Watter invloed het die lugdruk?

JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by JOHANNIC »

Freddie
Piet kan vir jou beter verduidelik,maar n voorbeeld hiervan as ons hier onder uit die Boland in Bloem gaan kompetisie skiet oor 200m het ek Maart 10mm laag geskiet,en April toe ons op Gariep was weer 20mm hoog,as ek by die huis kom draai ek weer terug na my oorspronklike 200m zero en dan is hy weer in die kol,dit kan n man Heerlik rondneuk
As ek vir Piet reg verstaan het is die invloed op luggewere nog meer!!
Groete johan

dis op 55gr
Last edited by JOHANNIC on Thu Jul 22, 2010 6:05 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by Freddie101 »

Tafman. Ja ek wil ook n bietjie slim klink hier op die forum . maar lyk my dit kan gevaarlik raak en in my gesig ontplof. Nee ek is maar nuuskierig of n gewone jagter hom daaraan moet steur.  Freddie
yol bolsun
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by Freddie101 »

Johannic
dankie. Met watse kaliber en gewig was dit?
yol bolsun
tafjak

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by tafjak »

Freddie

Ek is net so nuuskierig, miskien kan ek so paar verskonings vir die misskote kry. Hoe klink dit: "Jammer mnr. Mulder, ek het net die kop gesien en as die lugdruk nie so hoog was nie, sou hy nou geval het."
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by Piet Breedt »

Freddie, dit kan dramaties verander, baie meer as wat mens sou kon dink. Dit is meer sigbaar waar jy nie baie skiet, op verskillende bane. Soos Tafjak s?, is dit meer sigbaar op die langer afstande, waar die ko?el se spoed begin afneem. Waar ons n groot fout begaan, is as ons op 100m zero, en dan al jou ander afstande daarvolgens skiet. As jy by die baan kom en sien dat jou 100m zero uit is, moet jy maar weet dat dit jou nog meer gaan beinvloed op die langer afstande. Ons is geneig om ons 100m teiken te bekyk, en dan te dink "ek is naby genoeg", maar hou nie rekening dat die fout nie noodwendig exponensi?el is nie. Die fout "snowball" hoe verder jy gaan.

Johann is reg, die navorsing van my het ontstaan by die luggewere wat ongelooflik baie beinvloed word deur bogenoemde faktore. Die luggewere is so akkuraat dat dit nie ongewoon is om jou vorige pellet gaatjie of n vlieg op 50m raak te skiet, skoot vir skoot. Dit het my verskriklik ge frustreer dat die ongelooflikke akkurate luggewere se POI dan so baie skuif, dat jy jouself heeltemal uit n wedstryd kan skiet, as jy nie besef wat aangaan, en weet wat om daaroor te doen. Nadat ek dit beter verstaan het, het ek het dit toe ook op die groter kaliber gewere opgemerk, en het dit verklaar hoekom my POI geskuif het op verskillende dae, en veral op verskillende bane (areas), soos Ponkie en andere ook al waargeneem het. Die variasies is oorgenoeg om jou totaal uit die top 3 van n kompetisie te hou.

n Goeie praktiese voorbeeld daarvan is om maar na meeste van ons SA Jaggeweer Skiet Vereniging se kompetisies te kyk, en te sien wie wen waar. Die vereniging se top manne is gewoonlik maar onder die top skuts van die dag, maar in seker 70% van die kere is die plaaslikke manne maar die ouens om te wen. Net daardie bietjie verskil in POI van die besoekers is genoeg om jou in so mate te beinvloed, dat jy 2de of 3de kom, en nie 1ste. Dit word gewoonlik aan die kennis van plaaslikke toestande en "Homeground advantage" toegeskryf, maar ek dink dat dit nie alleen verantwoordelik is vir die goeie prestasies van die local manne nie, maar die invloed van die "Environmental" kondisies wat anders is, as waar jy jou geweer ingeskiet het, speel ook definitief n rol.

Maar daar is so baie veranderlikkes wat die uitkoms van n skietkompetisie bepaal, dat n mens maklik hierdie kleiner en minder opsigtelikke aspekte nie eers raaksien nie, en nog minder in ag neem. Maar die Luggewere het aan my die belangrikheid daarvan uitgewys, en hoe meer aandag ek nou daaraan gee, hoe beter raak my resultate.

Freddie, om jou te antwoord oor hoe dit jou gaan beinvloed met die skiet van Jakkalse ens, glo ek nie dat jy werklik n verskil gaan opmerk, op die gewone afstande waar op mens in die algemeen op hulle skiet nie, aangesien jy ook n redelikke groot teiken in die form van sy hele lyf het om op te mik, of sy vital area, as jy mooi mik. As die Jakkals s? oor so 280m en v?rder is, kan hierdie faktore n groot rol begin speel, as daar dramatiese verskille in die "Environmetal" kondisies was, van toe jy jou geweer ingeskiet het.

Dit sal baie meer opmerklik wees as jy jy bokke oes, en n baie kleiner teiken aanvat, soos bv: n Springbok se kop oor dieselfde afstande, en v?rder.

Daar bestaan n mite onder baie van ons skuts dat balkruit baie meer sensitief is vir koue toestande as stokkies kruit. Ek het ook daarna gekyk, aangesien ek die beste groepe in my .25 06 met S361 behaal, teenoor S365.

