Wouter maak die opmerking dat Leupold hul lens bedekking verander het en dat die Argon gas dalk al kon ontsnap het.
Ek het. Ou vergeet wie dit gese het maar daar is genoem dat n Zeiss teodoliet se gom bros geraak het. Ek het dit ook met die ou Leopold ondervind. Dit lyk soos stof aan die binnekant. Op n navraag aan Leopold het ek antwoord gekry dat ek die scopes moet stuur vir n diens. ( nog nie gedoen nie. Hulle werk dan so lekker!!!!). Ek het egter geen verduideliking gekry wat dit kan wees nie. Ek persoonlik het gespekuleer dat dit dalk die gom of ghries kan wees wat dalk bietjie nie Afrika se temprature kan hanteer nie.
Terug na die punt. As jy deur die teleskoop kyk lyk alles reg. Sal se soos die dag toe ek hom gekoop het. As ek my die teleskoop met die nuwe VX 1 VX 2 en VX3 asook my Mk 2's vergelyk wat almal die laaste 6 jaar gekoop is, vertoon die ou lense gelerig.
Die stof pla ook nie. Ek skiet nie nag met hulle nie en jy sien werklik nie die verskil tensy jy die nuwes byderhand bet nie.
Ek moet hulle seker stuur vir Stefan om te laat diens maar wat gaan ek dan op my ou 8x57 en 6.5x57 sit?
