Geelvis

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Geelvis

Post by Frikkiedbr »

Marc wrote:Dagse Dries

As jy van die Heilbron kant af in Frankfort indraai kry jy 'n T aasluiting. Voor jou is 'n Vulstasie, daar draai jy regs, op en oor die hoofpad. Dit word 'n grondpad. Volg daai pad tot jy by die quarie verby is dan kyk jy uit vir die pomp huis aan jou regter kant. Daar is 'n keerwal daar en reg onder daai keerwal is Geelvis paradys vir 'n vlieg hengelaar !!! Ek is seker jy sal met kunsaas ook mooi regkom daar


http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/DSC00737.jpg
Die lyk so bekend, ons was daar so hele paar jaar terug en lekker moggels en geelvis daar gevang.
Die water het nie so vinnig daar gevloei nie so ons het net onder die keer val met vlieg daar gevang.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Geelvis

Post by Dries101 »

Hi- Randhart se wereld
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Geelvis

Post by Carl »

Dries ek ken nie daai dele goed nie maar weet die rivier is die tyd van die jaar 50% grond. Wat wel kna werk as jy die kleiner strome kan hengel. Die water word vinniger skoon en die vis is daar opsoek na suurstof en koel water. Pasop net vir die broei visse. Ek het al lekker gehengel op spruite daar in Sasolburg omgewing. Selfs op droeë vlieg in die laat middag. Modder water vind ek swart vlieg gee goeie kontras.
Baie mooi stokke wat jy gebou het!

Robbie ek dink nie mens moet sommer enige vis uit die Vaal eet nie. Te veel swaar metale ens!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Geelvis

Post by Frikkiedbr »

Ek het lank in Verwoerd Park gebly en werk in Alrode.
Maar ja my nuwe huis is in kemptonpark.

Carl droeë vlieg wow dink dit kan lekker wees. Ek sukkel nog met daai vlieë.
Altyd te laat of te vroeg aan slaan
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Geelvis

Post by Carl »

Frik, beste maar om redelike kontak te hou met vlieg en dan te wag tot jy voel die vis trek die lyn.ek lig dan net die stok en hou lyn styf. Soms sien jy die vis spoeg die vlieg uit maar ek glo die reaksie tyd nodig om hom dan te kap is te vinnig.Beter dat die kleinbek homself hak. Hulle doen nogal. Ek het al op Sterkies gesien hoe vis 25 keer die vlieg misvat dit toets 'n man se geduld!
Die Vaal vis se bekke is bietjie groter so hy sluk maklik. Wat ek soms ook probeer is om 'n caddis stadig in te bring as die vis naby is, soms vat hy met geweld.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply