Millet Scopes

Post Reply
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Millet Scopes

Post by Francois Marais »

Sien S&O het n 6-25X56 met n 35mm tube, gee jou 140MOA adjustment, vir die prys van R7500.00.

Weet iemand dalk meer van hierdie scopes, klink te goed om waar te wees.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Danie Lombard .243

Re: Millet Scopes

Post by Danie Lombard .243 »

Laastekeer wat ek 'n Millet scope se prys gesien het was dit veel meer as R7500-00

Het iemand op die forum 'n Millet, weet iemand iets van 'n Millet af?
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Millet Scopes

Post by 243Songdaug »

Naand Francois/Danie.

So 'n tydjie terug die einste teleskoop in Kloppers raakgeloop, maar vir Net so oor die R11K.  Die teleskoop vertoon baie mooi, maar hy is 'n monster!  Groot, baie groot.

Hier op Kathu is 'n Oom wat twee 6-24x50 met 30mm tubes skiet.  Een op sy 308 Manlichter en een op 'n 243 Sako. Soos genoem, vertoon hulle baie mooi, hulle is baie helder en verstellings is positief.

Wat ek wel kan noem van die twee waarmee ek nou al gewerk het, is dat hulle my baie beindruk het, maar dat hulle soos enige "groot" teleskoop geneig is om op korter afstande geneig is om dof te wees op die baie ho? vergrotings.  Wat natuurlik normaal is, 24X is nie bedoel vir 100m groeperings skiet nie, dis om so ietwat beter te kan sien op verder afstande.  Wou op 'n stadium met 'n seer hart vir my ook een gekry het......sal dalk nog.

Ek weti of dit die kolf se ontwerp is en of dit die eyerelief is nie, maar die arme oom se oogbank bly flenters.

Groete.
Jaco
Last edited by Guest on Sun Sep 05, 2010 11:26 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Millet Scopes

Post by DSBW »

Francois

Ek het die scopes die eerste keer 4 jaar gelede by die WP kampioenskappe gesien, een van die deelnemers het 2 die land ingebring. Sederdien weet ek van enkele ouens wat dit probeer het in F-klas, met gemengde resultate en opinies.

Dit wat ek kan onthou is dat die ouens glad nie "impressed" is met die lang afstand werkverrigting nie, medium afstande nie te sleg nie, kort afstande so so. Ek het daardie tyd deur een gekyk op die baan, vanaf die 800 meter, moet erken dit was maar so so. Aan die ander kant is die prys nie sleg nie, en dalk het hierdie alweer heelwat verbeter.

Dink nie dit sal sleg wees vir jag nie, beslis beter as baie ander "cheapies". KWalitieit is, soos die meeste ander begrippe, relatief. 'n F-klas ou gaan hom vergelyk met Leupoldts, S&M's, Nightforce en Swarofski, in welke geval die scope uiters middelmatig gaan vertoon. As jy  egter appels met appels vergelyk dink ek dit gaan 'n goeie scope wees, die bietjie wat ek weet van hulle.

Groete

Dawie
Biltongjagter

Re: Millet Scopes

Post by Biltongjagter »

"Tom Millett later went to China to develop a line of riflescopes to be sold under the Millett name. To ensure the scopes would live up to the Millett name, Tom asked his brother, Jim Millett, to develop a computer system to test the quality of the optics."

"The Millett family sold their company to Bushnell, who continues to make Millett mounts, sights and other shooting items as part of the Bushnell family."

Glo nie Bushnell gaan hulle baie langer ophou met die Chinese teleskoop nie!
Post Reply