Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post Reply
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by win270 »

Manne, ek wonder hoe kan mens bereken wat die gemiddelde koste beloop om een jakkals te dood?

Mens kan seker erg tegnies raak, en verkieslik nie, maar sal seker koste van alle toerusting (of waardevermindering oor die tydperk), brandstof, ens, ens moet in ag probeer neem.

Dan moet mens seker die skade wat een jakkals veroorsaak, ook in berekening bring.

Tydperk moet so oor 5-jaar periode gedoen word om voorsiening te maak vir 'n "goeie gemiddelde".

Wie het al so 'n berekening probeer maak? Ek lees graag wat julle hieroor dink en hoe julle dit bereken en leer by julle.

Dankie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Geno »

Die volgende som is al gemaak deur Louis102:
As 'n jakkals 10 jaar oud word, en hy vreet 20 lammers per jaar teen 'n waarde van R1000/lam, vreet daardie 1 jakkals R200,000.00 in sy leeftyd op.


Nou, 'n ongediertejagter se gemiddelde fooi is R675 per jakkals en R6/km.
Sekere jagters vra R850 per jakkals en R8/km, ander vra R500+ R4/km. Dit hang af van area en ondervinding.
Ander vra weer slegs nagfooie.
Meeste se reiskilos is rondom 200km. Dus R1200.00

Skiet die jagter dan 3 jakkalse per nag, betaal die boer op gemiddeld R3,225.00 per nag, en spaar hy die boer potensieel R596,775.00


Jagters dood tot omtrent 300 jakkalse elk, per jaar. Die hoër getalle is agv. voltydse jagters (Ek skat so 10 in die land). Hulle kan rondom 200dae per jaar jag.
Naweekjagters (soos G&G) dood op gemiddeld 120 per jaar, maar ons kostes is ook aansienlik goedkoper (Transvaalboere is maar huiwerig om te betaal)...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Cobus(Cobb) »

Ian het 'n volledige logboek wat alles behalwe ammo(self herlaai) en sy kurses kostes vir die jaar insluit.
Hoor bietjie of hy dit weer wil post, dit is al voorheen geplaas
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by smitjs »

Geno wrote:Die volgende som is al gemaak deur Louis102:
As 'n jakkals 10 jaar oud word, en hy vreet 20 lammers per jaar teen 'n waarde van R1000/lam, vreet daardie 1 jakkals R200,000.00 in sy leeftyd op.
(Transvaalboere is maar huiwerig om te betaal)...
Liewe Ouers!!
En lammers is nou seker nader aan R2000 werd.
Dit lyk my meeste boere is erg huiwerig om te betaal, nie net Transvaal boere nie.
Voorspoed!
Johan Smit
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Mac »

Geno,

Stry nie oor jou en Louis se somme nie, maar stuur asb. van daardie jakkalse vir my, lyk my hulle eet net hammel lammers sonder wol. Die waarde van ongedierte verliese is aansienlik hoër as jy potensiale aanwas, teel seleksie ens. inreken. As jy dan die stoet boer se verliese vat kan dit skrikwekkend raak, een van my kliënte het onlangs 'n 4 tand ram vir 110K verkoop, lammers op daardie plaas is nie net lammers nie.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by tafjak »

Mac

Dan sien ek die goete vang tot swartrooibokke en Swartwitpenskalles??

Mooiloop

Ps. is jou 270 en 223 okay?
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Mac »

Ps. is jou 270 en 223 okay?
Ja taffie,

Dis moes boeties daai.

Kyk maar na die roep draad, jou naam bietjie vereidel daar. Las maar aan waar ek droog gemaak het.

Mooi bly.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by tafjak »

win270

Ek skiet gemiddeld 300 jakkalse per jaar.

My diesel beloop so 75 000 rand per jaar(50 000km/jaar)
Die ou geweertjie se loop is elke 2de jaar klaar en kos so R8000 om te vervang(skiet so nou en dan mos mis ook)
Teen R18-00 per skootjie gee my R5400(kruite koele ens)
Reperasies op die lorrietjie ook in die omgewing van R25 000 (darem bande ingesluit)
Reperasies op nagjaguitrusting 'n verdere R8000(batterye, gloeilampe, dimmers, reflekters ens)
Bakkie vervangingswaarde is R36 000 per jaar
Versekering is R 10 000 per jaar

Wat 'n totaal van rondom R170 000 gee. Dit is wat dit my kos en gee dit dan ook amper R600 per jakkals.

Ek gebruik net 2de handse bakkies, herlaai die ammunisie self en gee so nou en dan afslag op groot getalle jakkalse by dieselfde klient(net lojale kliente, ek is altyd lojaal).

