Vortex Crossfire II

Post Reply
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Vortex Crossfire II

Post by DJC »

Dagsê,

Ek soek asb raad en opinies oor die Vortex Crossfire II 4-12x44 BDC. Wil die ding probeer op my 30-06. Ek weet dit is die goedkoper vortex, maar is die ding iets werd in terme van lense & vergroting & helderheid ens.

Ek sal julle insette waardeer.

Dankie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Hein M. »

Die Crossfire 2 is regtig baie bottomline. As jy 'n Vortex koop, dan is die Viper die mees geskikte een.

Kyk na Weaver as jy nou regtig vir 'n goedkoper glas moet kyk. Dit word deur Leopold vervaardig en bied goeie waarde - en nadiens - vir geld.
http://www.huntonline.co.za/products/vi ... X-(849540)

Nikon se Fieldmaster sal jou ook nie teleurstel nie. https://www.safariandoutdoor.co.za/subc ... fle_scopes

Die goedkoper scopes sal jou teleurstel as jy spesialiteit-nagskiet wil doen, maar vir in die dag, tot en met 300m is hulle fine. Ek het bg. scopes op van my gewere en ek is tevrede.

Gesels ook met SJ op die forum oor Burris se pryse. Hy is 'n agent. Bitter goeie waarde vir geld...

Sterkte!

Hein M
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by DJC »

Dankie Hein,

Eks maar nog dom met die goed, sal bietjie my huiswerk doen oor Nikon se scopes, ek het gehoor hulle het goeie lense. Ek het tans 'n 4x32 Pecar Berlin op my 30-06 en wil 'n goeie scope kry met 'n beter vergroting ens waarmee ek meestal in dag op afstande tussen 100 en 300 meter jag.

Dankie vir die raad, het amper 'n verkeerde ding gekoop.

Dirk
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Swys14 »

sit R1000 by en kyk eerder na die Diamondack...
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Vortex Crossfire II

Post by Koos Barnard »

DIe Crossfire is nie vir kalibers in die 30-06 klas bedoel nie
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Swys14 »

Koos Barnard wrote:DIe Crossfire is nie vir kalibers in die 30-06 klas bedoel nie
ek ken 'n kerel wat hom op sy 375 Ruger het...ek glo nie daai scope gaan baie lank nog dieselfde wees nie...
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by DJC »

Ekt vandag amper R3000 in die water gegooi uit onkunde. Het so bietjie rond gesoek op die internet; lyk my met so tussen R5000 - R7000 behoort ek 'n goeie teleskoop te kry, bv iets tussen Nikon, Burris, Lynx of Vortex Viper; met 'n 4-16x50 vergroting, of hoe?

Eks bly ek het hierdie kuier kamer van julle ontdek, lyk my hier is manne met kennis en ondervinding. Ek weet die teleskoop gesprek is seker al holrug gery, maar ek sal raad en voorstelle waardeer want ek is nog 'n leek wat dit aan betref, die skiet gogga het my eers onlangs gebyt.

groetnis
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Swys14 »

DJC wrote:Ekt vandag amper R3000 in die water gegooi uit onkunde. Het so bietjie rond gesoek op die internet; lyk my met so tussen R5000 - R7000 behoort ek 'n goeie teleskoop te kry, bv iets tussen Nikon, Burris, Lynx of Vortex Viper; met 'n 4-16x50 vergroting, of hoe?

Eks bly ek het hierdie kuier kamer van julle ontdek, lyk my hier is manne met kennis en ondervinding. Ek weet die teleskoop gesprek is seker al holrug gery, maar ek sal raad en voorstelle waardeer want ek is nog 'n leek wat dit aan betref, die skiet gogga het my eers onlangs gebyt.

groetnis
ek het beide die Nikon Monarch en Vortex Diamondback, Die Monarch is die beter scope tussen die 2 en sekerlik een van die beste scopes op die mark in terme van waarde vir geld. Ek het die 4-16x42 SF Nikoplex en dink nie ek sou 'n beter scope kon kry vir R4k nie. Die Vortex Viper ken ek nie persoonlik nie maar van wat ek al gesien het bied hy ook baie waarde vir effens meer geld as die Monarch.

Ek ken nie die Burris en Rudolph's nie maar ek glo hier's baie tervrede manne op die forum met daai scopes. Ek voel Lynx is overpriced.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by spekieries »

Hein

Ekskuus ek wil jou nie aanvat nie, maar is die Redfield nie deur Leupold oorgeneem nie? Ek het nie geweet van Weaver nie. Stephan en die manne gee insette asb., want dan word die weaver defnitief 'n opsie as 'n intree teleskoop.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Vortex Crossfire II

Post by FCLoretz »

Redfield is deur Leupold oor geneem Spekieries. Ek is ook nie seker van weaver wat deur leupold gemaak word nie.

