Hoeveel jakkalse ?

Post Reply
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Hoeveel jakkalse ?

Post by vriell »

Sal nogal interessant wees om te weet hoeveel jakkalse suksesvol persentasie gewys gejag is deur die individu nadat hy/sy aangesluit het by jaracal ( of die kursusse gedoen het ) en gebruik gemaak het van die inligting op jaracal forum in vergelyking met voor aansluiting by jaracal.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hoeveel jakkalse ?

Post by Geno »

My suksesse het met 600% opgegaan vandat ek op die forum is.
Goed, beter, 6millimeter!
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: Hoeveel jakkalse ?

Post by SNIPER »

Ek stem saam met Geno

Toe ek begin het was ek maar lekker dom gewees.
Caller het uit ou taprecorder bestaan met lang draad op n tol wat jy moes af en op rol elke keer as jy van staan plek skyf,maar dinge het verander het kursusse begin by woon,saam manne begin jag wat dit al 20+ jaar lank gedoen het en by die "GROOT' manne dinge gesien en wys geword OP Jaracal Forum wat geld nie kan koop nie.

Was gisteraand uit en het net basies 100% seker gemaak my staan plek en die wind is reg en 11uur net voor maan begin pla het 4 jakkies saam bakkie gery.

Al hierdie dinge het daar toe by gedra dat ek vandag n profesionele diens aan alle boere kan lewer
en trots daar op kan wees en altyd terug te kan gaan om op dieselfde plaas weer te kan gaan jag.

Groete

SNIPER
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Hoeveel jakkalse ?

Post by tafjak »

Sniper en vriell

Ons almal het baat gevind by die forum. MAAR ons gaan nog meer baat vind en dit kan ek jou belowe. Ons sal nooit ophou leer en planne maak nie, daarvoor is ou vlekkie altyd maar te geneig om nie teleur te stel nie.

Mooiloop en hierie forum het vir my tonne beteken
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Hoeveel jakkalse ?

Post by cassie_calvinia »

hierie forum het vir my tonne beteken
ek dink dis anders om.
Oom het vir die forum tonne beteken!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Hoeveel jakkalse ?

Post by Blackie Swart »

Ek was nog nie bevooreg om n kursus te doen nie maar net uit die inligting wat ek hier kry was my sukses 500% beter.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hoeveel jakkalse ?

Post by vriell »

Dankie dis vir my 'n bewys dat die jakkalsjag beslis nie besig is om te "dood" op die forum nie maar liewers dat die manne die inligting gebruik om meer suksesvol te wees so daar moet dus oorgenoeg inligting wees as dit die resultate is ...dalk moet die manne net meer terug rapporteer elke slag wanneer 'n jakkie sy g$# gesien het om die % verskil te regverdig.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Hoeveel jakkalse ?

Post by Francois Hugo »

Hello die jakkalsjag manne,

Ek self het ook maar soos "almal" daar in die laat negentigs vroeg 2000's begin met CD en lekker jakkalsjag nonsies aangejaag!!! (Moet erken toe ek daardie eerste jakkals in Mei 2004 hoor antwoord het, wat toe ook sommer vir my vertel het dat hy my nou gaan kom opneuk, SAL EK NOOIT vergeet nie - I've got hooked for ever!!!! :'( ++>: Moet erken het nooit die jakkals gesien nie!!!! Skandelik het my CD speler se bartterye na 10 minute en 200km sy spreekwoordelike gat gesien! :(

Tehore gekom van die Forum (enigste forum wat ek moeite doen om effe te volg in elke geval) by 'n paar manne wat toe al lekker jakkalsjag ondervinding opgedoen het. (Wolf en 'n ander ou maat van my Cor van Niekerk - beide van Calvinia. - Die ou jakkalsjagspan was maar daar in die begin erg soos 'n mafia!!! ++>: ) dis nou voor die Forum ontstaan het dink ek!! Moenie "worry" nie ek hardloop reeds!!!! ++>:

Wel begin toe toerusting koop, stoel, CD speler, ligte, verbeter geweer ensovoorts en sien sommer gou dat ek nou nonsies aanjaag!!! Sluit aan by die Forum en begin dadelik sien HIER , kan man iets leer!!! Doen kursusse en daarvan daan is my suksesse ook seker soos Geno reken 600% beter.

Lang storie kort - HIERDIE forum met die manne wat inligting deel oor jakkals en rooikatte jag, (dinge waarmee ek sukkel en my mee besig hou) , LAAT DIE JAKKALSE EN ROOIKATTE 11.1.11!!! :angel: Jammer vir die taalgebruik!! >:D maar dis tog so!!

Van my kant af "smile" ek partykeer as die manne so opgewerk raak, oor ander onderwerpe en soms persone, (somtyds met rede) lees ek wel, maar ek RAAK NET OPGEWERK, wanneer daar iets oor jakkalse/rooikatte geskryf word!! Die res leer ek van en wag vir 'n geleentheid wanneer ek dit nodig mag kry....

So my versoek aan die jakkalsjag brigade...... deel julle ondervindinge manne, dis soos 'n "kleine-kleine" (ou Suidwes term vir 'n spesifieke tipe dop saans) elke aand vir my - die ou ligaam smag na die klas van stories en dit laat die jakkies val!!!!! :laugh: As ek weer sien soek ek jakkalsjag ondervinding hier by julle!!!! :o

Groete en dankie dat ek dinge hier in Afrikaans kan lees en deel met manne wat dieselfde belangstelling as ek het!!!

Groete uit die Namakwaland
Francois
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hoeveel jakkalse ?

Post by vriell »

Dankie vir daai deel met ons....Wat ook nogal interessant is is my waarneming dat jakkalse nogal BAIE fyn gehoor het( nie dat ek gedink het hulle het nie ) . Op 'n vriend se plasie staan ons een aand om 'n vuurtjie by sy huis in Montagu omgewing en hoor toe baie vêr weg 'n Jakkie tjank.Ek haal toe my selfoon uit waarop verskeie diere geluide op is en speel sommer enige een net daar.Jou werklik dit was nie lank nie toe ons skyn met die spotlight sien ons oë nie vêr van ons af nie.Ongelukkig was ons nie voorbereid nie en teen die tyd dat ons 'n roer gereed het was dit te laat.Mens kan darem dom dinge doen maar het regtig nie verwag dat die jakkie die selfoon sal hoor nie.....
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Post Reply