My gevolgtrekkings tot dusv?r is dat dit glad nie die geval is nie, maar dat n skielikke koue in den waarheid hul alby ewe veel beinvloed, agv die veranderlikkes soos bo bespreek.  
Last edited by Piet Breedt on Thu Jul 22, 2010 6:54 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by Freddie101 »

Piet.
Dankie vir die antwoord. Ek probeer in elk geval nie verder as 200 na n jakkie skiet nie, maar partykeer probeer mens iets wat jy moes gelos het uit blote frustrasie as hulle nie wil nader kom nie. So hierdie is verdere motivering om liewers te los as dit te ver is.

Taffie , Ja as jy met daardie lugdruk verskoning kom dink ek jy gaan nie meer lank daar jag nie ;D
yol bolsun
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by JOHANNIC »

Freddie
Ek skiet 243 win
55gr noslers S321
Dit wat Piet se is baie waar,as jy ver van die huis skiet sien jy die verskil die maklikste
groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by Beyers »

Jakjagters moet maar begin ballistiese komputers kry;)
Daar is baie interessante inligting op die long range forum.
http://www.longrangehunting.com/index.php
http://www.youtube.com/watch?v=YRaRCCZjdTM

Piet
Is daar 'n formule waarvolgens "density altitude" uitgewerk word. Ek het net 'n eenvoudige windmeter, gee darem temp en druk?
Beyers
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by Piet Breedt »

Beyers, ongelukkig nie. Dit varieer ook so vinnig, dat jy nie sal kan by hou met die calcilator. Ek gebruik n "Silva Pro" windmeter wat alles in het. Hy is omtrent 1/3 die prys van die duur, maar top of the log Kestrel.

Dit gaan jou in elk geval n paar weke se monitor vat om n patroon te sien, en wat om met die data te maak, en hoeveel jy daarvoor sal moet aanpas. Ek is nog maar in die begin staadium daarvan, aangesien ek vir baie lank die "Air Density" ge monitor het sonder sukses, en toe per toeval die ding oor die "Density Altitude" wat die vlug ingeneurs gebruik om hul vrag op n vliegtuig te bepaal, raakgelees het. Die lig het vir my aangegaan, en dadelik kon ek n patroon sien form, om die data wat ek toe bymekaar ge maak het. My meter het "Density Altitude, maar ek het nooit geweet wat dit is nie, en het ongelukkig nooit dit neergeskryf nie.

"Air Density" alleen het my niks geleer, behalwe om my behoorlik deurmekaar te maak. Die drie faktore wat "air density" bepaal. nl: Temp, Lugdruk en humiditeit, het so gewissel, maar dieselfde "air density" simbool by verskillende toestande gelewer, dat dit my niks geleer het nie. Die 3 faktore beinvloed die "airdensity" op verskillende maniere, die een meer as die ander onder bepaalde toestande.

Dit is toe waar die "density altitude" wat weer n som is van "air density" toe vir my meer sin maak, en ek n patroon kon beginne form, waarvolgens ek sekere neigings kon sien gebeur op die baan.

Al hierdie somme en dinge gaan heel waarskeinlik jou niks help in die jagveld, waar jy nie die tyd het om na al die faktore te kyk nie, maar definitief jou n edge sal gee op n baan, teenoor die skut wat niks daarvan weet nie.

Dit is ook van belang om te weet dat hierdie faktore wat bydra tot hierdie groot POI shifts baie meer opmerklik is in die tye waar die seisoen draai nl: so April tot Mei, en dan weer Augustus tot September. Dit is as gevolg van die groot temp verskille tussen dag en nag. Dit is veral erg opmerkbaar vroeg in die oggend wanneer die temp skerp klim, en die humiditeit weer skerp val agv die son wat uitkom, en dan weer laat in die middag wanneer die temp skielik val, en die humiditeit weer skerp klim.

Ons skiet gewoonlik ons gewere in, vroeg in die oggend voor n kompetisie, wanneer hierdie faktore juis op hul bedrywigste aan die werk is. Later die dag skiet ons dan skote te hoog, of te laag, dan weet ons nie wat gebeur het nie. Baie teleskope, en ook sekere kruit soorte het al die skuld daarvoor gekry.

Weet maar ook dat hierdie POI verskeinsel definitief gaan gebeur as daar n skielikke laagdruk in die gebied in beweeg, en temperature val.

Ek hoop nie ek het jul nou heeltemal deurmekaar gemaak nie. Nou kan julle dink hoe deurmekaar ek was toe ek weet hierdie dinge gebeur, maar nie geweet het hoekom nie. Ek glo ek het nog maar net die ore van die seekoei  raakgesien, en dat daar nog geweldig baie is om te leer.
Last edited by Piet Breedt on Fri Jul 23, 2010 2:11 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Watter invloed het die lugdruk?

Post by Piet Breedt »

Ek het op hierdie interesante artikel oor dit wat ek hierbo genoem het afgekom oor Density Altitude, en dit bevestig my waarnemings so v?r.

http://www.riflebarrels.com/articles/bullets_ballastics/density_bullet_performance.htm
Post Reply