JY SAAMWERK EN MOOI GOOI.
Jou vraag oor die TPL van 'n bepaalde loop soos in jou geval die rem geweer. Jy moet onthou dat nie een geweer dieselfde is nie, nie eens twee wat na mekaar uit dieselfde fabrike uit kom reaggeer dieselfde nie. Jou geweer se TPL in uniek met 'n bepaalde punt van jou keuse en die groepeering vermoe van jou geweer berus slegs by jou skiet en herlaai vernuf. En soos jy al sekerlik op die forum gesien het, ou mnr. 243 se groepe word bepaal deur TPL. Speel rond en soek die sweet spot met die TPL. Jy sal hom kry, jou geweer sal met jou praat.
NB! seker 'n ou storie maar kom ek noem dit tog net weer. Moenie met die koeel teen die lands begin nie, begin so 'n knerts weg bv. 0,5mm en werk van daar, so bietjie-bietjie dieper met die koeel en so sal jy hom mooi tune dat hy vir jou net plesier gee.

JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Ladings vir .243 met 88gr berger
Lamtjop
Ek het so maand terug die eerste keer die 88gr bergers probeer(almal wat ek ken skiet omtrent die goed in hulle 243)behalwe ek
Elke geval ek het toe sommer vir n begin 44gr S365 gegooi Tpl77.25mm(Ruger varmint)
En 4skote op 100m geskiet(die goed skiet toe net mooi op dieselfde plek as die 55gr noslers op 100m
)
Ek skiet toe die oorblywende 4 somer op 300m (29mm groep)ek was verstom
om die minste te se.
My 243 het nou naby aan 1800 skote deur die loop

Ek was gelikkig om die sweetspot dadelik te kry
Hoop jy kry hom baie gou,die Bergers skiet soos honeymoon(nou weet ek ook hoekom die manne so lief is vir die lang menere)
Groete johan

Biebers
Need for speed
Need for speed
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Ladings vir .243 met 88gr berger
As die wind net wil ophou waai kan ek met TPL begin speel, het nog nie daarmee begin nie. Ek is nou 3mm van "lands" af maar my magasyn gaan my op 72mm briek. Ek hoop eintlik iemand anders se resep kan my n paar koele spaar. Dankie vir jul terugvoer-gee nog
Groete Tjops
Groete Tjops