Luuksheid in jagveld , of nie.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Luuksheid in jagveld , of nie.
Spanner, is dit nou op julle 6,5 jagtrip?? Nee Peet is n gawe jagmaat...raak net 1e aan die slaap...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Luuksheid in jagveld , of nie.
Dis mos nou lekker gesels die - ons kort net die vuurtjie!!
Ons het vir baie jare in die Kalahari so op die grond in slaapsakke om die vuur geslaap. Die tent was die kombuis en pakplek. 'n Paar groot kameeldorings so 100meter weg met 'n sinkplaat op die grond was die slagplek.
Totdat 'n skerpioen my beetgekry het!! Toe het die stretcher maar saamgegaan. Warm water uit 'n donkie met 'n oop stort en 'n boere toilet.
Deesdae is ek maar 'n ou softie - ek hou van die basiese geriewe - lekker bed vir die seer rug (ek vat altyd my eie kussing saam
), warm stort en toilet is genoeg. Stel ook nie belang in TV en telefoon nie. Koelgeriewe is 'n moet - met die klimaatsveranderinge weet jy nooit of jy 'n paar warm jagdae gaan hê nie.
O ja - net as 'n nagedagte - die boer en/of PH moet nie die hele aand saam kuier en my drank staan en uitdrink nie!! Veral as hy nie sy drank kan vat nie!
Groete
Dawie
Ons het vir baie jare in die Kalahari so op die grond in slaapsakke om die vuur geslaap. Die tent was die kombuis en pakplek. 'n Paar groot kameeldorings so 100meter weg met 'n sinkplaat op die grond was die slagplek.
Totdat 'n skerpioen my beetgekry het!! Toe het die stretcher maar saamgegaan. Warm water uit 'n donkie met 'n oop stort en 'n boere toilet.
Deesdae is ek maar 'n ou softie - ek hou van die basiese geriewe - lekker bed vir die seer rug (ek vat altyd my eie kussing saam
O ja - net as 'n nagedagte - die boer en/of PH moet nie die hele aand saam kuier en my drank staan en uitdrink nie!! Veral as hy nie sy drank kan vat nie!
Groete
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Luuksheid in jagveld , of nie.
Oplossing vir as jy jou slaapkamer deel met 'n erge snorker:
Voor jy gaan slaap, soen net die man liggies op sy wang.
Jy gaan lekker slaap, hy gaan nie 'n oog toemaak die hele nag nie

Voor jy gaan slaap, soen net die man liggies op sy wang.
Jy gaan lekker slaap, hy gaan nie 'n oog toemaak die hele nag nie
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Luuksheid in jagveld , of nie.
Thomas, pasop vir jou !
Peet is 'n nice genoeg ou, maar ek weet nie of hy heeltemal SO nice is nie.
Ek sal hom eerder met 'n jagboot d0nner voor ek soentjies en drukkies uit deel. Peet en ek het mekaar al so paar keer ontmoed - hy sal nie val vir daai trick nie !
Kyk, my eie vrou snork self vreeslik, soveel so dat ek deesdae meer in die spaarkamer slaap as in my eie bed ! Dis nou maar een van daai dinge ....
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Luuksheid in jagveld , of nie.
Dog ons praat hier oor gerief of nie gerief en hier rafel die manne uit en verklap hul slaapkamer geheime.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Luuksheid in jagveld , of nie.
stem saam,ek soek net n waterkar en hout.ongelukkig kry ek nie so plek nie want die eienaar maak seker nie genoeg geld daarmee nie.by my op die plaas is dit so maar ek wil nie heeltyd by my plek kamp nieFCLoretz wrote:Dolf ek geniet jag, maar my eerste kennis making met jag en die veld was waar ons onder sterre langs 'n vuur geslaap het. met 'n regte bos toilet.
Ek hou nie van geriewe wat te luuks is nie, want dan ek net so wel in die dorp slaap en elke oggend plaas toe ry om te gaan skiet.
