Tampanne

Jakkies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am

Re: Tampanne

Post by Jakkies »

Kalahari, dalk kan jy iets in die artikel kry wat jou van hulp kan wees, maar as ek die laaste stuk so lees, wil dit nie vir my lyk of jy gou antwoorde op jou probleem gaan kry nie. http://parasitipedia.net/index.php?opti ... temid=2830
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Tampanne

Post by mariusr »

Jy sal dan verseker blikkie moet koop! Jy spuit dit op jou skoene en klere werk soos 'n bom vir gewone bosluise!!!kan nie sien dat dit nie sal werk op daai kalahari goga nie!!!!
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Tampanne

Post by JK »

Dankie, manne ek het nou n beter plan van aksie as te vore.

Ek gaan eers n toets maak met die hoenders en kyk of hulle wil leer om die goed te skrop nie. Hulle skrop wel daar in die krale, maar meer by die vars mis vir ander goggas wat gelok word deur die mis.

As dit nie werk nie sal ek maar die fire fighter in span.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Tampanne

Post by Kalahari »

Ghillie man, dankie vir daardie stukkie inligting. Dit lyk my ek en JK sal maar net skade beheer moet toepas, hoogstens die graad van infestasie beperk. Die goed lewe dan nimmereindigend op niks :o
Ek het nou sommer ook die ander goggas ook tussen my hoenderhokke ge-eien, ook van die tampan soort. Die foto op die link wat jy gegee het lyk presies soos die goed wat ek tussen die hoenders sien.

JK, jy moet maar vir ons op hoogte hou asb hoe die geveerdes vorder met hulle aanslag. Op die werwe sal mens plan kan maak, maar in die veld lyk dit my na ander storie.

Wou nog bysê, ek het seker stuk van 30 mak tarentale wat ook in die kraal rondloop saam met die hoenders, maar dit lyk my nie het die gewenste uitwerking nie. Dalk vreet hulle, maar nie genoeg nie.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Tampanne

Post by JK »

Die werkers se die hoenders het agter gekom die gogg goggas ids daar maar weet nog nie of dit enigsins hond haar afmaak nie. So kan seker nie daar spuit op die oomblik nie.

Ek vermy maar die kraal eers, die klein kalfies loop maar saam veld toe, hulle moet maar net die kalwers gaan soek as die koeie die kalf wegsteek.
Post Reply