Primer pocket cleaner

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Primer pocket cleaner

Post by Heinz Petersen »

Dagsê allie manne.
Ek het die tool self ontwerp om my primer pockets skoon te maak. As jy dit eers gebruik het gaan jy nie weer iets anders gebruik nie. Met twee draaie is daai posket braso skoon.

Dit is n dun pypie met stainless steel draad wat binne vas gedruk is en dan net metplastiek oorgetrek is.

Heinz
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by PWV »

Dit sal nogal help as jy foto's van die verskillende stappe wat jy volg om die ding te maak, plaas. As hy werk, sal dit baie help.

Daar is 'n draad, "Gadgets" - 'n boer maak 'n plan, waar die ouens sulke gadgets plaas. Daar wsal jy ook 'n soortgelyke gadget sien wat ek gemaak het.
Groetnis
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Heinz Petersen »

Pieter Willem Vorster wrote:Dit sal nogal help as jy foto's van die verskillende stappe wat jy volg om die ding te maak, plaas. As hy werk, sal dit baie help.

Daar is 'n draad, "Gadgets" - 'n boer maak 'n plan, waar die ouens sulke gadgets plaas. Daar wsal jy ook 'n soortgelyke gadget sien wat ek gemaak het.
Groetnis
Hallo Pieter.
Ja, dit is soos jy sê as ek fotos geneem het. Ongelukkig het ek 200 van dit gemaak so twee jaar terug en nooit kon dink dat ek op die forum sou beland nie. Jammer vir daai een.

Groete Heinz
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Gert Odendaal »

Heinz
Ek wil saamstem oor die stap vir stap maak , dit is definitief `n item wat ek ook sal wil gebruik. Sal jy asb. een maak en die stappe en materiaal mooi uit een sit dat ons jou voorbeeld kan gebruik. Op `n ander draad het jy `n item gemaak waarmee `n mens TLP meet, sal jy die item ook asb. vir ons mooi beskryf en stap vir stap die gebruik uit een sit asb?

Ek hoor graag van jou.

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Pvdw »

Heinz die handsvatsel is nie die probleem vir my nie maar watse draad is dit daai en waar kry jy dit??

Peet
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Heinz Petersen »

Pvdw wrote:Heinz die handsvatsel is nie die probleem vir my nie maar watse draad is dit daai en waar kry jy dit??

Peet
Die skroefdraad is metric draad. Ek gebruik my doppe en punte wat ek skiet een van elke kaliber dan boor ek n 7mm gat in die dop en sny draad 8x1.25 en by die punt ook 3.7mm boor en die tap is 4x0.7. As ek vir iemand anders sy TPL moet meet dan bring hy n dop (nie Klippies nie) en n punt wat hy wil laai en ek sny gou vir hom skroefdraad en dit vat 10 min.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Heinz Petersen »

Gert Odendaal wrote:Heinz
Ek wil saamstem oor die stap vir stap maak , dit is definitief `n item wat ek ook sal wil gebruik. Sal jy asb. een maak en die stappe en materiaal mooi uit een sit dat ons jou voorbeeld kan gebruik. Op `n ander draad het jy `n item gemaak waarmee `n mens TLP meet, sal jy die item ook asb. vir ons mooi beskryf en stap vir stap die gebruik uit een sit asb?

Ek hoor graag van jou.

Gert
Soos ek vir PVDW verduidelik het van die skroefdraad is die res eenvoudig.

Aluminium pyp 230mm lank o/d 10 I/d 7mm en sny 7x1mm skroefdraad aan die ente so 20mm diep

Twee stukkies bras 30mm lank. Een sny jy 7x1mm skroefdraad wat by die pyp kan inskroef en boor n 5mm gat deur die middel waardeur jou 4mm rod sal gaan.Die ander een is een kant 7x1mm draad en aan die ander kant 8x1.25 draad wat weer in die dop sal inskroef en ook n 5mm gat .
Die agterste een ook n 4mm gat met skroefdraad waar n boutjie moet indraai om die rod te sluit as jy die meetwerk doen.

Die rod is 4mm x 340 mm.Die een kant 4mm draad wat weer by jou punt sal inskroef.

Nou as jy dit als inmekaar het kan jy begin meet.
Skroef die dop op die pyp gedeelte en die rod in jou punt wat jy gaan gebruik.

Haal die geweer se slot uit en stoot die tool in tot die dop in die kamer is. Nou stoot jy die rod met die punt aan stadig vorentoe tot dit teen die lands raak, lock nou die rod met die agterste boutjie en haal als uit. Meet nou die TPL. Ek doen die oefening so agt keer en neem dan die gemiddel van die agt lesings . Nou kan jy self besluit of jy .2 of .5 van die lands af wil wees.
Sterkte, dit neem baie tyd om die tool te maak en fyn werk.
Vra maar weer.

