Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post Reply
lechwe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Aug 04, 2012 12:39 pm

Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by lechwe »

Naand menere

Ek is op die punt om vir my n 40 cal gen 4 glock te koop. Groot vraag is watter model..? Ek beplan om die wenpen rond te dra en ry. Daar is 5 verskillende modelle beakikbaar. Op die stadium dink ek selfs an die kleinste een in die reeks, die model 22/23/27..?

Wat is julle opinie..?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by FCLoretz »

Die 23 is die beste vir concealed carry.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by G-force »

Piet-Skiet wrote:My advies is bly weg van glocks is .40
Saam met Piet hier.Maar as jy nog wil maak seker dis NIE die kleinste een nie(27).Hy is maar n handvol.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
ravingDIODE
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Mon Nov 04, 2013 1:06 pm

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by ravingDIODE »

Piet-Skiet wrote:My advies is bly weg van glocks is .40
Met alle respek gesê, ek is nuut hier en wil nie op enigiemand se tone trap nie, maar die stelling hierbo is amper nikséggend omdat daar geen rede gegee word nie. Al wie ek hoor sê bly weg, is gewoonlik die wie nie self een besit nie.

In die begin het ek die storie geglo maar het gou my opinie verander na 'n bietjie navorsing en toe ek self 'n .40 gekoop het.

Die probleme wat ondervind was met die .40 en glocks was in die vroeë modelle gewees gen1 en gen2. Die nuwe generasies het geen probleme nie. Tensy jy nie self een besit nie, dan sal ek sê dat jou mening gebasseer is op die internet se mening van die paar gevalle waar die "chambers" op geblaas het as gevolg van te veel druk.

EK SELF het 'n Glock 23 .40 S&W. En ek sal weer een koop as die een die gees gee. Die .40 het net soveel meer energie as die 9mm. Ek skiet ook 'n beitjie sport en om Power factor te maak (velocity x bullet weight), is die .40 maklik vêr bo die nodige power factor. Die 9mm sukkel die ouens om lekker bo power factor te kry.

Die lekker ding van die .40 is dat ek dit heelwat ligter kan laai en so op die baan skiet. Recoil is dan self heelwat minder. Ek het die glock 23 wat ek nou al hele paar rondted deur het. Ek het ook die Glock 17 9mm geskiet. Dié se recoil is heelwat minder, maar vir sport is dit orite.

Ek het die .40 gevat omdat dit 'n balans tussen die 9mm en .45 is. Moet nie worry oor over pressure issues of goed nie. Die engiste gevaar en probleme met die .40 is by die ouens wat herlaai en nie noukeurig laai nie. Party laai te veel poeier per ongeluk of sit die koeël te diep en dan is daar 'n ongelooflike groot spike in die drukking. Die glock .40's het 'n half supported chamber. En dis deel van die probleem as jy per ongeluk overcharge. Ek het na 200 rondtes fabriek ammunisie begin herlaai en dit werk piekfyn. Ek skiet ook lood. Almal sê "oooooo nee! jy kan nie lood in 'n glock skiet nie" nes die "nee 'n glock .40 sal opblaas" stories.

Ek vind dat die wat sê bly weg, nie self 'n glock .40 besit nie. Die wat 'n glock .40 besit, wel ek moet nog een tee kom wat nie gelukkig is nie.

Om dit te top, my pa was ook beindruk gewees en het vir hom ook die glock 23 gekoop.

Dit is 'n baie lekker kompakte pistool vir elke dag se dra. Vir sport, sal ek die Glock 22 vat maar vir dra is dit uiters gemaklik met die regte holster en belt. Ek dra myne nou al seder April se kant, en dit steek maklik weg ook. Ek loop klasse met hom, en met al die sittery en tussen mense werk in die labetoriums ens, is ek nog nie uitgevang nie.

Die glock 22 kan ook maklik versteek n gemaklik dra. Ek weet van 'n paar ouens wat die 22 verkies en dit nou al lank dra. Een van hulle is Mark van City Guns in die Kaap. Hy dra en skiet sport met sy Glock 22 al vir 20 jaar en het al heelwat oor die 100 000 rondtes deur se glock 22. En hy skiet ook lood. Jy kan gerus vir hom 'n luidjie gee en ook paar vrae vrae as jy onseker raak oor die glock .40 en dalk 'n betere eerstehandse mening kry oor die glock 22.


Ek hoop ek kon 'n bietjie meer inligting gee en uithelp. Ek bedoel nie om te sterk oor te kom nie, maar ek is mal oor my .40 en het absoluut geen issues nie. Dus, raak ek 'n bietjie knorrig as mense sê bly weg van .40 glocks... Want die paar gevalle maak nie op vir die miljoene wat jaarliks vervaardig word nie.


