Swarovski SLC 10x42 WB
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Swarovski SLC 10x42 WB
Middagsê,
'n Goeie vriend het my nounet geskakel en gevra of ek dalk sou belangstel om sy Swarovski SLC 10x42 WB oor te koop. (Hy het vir hom 'n nuwe ding aangeskaf van amper R30k , wat glo net een model onder die Hubble teleskoop is...)
Die rubber oogstukke is onlangs vervang en die verkyker is in 'n baie goeie kondisie. Hy wil R10k he. Ek sien hulle is omtrend R20k nuut so ek dink dit is 'n goeie koop? Het enige een van julle so 'n verkyker wat dalk bietjie terugvoer gee. Ek weet die Swarovski's se naam spreek vanself, maar dit sal ook lekker wees om eerstehandse terugvoer te kan kry.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Nee pieter,
Dis heeltemal te duur, en nie n great vêrkyker nie. Koop n nikon. Net vir interresantheid, wat is jou vriend se nommer, ek wil vir hom ietsie oor die oogstukke vra?
Nee, in alle erens. Gaan voort. Vriend van my het een, ook SLC10x42 en het op PH kursus met die horingskat my kamakura en sy Swaro vergelyk en dis asof iemand die lig aansit as jy daardeur kyk...

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Pieter Vorster wrote:Middagsê,
'n Goeie vriend het my nounet geskakel en gevra of ek dalk sou belangstel om sy Swarovski SLC 10x42 WB oor te koop. (Hy het vir hom 'n nuwe ding aangeskaf van amper R30k , wat glo net een model onder die Hubble teleskoop is...)
Die rubber oogstukke is onlangs vervang en die verkyker is in 'n baie goeie kondisie. Hy wil R10k he. Ek sien hulle is omtrend R20k nuut so ek dink dit is 'n goeie koop? Het enige een van julle so 'n verkyker wat dalk bietjie terugvoer gee. Ek weet die Swarovski's se naam spreek vanself, maar dit sal ook lekker wees om eerstehandse terugvoer te kan kry.
Klink vir my n goeie prys Pieter,
Volgende jaar gaan ons sterre kyk in die nag, en Springbokke so drie kampe verder met die jag!!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Nou praat jy!!Cor Jacobs wrote:Pieter Vorster wrote:Middagsê,

- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Ek het een van daardie Swaro SLC 10x42's en na my mening kan jy nie verkeerd gaan nie. Koop hom, jy sal hom geniet.
-
Agentkoos
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
R10k is nie te sleg vir die Swaro 10x42SLC nie. Weet nie of daar enige produk daarbuite is wat Swarovski vir helderheid klop nie
-
Rainbird
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Vir n gebruikte 10x42 SLC verkyker is 10k nogal duur.
Vir helderheid kan jy nie n Zeiss klop nie. Hulle het in 1979 al 90% lig inhame bereik en die naaste wat enige ander verkyker aan hulle kom is so 88%. Die nuwe Victory HT is tans die wereld rekord houer vir helderheid met 96%.
Vir helderheid kan jy nie n Zeiss klop nie. Hulle het in 1979 al 90% lig inhame bereik en die naaste wat enige ander verkyker aan hulle kom is so 88%. Die nuwe Victory HT is tans die wereld rekord houer vir helderheid met 96%.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Weet jy wat kos 'n nuwe SLC en wat kos die nuwe Zeiss? Die Zeiss is 'n baie groter verkyker, dus lomper vir jag. Koop daardie gebruikte een vir R10k. As hy in 'n goeie toestand is is dit 'n bargain.
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Hi
Ek sal daai man opneem op daai verkyker. Stuur my asb sy details
Groete
Ronald
Ek sal daai man opneem op daai verkyker. Stuur my asb sy details
Groete
Ronald
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Dankie manne.
Ek het besluit ek sal hom vat. My Budget is omtrend 10k en lyk nie of ek iets beter gaan kry in daardie prysklas nie- self al is hierdie ene 2de hands. Dan het hy darem splinternuwe oogrubbers ook op.
Ek verstaan hulle is 20k+ nuut?
Ek was met Rudib van die forum ook in kontak en sy woorde was dat dit my beste belleging vir my jagtoerusting ooit sal wees- hulle is 3 PH's wat almal die SLC 10-42 gebruik.
Pappabeer/Kopskoot- ek laat weet julle as ek nie gelukkig is nie, dan dan kan julle elkeen 'n 50% tyddeel koop vir 5k elk

Pieter Vorster wrote:Dankie manne.

Pappabeer/Kopskoot- ek laat weet julle as ek nie gelukkig is nie, dan dan kan julle elkeen 'n 50% tyddeel koop vir 5k elk![]()
Pieter, wyse besluit! Ek het n klompie van hulle, en teen daai prys koop ek defenetief nog. Geniet hom!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Ek het vandag my verkyker gekry!
Ek is baie tevrede en die beeldhelderheid is ongelooflik. Ek het hom natuurlik nognie deur sy passies gesit nie maar nog slegs hier voor die werk in die pad op en af bespied.
Ek sal ordentelik kom terugvoer gee as ek hom eers veld toe gehad het of as die poppie 3 blokke in die staat af weer topless op die balkon lê en tan....
Ek is baie tevrede en die beeldhelderheid is ongelooflik. Ek het hom natuurlik nognie deur sy passies gesit nie maar nog slegs hier voor die werk in die pad op en af bespied.
Ek sal ordentelik kom terugvoer gee as ek hom eers veld toe gehad het of as die poppie 3 blokke in die staat af weer topless op die balkon lê en tan....
- Cor Jacobs
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm
Re: Swarovski SLC 10x42 WB
Pieter Vorster wrote:Ek het vandag my verkyker gekry!![]()
Ek is baie tevrede en die beeldhelderheid is ongelooflik. Ek het hom natuurlik nognie deur sy passies gesit nie maar nog slegs hier voor die werk in die pad op en af bespied.
Ek sal ordentelik kom terugvoer gee as ek hom eers veld toe gehad het of as die poppie 3 blokke in die staat af weer topless op die balkon lê en tan....
Pieter,
n Man kan nie so Duur scope alleen toets nie, laat weet my dan ry ek spesiaal soontoe om saam met jou daai helderheid te toets.. Ek is seker ons gesamentlike opinie sal baie meer werd wees hier op die forum vir ander manne wat dalk ook so n scope wil aanskaf!
Dink jy die scope se beeld sal goed wees in die maanskyn ook...?