Sukses (waarde van trailcam)
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
My skietpunt is net links van die groot witgatboom wat op die duin uitsteek, op die hoogste sandknop tussen die duinkweek. Nie baie dekking nie, so man moet maar stil lê. 
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Kalahari- ek sien daai otte raak nou skelm! Hulle kom kuier nou ook al lank na donker. Een van die dae le jy snags op die duin met volmaan!!
P.S. Ek darem bly het het daai 46grade 18h00 die aand gemis!
P.S. Ek darem bly het het daai 46grade 18h00 die aand gemis!
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Een troos is dat 'n vlakvark gelukkig nie van ouderdom sterf nie...
Watse flash het jou kamera? By die nagfoto kyk die vark reguit kamera toe.
Ons hoop ook maar vir vroeë reën. Het die naweek in Whk 22mm en na Leonardville mense tot 30mm gekry, dit kom darem al nader.
Watse flash het jou kamera? By die nagfoto kyk die vark reguit kamera toe.
Ons hoop ook maar vir vroeë reën. Het die naweek in Whk 22mm en na Leonardville mense tot 30mm gekry, dit kom darem al nader.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Stefan, daardie is die IR flash en hy kan duidelik gesien word, ligte rooi flickering, maar dit lyk my nie die diere is veel gesteur daardeur nie. Kon al amper al alles met die kameras afneem.Stefan Fourie wrote:Watse flash het jou kamera? By die nagfoto kyk die vark reguit kamera toe.
Ja nee, van ouderdom sal hulle sekerlik nie hier vrek nie, hulle lewe te lekker.
Pieter, hulle maak my nou die woer in, maar dalk moet ek hulle vir FHM los dat hy hulle kom afstofPieter Vorster wrote: Een van die dae le jy snags op die duin met volmaan!!
P.S. Ek darem bly het het daai 46grade 18h00 die aand gemis!
Die 46 grade betwyfel ek so bietjie, ek weet nie hoe akkuraat die kamera se lesing is/was nie, maar dat ek daai duin van bo-af deurweek het is nie 'n lieg nie, ek het gebraai................ van onder en van bo.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Mens kry 'n kamera met 'n swart/onsigbare IR flash, ek soek so iets. Ek het een keer 2 jakkalse en 1 keer 2 rooikatte afgeneem, elke keer het die groot diere, mannetjies met die 2 en 3de foto vir die kamera gekyk en daarna het ek hulle nooit weer afgeneem nie. My kamera is so gestel dat as hy getrigger word neem hy 3 fotos agter mekaar met 'n sekonde tydval tussen in.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Stefan
Mooi loop
Francois
Bel vir Wors 0812483dubbeltwee7, hy verkoop Moultrie kameras met die funksie.....Mens kry 'n kamera met 'n swart/onsigbare IR flash, ek soek so iets.
Mooi loop
Francois
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Kalahari, het jy nog nooit jou waterkrip raakgeskiet nie? Lyk of hy plastiek inner het? Varkkoors kan lelike dinge veroorsaak,ek kan getuig.
Jake1
Jake1
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Dankie Francois
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Jake1, nee darem gelukkig nog dit oorgekom nie, die varke het sovêr darem nog oop skote aangebied wat nie die krippe in gedrang sou bring nie.Jake1 wrote:Kalahari, het jy nog nooit jou waterkrip raakgeskiet nie? Lyk of hy plastiek inner het?
Die plastiek is die eintlike krip, dit is net binne-in die ou beton krip gepas, is darem op 'n manier beter beskerm.
-
hieha
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Thu Oct 18, 2012 3:23 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Kalahari, ek sien op daai laaste foto - dit word lekker koel in die skaduwee!! Geen wonner die varke word dors nie!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Daar is darem min dinge so lekker soos om op 'n duin te braai, maar ek neem aan jy bedoel hierdie in 'n ander konteks...Kalahari wrote:Stefan, daardie is die IR flash en hy kan duidelik gesien word, ligte rooi flickering, maar dit lyk my nie die diere is veel gesteur daardeur nie. Kon al amper al alles met die kameras afneem.Stefan Fourie wrote:Watse flash het jou kamera? By die nagfoto kyk die vark reguit kamera toe.
Ja nee, van ouderdom sal hulle sekerlik nie hier vrek nie, hulle lewe te lekker.
Pieter, hulle maak my nou die woer in, maar dalk moet ek hulle vir FHM los dat hy hulle kom afstofPieter Vorster wrote: Een van die dae le jy snags op die duin met volmaan!!
P.S. Ek darem bly het het daai 46grade 18h00 die aand gemis!. Ek het juis nou een aand ( 2dae voor volmaan) tot 21:30 die aand gelê met die maanlig, maar niks het gekom nie. As dit nie was vir die swartworsie op die 300-6 nie, dan sou ek seker ook maar sterk skemer moes oppak
.
Die 46 grade betwyfel ek so bietjie, ek weet nie hoe akkuraat die kamera se lesing is/was nie, maar dat ek daai duin van bo-af deurweek het is nie 'n lieg nie, ek het gebraai................ van onder en van bo.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
hiehahieha wrote:Kalahari, ek sien op daai laaste foto - dit word lekker koel in die skaduwee!! Geen wonner die varke word dors nie!
Verseker word dit lekker warm, ek vermoed die feit dat die kamera direk nog daar in die sonstrale was die temp 46 laat wys. In daardie paar dae was dit oor die middag 14:30 by my huis in die skaduwee so 40 - 41 grade gewees, so in direkte sonlig kan dit verseker dan 46 wees!
As jy dink daai varke was dors, dan moes jy vir my gesien het.
Pieter, daar is vleis braai en dan is daar BRAAAIIIIIII!Pieter Vorster wrote:Daar is darem min dinge so lekker soos om op 'n duin te braai, maar ek neem aan jy bedoel hierdie in 'n ander konteks...
-
RusticRainman
- Newbie

