Goedkoopste werbare scope 223?
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Goedkoopste werbare scope 223?
Wat is die goedkoopste goeie werkbare scope vir 223, 223 het mos nie kwaai recoil nie en hy gaan silent hunter groot knaldemper ophe wat recoil minimaal maak, sal maar eers moet budget bekyk, kan scope later na .22 skuif, weet mens moet altyd beste opsit, maar finansies nou bietjie tight.
Jake1
Jake1
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4599
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Jake1, jy kan eerder n goedkoop geweer koop as n goedkoop scope. Wat is jou budget?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
James , geweet ek gaan raas kry oor my vraag, ek bedoel nie 'n R1200 scope nie, wil net die ouens se raad hoor, my budget sal vasgestel word op die raad wat ek hier kry- wat is die goedkoopste werkabare scope vir 223 maks 200m skiet.
Jake1
Jake1
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Rudolph H1 3-12x50 of 4-16x50.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Vir 223 sal ek ook na die Hawke loer. Volgens agente het hulle omruil waarborg. Het 'n 6-24 x 44 op my 243 en het puik beeld vir die prys wat jy betaal. Myne het 'n val op jagtog oorleef en skiet nog waar hy was. Myle beter as die Nikko Stirling wat ek meer voor betaal het en op my 223 is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Ek wou nou net die Hawke kom noem. Flippen helder glas, lekker turrets, goeie prys.tripodmvr wrote:Vir 223 sal ek ook na die Hawke loer. Volgens agente het hulle omruil waarborg. Het 'n 6-24 x 44 op my 243 en het puik beeld vir die prys wat jy betaal. Myne het 'n val op jagtog oorleef en skiet nog waar hy was. Myle beter as die Nikko Stirling wat ek meer voor betaal het en op my 223 is.
Veiligheid eerste manne!
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Moet ook nie van die Redfield vergeet nie. Baie goeie waarde vir geld. Is nou in die Leupold stal, met lewenslange warborg. Hulle Accuranger varminter is n baie lekker reticle. Met my .223 gezero op 200m loop die reticle op 300m, 400m en 516m teen 3290m/s.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Oom Driepoot,
Hoe vind oom die paralaks op die Hawke teleskope? Ek het gehoor party manne kla dat hy helemal te sensitief is. Met ander woorde as jy nie 'n rangefinder gebruik nie neuk hy jou lekker rond. Wat is oom se ondervinding?
Groete,
Lou
Hoe vind oom die paralaks op die Hawke teleskope? Ek het gehoor party manne kla dat hy helemal te sensitief is. Met ander woorde as jy nie 'n rangefinder gebruik nie neuk hy jou lekker rond. Wat is oom se ondervinding?
Groete,
Lou
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Lou, as ek mag, ek het die Hawke Varmint 3-12*44SF, en dit was een van die kenmerke wat die scope aan my verkoop het. Hy is sensitief, maar die glase is werklik so helder, dat dit baie duidelik raak wanneer jy op die merk is. Ons het dit weer twee weke terug op die proef gestel.Lourens wrote:Oom Driepoot,
Hoe vind oom die paralaks op die Hawke teleskope? Ek het gehoor party manne kla dat hy helemal te sensitief is. Met ander woorde as jy nie 'n rangefinder gebruik nie neuk hy jou lekker rond. Wat is oom se ondervinding?
Groete,
Lou
Dit sal natuurlik ook lekker wees om oom Marius se ervaring van die scope te hoor.
Veiligheid eerste manne!
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Jake
Ek't al gehoor die ouens praat nie te sleg van die Redfield Scopes nie. Hul pryse is heel billik
Ek't al gehoor die ouens praat nie te sleg van die Redfield Scopes nie. Hul pryse is heel billik
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Het my teleskoop nog nie baie gebruik nie, maar met enige teleskoop waar jy die parallaks begin stel kan jy vind dat jy nie reg ingestel is vir die afstand nie. Veral as jy kort afstande skiet kan dit wees dat jou beeld dof is omdat die verstelling op 200m is. Die' verstellings moet mens maar mee saamleef as jy hoë vergrotings begin beproef. Met boskiet kan die verstellings die meeste pla omdat afstande korter is en vinnig geskiet moet word. Daarom het ek 2-7x32 op my 30-06 juis vir bosskiet - hom stel ek op 3 of 4 wanneer ek daar jag.
