Geelvis
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Geelvis
Hi julle. Ek wil graag weet of iemand n plek kan aanbeveel op die vaal/wilge rivier in die Frankfort omgewing waar n mens in strome"rapids" kan gaan geelvis vang.
Dis een van my somer plessiere maar die plekke waar ons gewoonlik gaan in die Parys omgewing is nie meer wat hulle was nie. Ek is baie vertroud met daai deel van die wereld maar het nog nooit in die "boonste" Frankfort, Villiers gedeelte gaan vang nie. Ek gooi so nou en dan vlieg maar speel meer met lures rond.
Foto van n kleinbek op n stok wat ek self gebou het.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Dries101 on Tue Dec 17, 2013 6:49 pm, edited 2 times in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
Ek ken ook glad nie daai gedeelte nie. Hoe ver is dit van Sterkies af?? Ek ruil eerder 1 dag op Sterkies as 'n naweek op enige rivier.
Miskien praat ek gou, maar dis hoe ek voel.
Sterkte en ek hoop die geles loop as jy by die water is.
Ek gaan in Januarie Sterkies toe vir so 4 dae.
Peet
Miskien praat ek gou, maar dis hoe ek voel.
Sterkte en ek hoop die geles loop as jy by die water is.
Ek gaan in Januarie Sterkies toe vir so 4 dae.
Peet
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Geelvis
Dries ons het altyd tussen Bothaville en Leeudoringstad in die Vaal by die Wolwespruit natuur reservaat geeles gevang, daars n klomp lekker strome.
Dalk nou n dom vraag, ekt nou baie lank laas n stok in die water gehad vandag ek hier in Pretoria is, maar is die geelvis nog bedryg of kan jy hom nou huis toe vat?
Dalk nou n dom vraag, ekt nou baie lank laas n stok in die water gehad vandag ek hier in Pretoria is, maar is die geelvis nog bedryg of kan jy hom nou huis toe vat?
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
Robbie die kleinbekke se status is nie meer bedryg nie maar as ek reg is net kwesbaar. Jy mag hom steeds nie huistoe vat nie. Die grootbekke bly bedryg.
As slagter behoort jy van beter te weet as om 'n geelvis te wil huistoe vat. Selfs 'n ou skoensool het meer smaak.
As slagter behoort jy van beter te weet as om 'n geelvis te wil huistoe vat. Selfs 'n ou skoensool het meer smaak.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
Dries het jy self gebou of was jy vir klas by Murry hulle??
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
Ja nee, geelvis gaan maar altyd terug. Grootbek is beskermd en ek dink jy mag n kleinbek hou- maar vir watter rede sal niemand weet nie. Daars geen rede om hulle te eet nie. Mens moet ook maar let op die net wat mens gebruik om mee te skep.
Snaaks genoeg en ek vang self met vlee vis so is dus skuldig. Maak die vliegstokke die groter visse kom ons se die 10 pond klas en groter baie meer vlou selfs met n 6 gewig en ek dink rig baie meer skade aan as byvoorbeeld die stewiger kunsaas stokke waarmee jy die oukies vinniger kan uithaal en terugsit. Dis my observasie oor die laaste 30 jaar se vang alhoewel ek nog net die laaste 10 jaar vlieg .
Ek het myself maar leer bou en voer maar alles in van die vsa. Ek het nou jys n plug stok klaargemaak vir struisbaai. Ek het al alles gebou behalwe ernstige diepsee stokke.
Plug stok
Snaaks genoeg en ek vang self met vlee vis so is dus skuldig. Maak die vliegstokke die groter visse kom ons se die 10 pond klas en groter baie meer vlou selfs met n 6 gewig en ek dink rig baie meer skade aan as byvoorbeeld die stewiger kunsaas stokke waarmee jy die oukies vinniger kan uithaal en terugsit. Dis my observasie oor die laaste 30 jaar se vang alhoewel ek nog net die laaste 10 jaar vlieg .
Ek het myself maar leer bou en voer maar alles in van die vsa. Ek het nou jys n plug stok klaargemaak vir struisbaai. Ek het al alles gebou behalwe ernstige diepsee stokke.
Plug stok
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
4 gewig, 7.6ft Mike McFarland blank- gedoen met sy bindwerk en agaat strip ogie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
Winston 6 gewig-9ft
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Geelvis
Man van vele talente, maar so het ek al voorheen ook gesê 
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
Ek vrek oor daai Winston. Watse aksie is dit??
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
Nee man Deon, dis hardegatgeit en cheap wees nie soveel talent nie. Trust my as ek n geweer kon bou het ek dit ook al gedoen
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
Dis n winston passport blank. Vinnige aksie maar nie so hard soos die nuwe generasie boron en sage's nie. Jy sal sien die tendends met die hoer modulus grafiet is ligter en ligter wat n baie stywe stok maak. Daar is n herlewing van glasvesselbstokke en ek sal daai geel 4 weight vir niks veruil nie. Die enigste waarde vur grafiet in my opinie is groot stokke vir die see en jou groot vliegstokke waar ligte gewig opmask vir die stok se harde aksie. Ek vrek oor glasvessel en wens terug na die dae van geel fenwicks.Pvdw wrote:![]()
![]()
![]()
Dries jy leer nie meer nie!!