- Posts: 6
- Joined: Sun Nov 10, 2013 10:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Ek geniet die draad. Enige vars vark nuus.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Roesende reenmanRusticRainman wrote:Ek geniet die draad. Enige vars vark nuus.
Nee, ongelukkig nie nuus van die varke nie. Kry wel so 1 keer 'n week nog reaksie op die kameras, maar hulle neuk my nou lekker rond tussen 2 waters, ek weet nie eintlik waar moet ek gaan soek nie, want is ek by die een water dan suip hulle by die ander water.
Die 26mm reen wat ek 'n week gelede gehad het maak ook dat hulle nou nie meer so gereeld by die veesuipings kom nie.
Sal julle op hoogte hou, ek is hoeka weer lus vir 'n video.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Beste is om iemand te kry wat by ander waterpunt sit, dan gaan hulle erens bakkie ryKalahari wrote:Roesende reenmanRusticRainman wrote:Ek geniet die draad. Enige vars vark nuus.![]()
![]()
Nee, ongelukkig nie nuus van die varke nie. Kry wel so 1 keer 'n week nog reaksie op die kameras, maar hulle neuk my nou lekker rond tussen 2 waters, ek weet nie eintlik waar moet ek gaan soek nie, want is ek by die een water dan suip hulle by die ander water.
Die 26mm reen wat ek 'n week gelede gehad het maak ook dat hulle nou nie meer so gereeld by die veesuipings kom nie.
Sal julle op hoogte hou, ek is hoeka weer lus vir 'n video.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Flip, net soos jy daar sê, maar in die geweste is mens maar skaars, elk geval die wat so mal is om 5 uur nm in die son te gaan lê en wag vir varkeFlip nel wrote:Beste is om iemand te kry wat by ander waterpunt sit, dan gaan hulle erens bakkie ry
My 2 latte is nog te klein (heelwat), maar as ons gespaar bly sal hulle 2 eendag vir pa kan help, dan dek ons sommer 3 punte gelyk.
Feit bly staan, bakkie sal hulle verseker nog ry.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Kalahari ek dinky jy is reg, al rede hoekom hulle nie nou meer so geredelik inkom nie is omdat hulle elders suip/vog inkry. Hou moed, sal gelike het om hulle kopskote te gee met my 223, hyt nog nie bloed geproe nie maar ek sal daai probleempie oplos op die lande voor kersfees aanbreuk. Hoe skiet jou R4 die otte?
Jake1
Jake1
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Jake1
Ek het baie geduld, ek is net nou besig om skaap te werk, maar as ek daarmee klaar is sal ek weer tyd maak. Hulle moet nou eers weer gerus raak by die water.
Ek wou ook aan die begin gaan vir die kopskote, maar toe maar besluit op die blad sal dit wees, ek gaan nie die risiko loop om eerste skoot dalk te mis nie!
Die reen bly nou weer weg, so hulle sal seker nou weer begin krippe te kom. Die LM4 loop baie mooi, dit is nou na die eerste ot geval het met die 300-6, want dan is dit chaos, jy sien net varke en dan is dit baie lekker om nie 'n slotaksie te werk nie
Vat maar jou kans in die lande en kom sê sommer hier wat jy kon raakloop.
Groete

Stem saam, daai LM hardloop 'n varkie baie maklik in. Het jy nog nie oorweeg om 'n silencer op te sit nie? Het 1 op myne gesit en is baie tevrede.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Stefan, die ideaal sal silencer en teleskoop wees, maar hy is lekker kompak so van sy ma af op hierdie stadium.
Pas ook lekker in een van my kleiner geweer sakke, hou maar die stof en takke wat in die bakkie inval so vêr moontlik weg.
Pas ook lekker in een van my kleiner geweer sakke, hou maar die stof en takke wat in die bakkie inval so vêr moontlik weg.
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Scope is nogal lekker op hom, maar jy sukkel om hom dan in 'n normale geweersak in te pas.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Hou die spasie dop.......................
, ek het vanmiddag op die kamera gesien daar is 'n mammavark wat by my krip kom water drink, die laaste 2 dae enigiets van 8 tot 9:45 is sy by die water. Ons reen is stil en die dae is maar redelik warm.
Ek gaan probeer more oggend draai gooi tot so 9 uur. Na dit ander besigheid wat afgehandel moet word.
Foto is ongelukkig nog op die kamera se kaart, nie huis toe gebring nie.
Ek gaan probeer more oggend draai gooi tot so 9 uur. Na dit ander besigheid wat afgehandel moet word.
Foto is ongelukkig nog op die kamera se kaart, nie huis toe gebring nie.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Sterkte,ek hoop jy kry haar.Kalahari wrote:Hou die spasie dop......................., ek het vanmiddag op die kamera gesien daar is 'n mammavark wat by my krip kom water drink, die laaste 2 dae enigiets van 8 tot 9:45 is sy by die water. Ons reen is stil en die dae is maar redelik warm.
Ek gaan probeer more oggend draai gooi tot so 9 uur. Na dit ander besigheid wat afgehandel moet word.
Foto is ongelukkig nog op die kamera se kaart, nie huis toe gebring nie.
Hou ons op hoogte.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Dankie sako 30.06, ek's oppad, sal kom rapporteer 
- tau
- Hero Member

- Posts: 3999
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
waar is die vark?????
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.