Groete,

Riaan
ravingDIODE
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Mon Nov 04, 2013 1:06 pm

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by ravingDIODE »

Piet-Skiet wrote:Ok kom ek verduidelik. Eerstens ek het 'n glock. 'N gen 3 glock 30 .45 en dan ook twee .40s en twee 9mms. Doen jouself 'n guns en googel glock kb. Gforce se bly weg van subcompact,sy rede is recoil. Maklik om tebeleef as jy met my subcompact .40 skiet. Jy sien die proebleem is die .40 is baie vet vir sy lengte nou glock het hulle voer proebleeme opgelos deur die feedramp grooter temaak,proebleem is dit los jou met half suported kamer soos jy tereg se. Dis nie net 'n glock proebleem nie,kom voor op alle 9mm pistoole wat net omgeskakel is .40 toe. Of ons dit wil erken of nie is dit 'n proebleem en al manier hoe om dit uitesort is om pistool tekoop wat ontwerp is as 'n .40. Is ek antie .40? Nee dis my gunsteling pistool rondte.
Awe, reg so piet-skiet. Ek ken die infamous glock kb's 8) Dis juis hulle waarvan ek gepraat het.. Die probleem met die hoër druk en die half supported kamer.

Maar met die stories het ek nog net gehoor met gelaaide ammunisie en nie fabriek ammunisie nie. Ek verstaan ja, jy is reg dat hulle net van 9mm omgeswaai is na .40 toe, maar ek dink nie dis meer 'n probleem vandag nie. Is dit betroubaar? Ja. Gaan hy vrek baie skiet en sport skiet? Oorweeg dalk iets anders. Net vir dra? Dit is meer as voldoende.

In elkgeval, ek dink die OP het nou 'n redelike goeie idee waarvoor hy homself in laat en moet maar net deeglik navorsing doen en dit koop as hy op sy gemak is.
edwill
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed Aug 07, 2013 11:36 am

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by edwill »

I have a Gen3 23. 10000+ rounds through it. No problems. Of the millions sold, there were a few problems here and there. Mainly with cowboys loading buffalo stoppers. Would i buy another 23, maybe not. I would however buy a 22. The slightly longer grip certainly helps with shooting. Its not that much more difficult to EDC.

I love my Glocks, they shoot as well as my S&W M&P 40 which was designed from the ground up to be a 40!

Join the Glock community - Happyness is pull the trigger, it goes BANG!
edwill
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed Aug 07, 2013 11:36 am

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by edwill »

Piet-Skiet wrote:Ek weet darm nie so mooi oor daai een nie. My m&p 40 full size is by vere die sagste recoiling 40 wat ek al ooit geskiet het. As ek net een pistool kon he sou dit verseeker my m&p 40 wees.
I do like my S&W, but i can honestly not say that it shoots better than my Glock - Biggest problem. When last did you see ANY spares or ANY Magazines? Nothing available.
edwill
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed Aug 07, 2013 11:36 am

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by edwill »

Piet-Skiet wrote:I nener realy checked. I mounted a light and felt the three mags provided was enough for my needs. I love everything about it and never wanted to change anything about it. But spares is my bigest reason for recomending the glock 19 to first time buyers.
Pretty sound advise. I do like the 40, but if you only had 1 pistol, i'd buy 9mmP everytime!
lechwe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sat Aug 04, 2012 12:39 pm

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by lechwe »

Gents, thanks for all the objective and subjective feedback, from the comments it seems that the G 23 gen 4 in 40 cal is the way to go and that I will not be makimg a mistake.

The gen 27 looked good, but all the feedback has at least changed my view on that.!

Have a great weekend..!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by Arnold »

So wat is die opinie oor die G26?
User avatar
Martin82
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Fri Nov 02, 2012 1:10 pm

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by Martin82 »

I have a Glock19 and I carry it everyday. It's a 9mm and it's the perfect size. You don't need a .40 to carry. That 9mm will ruin someone's day
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by Alwin »

Arnold wrote:So wat is die opinie oor die G26?
Daar's niks fout met die G26 nie. Hy is net te klein vir MY hande.

Van al die der-miljoene Glocks in omloop, is die 40 kal modelle seker dié, wat die meeste probleme gee. Ons moet net, vir perspektief, onthou dat die G22 en G23 BAIE populêr in die VSA is. Dis dus net normaal, dat hulle by meer insidente betrokke gaan wees, as ander modelle of fabrikate. Hoeveel het jy al gesien, wat probleme gegee het? En hoeveel 1911-tipes het jy al gesien wat probleme maak? Komaan, ons weet almal die Glocks is minder geneig tot probleme. (Let wel, ek is nogsteeds mal oor al my 1911's). Het iemand al gekyk hoe ver 'n tipiese 1911 se kamer ondersteun is? Gaan kyk maar. Die Glocks het oorgenoeg ondersteuning, om veilig te wees met beskaafde ladings.

Die enigste "probleem" wat sommige Glock-gebruikers optel, het meer te doen met greep, as met die wapen. Ek praat van slap gewrigte ("limp wrist"). Baie dames, hou nie die pistool styf genoeg vas nie, dan voer hy nie betroubaar nie. Dit is 'n probleem met die meeste pistole met liggewig-polimeer rame. Weereens wys dit hoofsaaklik op Glocks, omdat hulle so volop is. Leer net om die ding reg vas te hou en die probleem is opgelos.

My persoonlike keuse was 'n G19 (9mm) en G20 (10mm). Die G19 dra vir my baie gerieflik. Sal nie omgee vir een van elke model nie. Die goed werk!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by Arnold »

Ons sal maar oefen dat my vrou die pistool reg vashou. Sy het self die G19 gekies want hy sit die lekkerste in haar hand.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Glock gen 4 0.40 cal in which model

Post by LUAN »

Wag net vir my G19 se liksens om deur te kom dan gaan ek lekke speel. :)
Post Reply