Ruan se Tumbler

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Ruan se Tumbler

Post by Gert Odendaal »

Ruan het `n tumbler gebou vir die doppe wat ons sou moes skoonmaak vir die laai proses. Hy het hulp van Iwan (Johan Greyling ) se seun ook gekry tog is die meeste tegniese werk deur homself gedoen, pa het so nou en dan raad gegee en gehelp vashou.

Dit is lekker om te sien as die jong seuns met hulle hande begin werk en projekte bou. Hy het self die spoed bepaal van die stelsel en is besig om `n waaier vir die tumbler in te bou.

Die hele tumbler se rat/masjien deel gaan hy met vlekvrye staal toe bou en die waaier binne in die deel monteer dat die waaier die hitte uitsuig sodat die motor koud hardloop. Ruan het die buste en aste met die koeellaars self monteer en draaiwerk van die buste is self deur hom op Johan se draaibank gedoen. Johan Greyling gee ook baie leiding en raad wat vir my regtig `n riem onder die hart is, hy is altyd bereid om kinders te leer en konsepte te verduidelik op `n baie verstaanbare manier.

Die tumbler het gister die eerste vrag .404 Jeffery doppe begin skoondraai. Dit is fasinerend om die beweging van die vallende sand deur die glas bottel dop te hou. Reeds nadat die doppe (was vuil met groen aanpaksels) vir `n uur in die tumbler gedraai het kon `n mens reeds die blink van die doppe sien.
`n Paar fotos van die proses:
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/Y1010191.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/Y1010199.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011042.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011047.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011080.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011078.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/Y1010198.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011079.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011408.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011407.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011408.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ruan se Tumbler

Post by Gawie(13mm) »

Aartjie na sy vaartjie!!!!

Ons "ou" manne sal ons sokkies moet optrek. Die laaities skiet nie net beter as ons nie, hul voltooi ook hul projekte. ;)
Last edited by Gawie(13mm) on Thu Nov 07, 2013 8:58 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Ruan se Tumbler

Post by Gert Odendaal »

7mm, Ruan is nou op daardie ouderdom dat hy alles wil bou, gelukkig het hy `n maat wat alles van elektries en elektronika weet, en `n werkswinkel wat allerlei masjiene het, daar is nou nie meer brieke nie. Ek geniet dit om hom so te help, hy sweis nou al self mooi sweislopies, weet selfs hoe hoog die stroom moet wees vir die spesifieke dikte staal. Hy het my ook gehelp om my wapensmit werkstafel te bou, self ge"grind" geskuur, gesaag en gesweis. Die spuitverf werk geniet hy die meeste ..
Hy sal natuurlik ook moet leer herlaai want hy sal sy .308 Israeli Mauser self moet laai en skiet. :laugh: :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ruan se Tumbler

Post by PWV »

7mm wrote:Aartjie na sy vaartjie!!!!

Ons "ou" manne sal ons sokkies moet ootrek. Die laaities skiet nie net beter as ons nie, hul voltooi ook hul projekte. ;)
::) ::) :o :o
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: Ruan se Tumbler

Post by Reloader270 »

'n Koffieblik met 2 half rond houtjies binne in die blik sal help om die doppe te draai.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Ruan se Tumbler

Post by Gert Odendaal »

Dankie baie , die tumbler loop al van Donderdag voltyds, daar is `n klomp .404 Jeffery doppe en patrone in , ek sal more kyk hoe effektief die tumbler is, sal fotos oplaai van die doppe, hulle was erg vol groen aanpaksel en patina.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Ruan se Tumbler

Post by LongWolf »

Gert Odendaal wrote:Dankie baie , die tumbler loop al van Donderdag voltyds, daar is `n klomp .404 Jeffery doppe en patrone in , ek sal more kyk hoe effektief die tumbler is, sal fotos oplaai van die doppe, hulle was erg vol groen aanpaksel en patina.

Gert as daar n voor en na foto is, sal dit goed wees.
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Ruan se Tumbler

Post by Boskamper »

Daai is nou sommer bakgat, baie grand en hy werk, praktyk is die beste leermeester, ++>: 8) 8) ::)
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
Post Reply