Heinz
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by RUPERT »

Heinz Petersen wrote:
Gert Odendaal wrote:Heinz
Ek wil saamstem oor die stap vir stap maak , dit is definitief `n item wat ek ook sal wil gebruik. Sal jy asb. een maak en die stappe en materiaal mooi uit een sit dat ons jou voorbeeld kan gebruik. Op `n ander draad het jy `n item gemaak waarmee `n mens TLP meet, sal jy die item ook asb. vir ons mooi beskryf en stap vir stap die gebruik uit een sit asb?

Ek hoor graag van jou.

Gert
Soos ek vir PVDW verduidelik het van die skroefdraad is die res eenvoudig.

Aluminium pyp 230mm lank o/d 10 I/d 7mm en sny 7x1mm skroefdraad aan die ente so 20mm diep

Twee stukkies bras 30mm lank. Een sny jy 7x1mm skroefdraad wat by die pyp kan inskroef en boor n 5mm gat deur die middel waardeur jou 4mm rod sal gaan.Die ander een is een kant 7x1mm draad en aan die ander kant 8x1.25 draad wat weer in die dop sal inskroef en ook n 5mm gat .
Die agterste een ook n 4mm gat met skroefdraad waar n boutjie moet indraai om die rod te sluit as jy die meetwerk doen.

Die rod is 4mm x 340 mm.Die een kant 4mm draad wat weer by jou punt sal inskroef.

Nou as jy dit als inmekaar het kan jy begin meet.
Skroef die dop op die pyp gedeelte en die rod in jou punt wat jy gaan gebruik.

Haal die geweer se slot uit en stoot die tool in tot die dop in die kamer is. Nou stoot jy die rod met die punt aan stadig vorentoe tot dit teen die lands raak, lock nou die rod met die agterste boutjie en haal als uit. Meet nou die TPL. Ek doen die oefening so agt keer en neem dan die gemiddel van die agt lesings . Nou kan jy self besluit of jy .2 of .5 van die lands af wil wees.
Sterkte, dit neem baie tyd om die tool te maak en fyn werk.
Vra maar weer.

Heinz
Hi Heinz

Wat sal jy my vra om so n meetstok te bou.Ek hou baie van jou idee en dink hy werk soos n bom
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13643
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Geno »

Pvdw wrote:Heinz die handsvatsel is nie die probleem vir my nie maar watse draad is dit daai en waar kry jy dit??

Peet

Heinz,
Ek dink Peet verwys na die primer pocket cleaner se draad. Die wat die borsel word.

Of hoe Peet?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Pvdw »

;D ;D. Geno jy lees mooi fyn!! Sien nou ook die antwoord hier bo.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Gert Odendaal »

Hallo Oom Pieter
Ek het een vandag by Heinz gaan koop, ek gaan die item goed gebruik, nou kan ek die TPL meet van al my kalibers, ek moet net die doppe en punte skroefdraad gee dan is die Kaap weer Hollands....Waar bly oom in die Paarl dat ek daar ook kan kom koffie drink...? Ek wil die Boere Oorlog museum ook nog gaan besoek? Het Oom Filter koffie? Miskien `n jamtertjie ook maar saambring dat ons lekker kan kuier.... ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Gert Odendaal »

Oom Pieter, ek is opsoek na Oom , maak kontak dat ons kan gesels... ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Gawie(13mm) »

Gert Odendaal wrote:Oom Pieter, ek is opsoek na Oom , maak kontak dat ons kan gesels... ;D
Dagsê Gert.
Die Unckle is in die "suid-kalahari" vir Kersfees by sy seun. Hy en die Howa soek seker 'n ot vir more se feesmaal, want hy is hier weg met 'n sakkie appels vir die garnering ;D
Selfoon ontvangs daai kant is maar sporadies op sy beste, maar ek sal jou groete oordra as ek hom op die eter in die hande kry.

Groetnis,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by Gert Odendaal »

Dankie Gawie, ek waardeer die terugvoer, het `n pm van Oom Pieter gekry, ek sal laat weet hoeveel gebakte koekies ons opgeeet het, is hoeka lankal lus vir Hertzog tertjies....sal gaan kyk wat in die Paarl aangaan. Kan van die lede wat in die Paarl woon asb. vir my inligting stuur van Geskiedkundige geboue en plekke soos museums wat ek en my kinders kan gaan besoek, ek wil sommer begin deur die Boer Oorlog museum te gaan besoek, die inligting sal werklik baie waardeer word....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
mariojacobs1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Fri Feb 28, 2014 9:04 pm

Re: Primer pocket cleaner

Post by mariojacobs1 »

Baie goei plan dankie
270 Sako
222 Sako
22 Mauser
9mm Tupperware gun (Glock)
Post Reply