Ek vrek oor daai Winston. Watse aksie is dit??
En trust my ek leer nog. Moes verlede week n paar keer foute op die nuwe stok oordoen. Stokbou is genuine maklik en n great manier om geld te spaar. N mens kan net op 3 pleke droogmaak. As jy die reelseat en grips plak en nie dink nie, as jy haastig bind en bang is om oor te begin en as jy jaag met epoksie. As jy dit in n dag wil doen kan jy maar dit sal wys in jou werk. Maar vat n week en werk n bietjie elke aand en jy kan die eerste keer n wereld klas stok bou, wat jou , smaak, doel en sak pas teen helfte die prys van n winkelstok en met beter parte
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
Dries lyk my ek moet by jou kom kuier. Ek is reeds aan die uitkyk vir 'n 9' 3 of 4 stuk Sage/Orvis stok. As ek jou so luister bou ek sommer self een.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
Ek sou dit sterk oorweeg as ek jy was, as jy nie seklf wil bou nie praat met mario geldenhuys op aliwal noord. Hy is wereld klas en dit gaan jou nogsteeds goedkoper uitwerk vir n full custom met tube met die fit en finish van jou keuse as om iets van die rak af te kry. Andersins kan ek jou verseker help.Pvdw wrote:Dries lyk my ek moet by jou kom kuier. Ek is reeds aan die uitkyk vir 'n 9' 3 of 4 stuk Sage/Orvis stok. As ek jou so luister bou ek sommer self een.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
Is dit dieselfde Mario wat saam met Murry in die winkel was??praat met mario geldenhuys op aliwal noord.
Ek glo my vingers is handig genoeg om self te leer. Wil net nie als aanskaf vir 'n once off stok nie.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
Geen idea nie. Hier is sy site http://www.customflyrods.co.za/
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
Nee magtag Dries, op daai site moet ek wegbly
Dis darm lekker om na sulke meesterstukke te kyk.
Ek beplan Januarie gou weer 'n paar dae op Sterkies. Die weer lyk goed die jaar en die water is lekker warm vir Sterkies. Glo die vis gaan aan wees.
Ek beplan Januarie gou weer 'n paar dae op Sterkies. Die weer lyk goed die jaar en die water is lekker warm vir Sterkies. Glo die vis gaan aan wees.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
Was self nog nie daar nie maar ek sal like om met n klein bootjie met rapalas of so iets daar te sleep. Ek dink daars n paar verassings in daai water
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Geelvis
Netjiese gereedskap wat jy bou Dries, maak mens sommer lus om lyn in die water te kry!
Peet n lekker 3-4kg geelvis met n koekmeel-deegie om in die swatpot langs die water gebak is lekker my ou maat, en sy grate is groot so jy sukkel nie om hulle uit te haal nie, nee wat, hy loop mooi, probeer hom maar n slag met n lekker aromat en swart peper en suurlemoensappie, dan gesels ons weer. Moet net nie die kleineres try nie, die grate is te veel!!
Peet n lekker 3-4kg geelvis met n koekmeel-deegie om in die swatpot langs die water gebak is lekker my ou maat, en sy grate is groot so jy sukkel nie om hulle uit te haal nie, nee wat, hy loop mooi, probeer hom maar n slag met n lekker aromat en swart peper en suurlemoensappie, dan gesels ons weer. Moet net nie die kleineres try nie, die grate is te veel!!
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
So jy is die man wat al die teelvis opeet?? Geen wonder die goed is bedreig niePeet n lekker 3-4kg geelvis is met n koekmeel-deegie
Nee wat Robbie, ek kom koop eerder so lekker vleisie daar by jou en dan het jy sommer 'n geldjie om te gaan visvang
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Geelvis
Dagse Dries
As jy van die Heilbron kant af in Frankfort indraai kry jy 'n T aasluiting. Voor jou is 'n Vulstasie, daar draai jy regs, op en oor die hoofpad. Dit word 'n grondpad. Volg daai pad tot jy by die quarie verby is dan kyk jy uit vir die pomp huis aan jou regter kant. Daar is 'n keerwal daar en reg onder daai keerwal is Geelvis paradys vir 'n vlieg hengelaar !!! Ek is seker jy sal met kunsaas ook mooi regkom daar
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/DSC00737.jpg

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Geelvis
Dankie Marc- ek wil deurry en op n recce gaan- dis altyd goed om n begin punt te he. Ek waardeur dit vreeslik
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Geelvis
Plesier, die foto was geneem na 'n goeie bui reen, die wal loop nie altyd so sterk oor nie 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Geelvis
Stunning plek daai. Ek kan sommer sien hoe 'n man heeldag net daar kan vlieg gooi. So net daar waar die water begin glad word gaan hulle lê en wag vir jou vlieg.
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Geelvis
Dries waar in Alberton is jy?