oor reuntjies en tefies

Post Reply
User avatar
Rommel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 251
Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm

oor reuntjies en tefies

Post by Rommel »

Dagsê Kerels.

Ek is n nuweling hier by julle, maar hou die site al n geruime tyd dop.

Ek het op 2 verskillende geleenthede jong reuntjies alleen en vêr van sy maters gekry. Een slag een reuntjie gekry, so 2km verder nog enetjie en omtrent 1km van daar 4 tefies op n hoop. 2de slag was n soortgelyke situasie, 3reuntjies heelwat verder uitmekaar en weer n spannetjie tefies bymekaar. Reuntjies almal met 'kos' ingebring en tefies gehoor, nader beweeg en toe weer 'kos' om hulle wa toe te bring.

Is dit maar toeval of is daar iemand wat dit ook al teegekom het, en wat sal julle sê is die redes hiervoor? Ek het my eie idees maar nog koppe se waarde sal waardeur word.

Groete
Post Reply