Ek het 'n Sako 300H&H vanaf my oupa, in goeie toestand. A.g.v. sy skop geniet ek nie baie die geweer nie, en wil 'n 'silencer' opsit. Party mense het my afgeraai omdat dit die geweer se waarde sal beinvloed.
Wat is julle oppinie hieroor, en wat is die waarde van hierdie geweer?
Sako 300H&H
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Sako 300H&H
Soveêr ek weet was die laaste .300 H&H sakos op di FN Mauser aksie gebou. Hulle is lig en sal maar biete skop.
Jy gaan verseker die waarde opfoeter deur hom te laat sny vir n knaldemper as hy nog oorspronklik is. Oorweeg meskien eerder die Mercury recoil reducer in die kolf. Dit is ook nie baie duur nie.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 700
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Sako 300H&H
Scooter, plaas vir ons n foto of twee van die geweer, dit kan help met die waarde bepaling.
Daar is so baie faktore om in ag te neem - as die geweer absoluut oorspronklik is, sal enige werk aan die geweer sy waarde negatief beinvloed itv versamelaarswaarde. As jy egter die geweer baie graag wil hou en gebruik ter herrinering aan jou oupa, sou dit sin maak om die geweer vir jouself aan te pas sodat jy die maksimum plesier daaruit kry.
Indien jy besluit om wel aan die geweer te laat werk, gebruik die heel beste wapensmit wat jy kan. Een wat n bewese rekord het, en waarvan jy eers na voorbeelde van sy werk kan kyk, voor jy aan jou hartsgeweer laat sny.

-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Sako 300H&H
Die Sako 300H&H is maar aan die skaars kant en dit sal 'n jammerte wees vanuit 'n versamel oogpunt.
Ek het 'n Sako Safari 300 WM en met 180gr patrone is ek baie dankbaar dat sy terugskop nog heel aanvaarbaar is. Ek vermoed daarom dat dit die L61R Finnbear model hieronder is wat aan die effense ligte kant is.
Die waarde sal van die model afhang. Ek is bekend met drie modelle waarin die 300H&H gekom het. Die een op die FN aksies en dan was daar beperkte L61R Finnbear em M74 modelle. Al nadeel van hulle is dat hulle in 24" in plaas van die lekker 26" lope uitgekom het wat goed werk vir die 300H&H.
Waardegewys sou ek reken tussen R12,000 en R20,000 vir die kaal geweer afhangende van die model, toestand, ens en hoe versamelbaar hy is. As jaggeweer is hy dalk nader aan R12,000 werd en as hy baie versamelbaar is seker nader aan R20,000.

Scooterbike
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Mon Jun 11, 2012 10:52 am
Re: Sako 300H&H
Dis 'n L61R Finnbear.
Nog 'n vraag: is hy meer geskik vir jag of baan?
Die volgende vraag is dan waarmee vervang ek hom? Ek wil graag 'n goeie all-rounder jag geweer he (.270-.300). En dan wil ek ook nog 'n lang afstand baan geweer he. In ag geneem ek wil herlaai dies beperk en gaan reeds vir die 300H&H herlaai.

Kom ek vat dit nog 'n stap verder. Sou ek besluit om hierdie Sako te verander, sal hy geskik wees en waarvoor sal hy beter aangewend kan word, jag of baan (1000m), en met watter mods?
m.a.w. die koste en akkuraadheid van 'n 'nuwe' geweer teenoor hierdie Sako. (as julle volg wat ek bedoel...)
m.a.w. die koste en akkuraadheid van 'n 'nuwe' geweer teenoor hierdie Sako. (as julle volg wat ek bedoel...)
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Sako 300H&H
Scooter,
Ek is nou nie 'n kenner nie maar ek sou reken dat hy eerstens geskik is vir jag. Dit gaan nie 'n plesier wees om lang sessies op die baan teiken te skiet met 'n 300 Magnum nie. Hy kan heel moontlik baie akkuraat wees maar dit gaan beslis nie lekker wees nie en daarom sien ek in dat jy oor 'n knaldemper wonder. As jy iets vir die baan soek sou ek reken iets in die 6,5 kaliber groep sal vir jou baie opsies gee en sal baie gemakliker wees.
In baie opsigte is die 300H&H 'n redelike goeie all rounder hoewel dit in almal se boeke sal verskil. As jy meer kleiner wild jag kan jy dalk 'n 260Rem, 6,5x55, 7mm-08 of 7x64 oorweeg maar as jy ook gereeld groter wild jag dan het mens die 300 se poeier nodig en is daar nie goeie rede om die 300H&H te vervang nie. Dan moet mens maar vasbyt met die terugskop. Die L61R Finnbears is ongelukkig bekend vir die terugskop op die groter kalibers soos die 300 WM, 338 WM en 375 H&H. Ander opsies sou natuurlik 'n 308, 30-06, 300 WSM wees maar ek sou nie die 300H&H verkoop om 'n ander .30 kaliber te koop nie.
As jy spesifiek op die baan wil werk dan sal van die ander ouens jou dalk beter raad kan gee oor kalibers en bykomstigehde om tot op 'n 1000m te kan werk. Ek reken steeds dat 'n 260Rem of 308 jou baie ver sal vat in hierdie opsig op 'n baie gemakliker manier. Dis nou des nie teenstaande die feit dat die 300H&H bekend geword het as gevolg van 'n 1000m kompetitsie. Net jammer van die 24'' loop op die Sako.

- Hannes stof trapper
- Jr. Member

- Posts: 60
- Joined: Wed Jun 26, 2013 4:58 pm
Re: Sako 300H&H
Of n mens kan se soos die manne in Aus se harden the f**k up.
Nee jammer jokes manne. Daai 300H&H trap maar so biekie n pel van my het een wat ek toe 20 skoote deur gesit het en dis nie so leke ervaring nie.
As ek deur n geweer getrap wil word dan wil ek met n groot meneer kanon erder skiet.
Ek dink lood in die kolf kan ook werk (is dit die mercury?)

Skiet mooi Maak mooi
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4598
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Sako 300H&H
Van al die 300's skop die H&H die minste. Ek herlaai vir 4 300wm's en 2 300H&H. Die beste onder die 6 is n DUK loop Pacnor match loop op n RSA aksie 26 duim win mag. Tog skop die geweer n koek hou meer as die ligter H&H's. maar die wm groepeer makliker. Ek het groot agting vir Sako, soveel so dat ek n match geweer het wat op n Sako Lr 61 gebou is. Tog oet Sako in my opinie maar gaan leer oor die swaarder kalibers. Hoeveel Sako eienaars kla nie oor gekraakte kolwe op die swaarder kalibers nie?
Verder MOET n 300H&H ten minste n 26 duim loop he!
Om jou vraag oor die silencer te antwoord: ek het my H&H laat pasmaak. Dit is n pragtige geweer, een van die mooiste wat ek nog gesien het. mAAR net akurate gewere is mooi. Die geweer het twee skote inmekaar geskiet en een flyer. Na baie jobs aan die geweer het die akuratheid vandag gestabiliseer op 14 mm met Barnes 150grn Tsx. Die grootste verbetering van al die jobs was die silencer.
As jy ligte koeels soos 130 -168grn wil skiet is die wm waarskeinlik n kortkop voor die hh, maar enige iets van 200grn af is die hh weer beter agv van sy langer "bek".
My silencer maak dat my 300HH net net minder skop as my vrou se ligte 270 sonder haar silencer.
Alles inaggenome is die antwoord natuurlik die 300WSM

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!