Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Ek soek tans 'n teleskoop vir my .308 Musgrave waarmee ek in die Bosveld jag. Daar is peperduur teleskope beskikbaar en ek besef ook aan die anderkant dat goedkoop duurkoop kan wees. Afstande wat ek skiet is gewoonlik tot so 150 meter, vroegoggend tot laatmiddag.
Wat reken julle is 'n goeie keuse teleskoop (vergroting en fabrikaat)? My begroting is so tot ongeveer R3,500. Enige spesifieke plekke in Johannesburg / Randburg waarheen julle my kan verwys?
Wat reken julle is 'n goeie keuse teleskoop (vergroting en fabrikaat)? My begroting is so tot ongeveer R3,500. Enige spesifieke plekke in Johannesburg / Randburg waarheen julle my kan verwys?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... r_acc_rang
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 42_np_2013
Enige van daai sal werk vir wat jy wil doen
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 42_np_2013
Enige van daai sal werk vir wat jy wil doen
Last edited by Capt. Yoda on Tue Nov 05, 2013 1:26 pm, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 9x40_4plex
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 39x40mm_d1
en ook die
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... 39x40mm_d1
en ook die
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
EK het op my .308 die NS Diamond 3-9x42 (goedkoop en nie helfte die kwaliteit van die Leupold nie) gehad en self n SWB op 229m geklop en Gareth (JamesHW97k opie forum) n springbok met my roer op 254m.Roger wrote:Leupold VX1 3-9x40
Too many to mention ;-)
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Vir die afstand wat jy wil skiet is enige 3-9 vergroting reg.As jy dalk 'n paar rand moet spaar moet dit net nie op die mounts doen nie.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Baie dankie, ek is nou al op die regte spoor, hoop ek. Is my begroting van R3,500 realisties? Ek is 'n gewone biltongjagter en wil elke keer 'n goeie skoot skiet sonder om kwesbokke te loop en soek!!
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Jawin270 wrote:Baie dankie, ek is nou al op die regte spoor, hoop ek. Is my begroting van R3,500 realisties? Ek is 'n gewone biltongjagter en wil elke keer 'n goeie skoot skiet sonder om kwesbokke te loop en soek!!
Too many to mention ;-)
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Maar dit sluit nie mounts in nie.Roger wrote:Jawin270 wrote:Baie dankie, ek is nou al op die regte spoor, hoop ek. Is my begroting van R3,500 realisties? Ek is 'n gewone biltongjagter en wil elke keer 'n goeie skoot skiet sonder om kwesbokke te loop en soek!!
Too many to mention ;-)
-
martinf
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Enige iets sonder 'n paralaks verstelling. Mens wil nie in die bosveld as jy vinnig moet skiet raai hoe ver die bok weg is nie.
Dink met die Nikon Fieldmaster en redfield 3-9 x 40 kan jy baie naby aan jou R3500 kom met ringe en nog goeie scope besit met life time warranties.
Dink met die Nikon Fieldmaster en redfield 3-9 x 40 kan jy baie naby aan jou R3500 kom met ringe en nog goeie scope besit met life time warranties.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Dankie vir die advies. Lyk my die Nikon is 'n gewilde aanbeveling as ek so rond lees op hierdie forum.
Plekke om te koop nader-aan Joannesburg se kant?
Plekke om te koop nader-aan Joannesburg se kant?
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Met ander woorde geen wapenwinkel, ens in Johannesburg wat jul kan aanbeveel nie?
Groetnis.
Groetnis.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Martin gee hier baie goeie raad. Tot op 12x kry jy nog sonder parallaks verstelling - kyk vir sulke teleskope. Bosveld is vinnig skiet en wye veld van groot nut. My Ruger bosveld 30-06 het 2-7x32 op en ek het jare met my 375 met 1-3,5x20 gejag - hom vervang met 3-9x40.martinf wrote:Enige iets sonder 'n paralaks verstelling. Mens wil nie in die bosveld as jy vinnig moet skiet raai hoe ver die bok weg is nie.
Dink met die Nikon Fieldmaster en redfield 3-9 x 40 kan jy baie naby aan jou R3500 kom met ringe en nog goeie scope besit met life time warranties.
Burris, Nikon, Redfield ens met omruil waarborg is wat jy na moet loer. Kyk by Camdix, Potshot en die ander geweerwinkels wat hulle het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Jy kan Kalahari arms op Beyers Naude ook probeer vir n Leupold en n paar ander maar Safari and Outdoor se prys is beter en as jy nog nie by Safari and Outdoor was nie skuld jy jouself ditwin270 wrote:Met ander woorde geen wapenwinkel, ens in Johannesburg wat jul kan aanbeveel nie?
Groetnis.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Baie dankie vir die hulp! Ek sal dit nou verder ondersoek. Sien daarna uit om vlg jaar weer in die Bosveld te voet my biltong te loop en soek!!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Terloops, waar presies is die Nikon "support centre" in Johannesburg waarheen Nikon teleskope geneem kan word as daar probleme sou opduik?
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Jy kan KOLSKOOT in Strijdompark probeer. Ek weet hy hou Nikons aan, en ook 'n verskeidenheid ander.win270 wrote:Met ander woorde geen wapenwinkel, ens in Johannesburg wat jul kan aanbeveel nie?
Groetnis.
Address: 74 Wakis Ave, Strydompark, Randburg 2169, Gauteng, South Africa
Phone: +27 (0)11 793 1136
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Dis goeie nuus, baie dankie!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Hoe klink R2,555 vir 'n nuwe Nikon 3-9x40 teleskoop vir julle, ringe uitgesluit? Is dit 'n billike prys?
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Ek weet nie waar die support centre is nie maar is gevra om scope sommer by enige naaste agent in te gee, nie eers waar ek hom gekoop het nie. My teleskoop is nie herstel nie, ek het sommer n nuwe teleskoop ontvang... en n verkyker vir die wag... Ongelooflike diens van Nikon. Ek is n sucker vir goeie diens, het nog n Nikon aangeskaf.win270 wrote:Terloops, waar presies is die Nikon "support centre" in Johannesburg waarheen Nikon teleskope geneem kan word as daar probleme sou opduik?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Die herstel van 'n teleskoop word op min plekke gedoen. Weet dat Lynx wel so herstel fasiliteit het. Daarom het ek aanbeveel dat jy 'n omruil waarborg moet vat. Die R2555 vir die Nikon klink reg. Vat hom as hy mooi vir jou kyk en lyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Laat weet net eers watter 3-9*40 dit is.win270 wrote:Hoe klink R2,555 vir 'n nuwe Nikon 3-9x40 teleskoop vir julle, ringe uitgesluit? Is dit 'n billike prys?
Veiligheid eerste manne!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Teleskoop vir .308 Musgrave - bosveldjag
Dis 'n Nikon 3-9 x 40 BCD . . . skuus, nie papiere nou hier naby my vir enige addisionele inligting nie. Help dit?