My 243 het ek vir baanskiet en vlakteskiet probeer opstel en vêr het jy gewoonlik tyd om te stel want die prooi is onbewus van jou. Op die baan kan jy die parallaks op 100 of 200 instel en hier is ek veral beindruk omdat dit baie helder verstel kan word - geen dowwe beeld en teiken en kruishaar is duidelik - selfs meer as die Leupold op my .22. Ek praat nou van 24x vergroting - daarom dat ek sê dat die teleskoop bo sy prys kyk.
My 243 het ek vir baanskiet en vlakteskiet probeer opstel en vêr het jy gewoonlik tyd om te stel want die prooi is onbewus van jou. Op die baan kan jy die parallaks op 100 of 200 instel en hier is ek veral beindruk omdat dit baie helder verstel kan word - geen dowwe beeld en teiken en kruishaar is duidelik - selfs meer as die Leupold op my .22. Ek praat nou van 24x vergroting - daarom dat ek sê dat die teleskoop bo sy prys kyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Wat van die Nikon Pro staff 3-9x40 by S&O is hulle R1900 ek het op altwee my gewere 243 en 30 06 sulke scopes en ek is baie tevrede met hulle
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Nick en Musgrave ek stem ook saam met die Redfield teleskoop. Ek dink vir die prys bly dit nog altyd 'n puik kopie.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
As jy goedkoop wil koop kyk na Gamo scopes.Vir daai prys is daar nie beter nie.
Sy glas is beter as die Hawk en hy is gebou om die snaakse recoil van n Spring pellet te kan hanteer.
Vir bq meer geld sal ek na die Redfield kyk maar jy sal nie sommer n verskil tussen die gamo en die Redfield se glas kan sien nie
As jy net n scpoe soek om jou aan die gang te hou PM my ek het n 3-12x50 of iets "bushnell" aka china scope met n bushnell sticker op wat jy met liefde kan gebruik.Tot op 9 werk hy mooi en het hom self n ruk op n pel van my se 243 gehad toe sy scope gekalf het.

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Nico, jy is reg. Hierdie is n baie goeie koop vir die geld wat jy uitgee. My 308, en n pel se nil kwes het beide van dit op, en hy werk baie mooi!NicoSmit wrote:Wat van die Nikon Pro staff 3-9x40 by S&O is hulle R1900 ek het op altwee my gewere 243 en 30 06 sulke scopes en ek is baie tevrede met hulle
Veiligheid eerste manne!
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
ek stem, ek het ook die nikon pro staff 3-9x40 np op my 223 en werk uistekend vir my. ek het hom laas jaar by s&o se jaar einde uitverkoping gekoop vir rondom R1650... sover beste waarde vir die rande wat ek nog gesien het.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Kyk na Hawke. Ekt hulle Sidewinder 4-16 x 50 op my .223. Werk soos n droom. Veral vir die prys!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Die Redfield 6-18 sal mooi werk en prys is so R3500+.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
As jy kyk na n kleiner teleskoop kyk gerus na Hawke se 6 - 24 x 44 vir R2000
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5153
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Nikon Prostaff 3-9 of 4-12
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Dit is einste hy wat op my 243 is en waarvan die lenskwaliteit my beindruk het.andre007 wrote:As jy kyk na n kleiner teleskoop kyk gerus na Hawke se 6 - 24 x 44 vir R2000
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Driepoot maak sy lewe om deur glase te kyk. So, julle kan maar luister wat hy vertel!tripodmvr wrote:Dit is einste hy wat op my 243 is en waarvan die lenskwaliteit my beindruk het.andre007 wrote:As jy kyk na n kleiner teleskoop kyk gerus na Hawke se 6 - 24 x 44 vir R2000
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Ek sou vir n tweedehandse Schmidt & Bender, Zeiss, Swarovski, Khales, soek in 8x56. Mens kry hulle I'd R3000 tot R5000 koers. Maar elke man het sy eie plan.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Goedkoopste werbare scope 223?
Daai aanbod van Rudolph is lekker man lekker!