Mooiloop

Ps. Moenie vergeet om my jammer te kry nie.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Kalahari »

Cobus(Cobb) wrote:Ian het 'n volledige logboek wat alles behalwe ammo(self herlaai) en sy kurses kostes vir die jaar insluit.
Cobb, is van hierdie een wat jy praat?

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=57&t=25633
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Ian »

Dankie Kalahari en voorspoed daar in Nam

R282.05/JAK VIR MY UITGAWES DAN IS TOERUSTING, KOS EN TYD NIE BEREKEN EN SO OOK DIE BOER SE VERLIESE.

HOOP DIT HELP?
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Kalahari »

Plesier Ian, dieselfde jou kant ook.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by JACQUES BOTHA »

win270_
Skuus ek wou uitkom by die prys per jakkals ,
As jy n prys per uur vir arbeid vra wat jy spandeer op bv op arbeid vir n motorwerktuigkundige, of loodgieter of eletrisien of wat ook al as norm kan of wil gebruik sal jy sien dat min van hulle werk vir onder R300 per uur as jy dan dit vir jouself as jagter betaal maw jy kos jouself soveel aan arbeid plus jy vra R650 per jakkals plus jou onkostes soos reeds genoem sal jy sien dat al vra die jagter jou R2000 per jakkals hy nogsteeds n goedkoop diens lewer in terme van kostes per uur.
As jy jouself moet bekostig . So die koste wat n jakkals jou kos om dood te maak is dit wat jy bereid is om jouself te betaal of te vergoed vir wat jy doen.
My gevoel is om n jakkals te dood kos n roepjagter so in die omgewing van R400 plus gemeet oor 100 jakkalse bv en dat jy 40 km gemiddeld moes ry per jakkals en gemiddeld 360 jakkalse skiet per jaar en jou loopkoste en vervangingskoste en kursus en toerusting ens (soos verversings) inwerk .
My somme maak seker nie altyd sin nie want ek skiet so uit die heup uit net om n gemiddeld te gee wat ek dink.
Groete
JB
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Louis102 »

Mac wrote:Geno,

Stry nie oor jou en Louis se somme nie, maar stuur asb. van daardie jakkalse vir my, lyk my hulle eet net hammel lammers sonder wol. Die waarde van ongedierte verliese is aansienlik hoër as jy potensiale aanwas, teel seleksie ens. inreken. As jy dan die stoet boer se verliese vat kan dit skrikwekkend raak, een van my kliënte het onlangs 'n 4 tand ram vir 110K verkoop, lammers op daardie plaas is nie net lammers nie.
Nee Oom Mac, ter versagting, daardie kamtige "som" is seker al 4 jaar gelede gemaak (ek moet my kursus-skyfies seker 'n slag "update") Akkurate koste berekening of potensiele inkomste verlies was nog nooit die doel van "die som" nie. Dis eintlik maar net so bietjie skok-terapie tydens my kursusse en praatjies, om aandag in die klas te kry. Weet in elk geval nie van een boer hier rond wat glo 'n jakkals vang net 20 lammers 'n jaar (1 lam elke 2de, 3de week) nie.

Ek verduidelik darem ook elke slag dat dit 'n uiters, uiters konserwatiewe som is, veral as die vervangingskoste van die ooi ens. ens. in berekening gebring word. Maar glo my, met die R 200 000 sommetjie kry ek steeds vir so wyle aandag in die klas.

Lekker om weer 'n slag van die Oom te hoor.

Mooiloop
Louis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Geno »

;)

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/IMG_383384962733333.jpeg
Goed, beter, 6millimeter!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by Stefan764 »

Geno wrote:;)

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/IMG_383384962733333.jpeg
Vat so!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by johans »

smitjs wrote:
Geno wrote:Die volgende som is al gemaak deur Louis102:
As 'n jakkals 10 jaar oud word, en hy vreet 20 lammers per jaar teen 'n waarde van R1000/lam, vreet daardie 1 jakkals R200,000.00 in sy leeftyd op.
(Transvaalboere is maar huiwerig om te betaal)...
Liewe Ouers!!
En lammers is nou seker nader aan R2000 werd.
Dit lyk my meeste boere is erg huiwerig om te betaal, nie net Transvaal boere nie.
Voorspoed!
Johan Smit
nee,lammers is nou weer r800 werd
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by tafjak »

johans

Jys reg, maar jakkalse vang nou baie meer!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by johans »

tafjak wrote:johans

Jys reg, maar jakkalse vang nou baie meer!
Verseker oom taf
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Gemiddelde koste om een jakkals te dood?

Post by tafjak »

Johan

Die jakkalse hou die vleispryse dop haha
Post Reply