DJC, as jou meeste skiet in die dag oor 100m-300m gaan plaas vind kyk na die Nikon fieldmaster 4,5-14x40

Safari & outdoor het nou baie goeie prys op hulle.

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... f_nikoplex
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Vortex Crossfire II

Post by Koos Barnard »

Hou in gedagte dat wanneer maatskappy A vir maatskappy B koop, beteken dit nie outomaties dat maatskappy B se scopes nou deur A vervaardig word nie. Die twee maatskappye word steeds as twee verskillende en grootliks onafhanklike entiteite bestuur. Daar kan in 'n mindere mate kwaliteitsbeheer vanaf die moedermaatskappy kom en selfs hier en daar kleiner komponente deur die moedermaatskappy vir B gemaak word.

Maar wat dit eintlik beteken is bloot dat maatskappy A nou vir B besit.
Mooi loop
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by DJC »

Ek dink ek sal my kan vereenselwig met 'n Nikon Fieldmaster of Monarch 3, ek het gaan kyk op safari&outdoor se website; Nikon pryse is glad nie sleg nie. Het enige iemand kennis van Nikon se waarborg en na verkoop diens? Word hulle weg gestuur of doen hulle herstel werk in Suid Afrika?

Het Burris iets wat met die Nikon Monarch3 5-20x44 of 4-16x42 vergelyk en wat is sy prys?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Vortex Crossfire II

Post by FCLoretz »

DJC wrote:Ek dink ek sal my kan vereenselwig met 'n Nikon Fieldmaster of Monarch 3, ek het gaan kyk op safari&outdoor se website; Nikon pryse is glad nie sleg nie. Het enige iemand kennis van Nikon se waarborg en na verkoop diens? Word hulle weg gestuur of doen hulle herstel werk in Suid Afrika?

Het Burris iets wat met die Nikon Monarch3 5-20x44 of 4-16x42 vergelyk en wat is sy prys?
Alle herstel werk word by Nikon self gedoen, hulle hoofkantoor en herstel sentrum is by die Grey Owl shopping sentrum in Centurion. Hulle herstel sentrum is inhouse.

Op die Monarchs kry jy 25 jaar waarborg.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Swys14 »

DJC wrote:Ek dink ek sal my kan vereenselwig met 'n Nikon Fieldmaster of Monarch 3, ek het gaan kyk op safari&outdoor se website; Nikon pryse is glad nie sleg nie. Het enige iemand kennis van Nikon se waarborg en na verkoop diens? Word hulle weg gestuur of doen hulle herstel werk in Suid Afrika?

Het Burris iets wat met die Nikon Monarch3 5-20x44 of 4-16x42 vergelyk en wat is sy prys?
jy kan maar daai Nikon Monarch gaan koop jy sal nie 'n fout begaan nie.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Vortex Crossfire II

Post by FCLoretz »

Voor ek vergeet kyk na die verskillende crosshair opsies wat Nikon jou bied. Jy kry nikoplex, BDC en milldot.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Hein M. »

:-[

Skuus ja. Weaver en Leopold het nie 'n verbintenis nie...

Weaver word darem in die VSA vervaardig... Goeie artikel oor die nuwe Remington en Weaver scopes in die nuwe WILDLAND uitgawe.

Hein M
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Swys14 »

Hein M. wrote::-[

Skuus ja. Weaver en Leopold het nie 'n verbintenis nie...

Weaver word darem in die VSA vervaardig... Goeie artikel oor die nuwe Remington en Weaver scopes in die nuwe WILDLAND uitgawe.

Hein M
van die nuwe weavers word in die ooste vervaardig
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Hein M. »

Piet-Skiet wrote:Ek het 'n lynx op my 303 en nikons op die res. Meestal monarchs en 'n 6-18by40 fieldmaster op die 243. Ek is baie tevreede met hulle. Die 2.5-10 op my 375 hou sy zero baie mooi. Hulle is vir my opties beter as my lynx en ek het die een uit japan uit. Om eerlik tewees dink ek lynx is vrek overpriced en sal eerder kyk na zeiss met net so paar rand by.
Jy is heeltemal reg Piet.

Ek weetnie wat Lynx se storie is nie...

Hein M
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by spekieries »

As julle my vra sou ek sê dit gaan oor die koste van arbeid. My Nikon Monarch en my Vortex Viper word altwee in die Phillipyne vervaardig terwyl die Lynx teleskope nog steeds in Japan vervaardig word. Japan eerste Wêreld met hoër lone. Die Phillipyne erg derde wêreld met derde wêreld arbeids onkoste.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vortex Crossfire II

Post by Hein M. »

Dit klink na 'n goeie rede.

Lynx het so 'n goeie reputasie in Suid-Afrika, maar die Nikons se bekostigbaarheid en waarde vir geld is in my opinie onverbeterlik...
Post Reply