Wanneer kom die nuwe Hilux
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Wanneer kom die nuwe Hilux
Hallo Manne
Ek het al voorheen lekker bubbles gehap met Toyota met wanneer nuwe modelle uitkom. Nou ek weet die offisieele jaar is 2015 vir die nuwe Hilux in SA maar daar is baie wat se dat dit middel of einde 2014 gaan wees. Hierdie is dalk nie so ver gesog as jy in ag neem die verwagte wereld launch is Maart 2014 nie.
Ek oorweeg dit om na die Hilux te kyk omdat ek nommer een sukkel om n V8 DC Cruiser in die hande te kry en dit grief my om R700 000 uit te haal vir n bakkie. Wat se julle manne moet ek doen want my kop is al plat. Moet om vadersnaam nou nie hier kom en se koop n Ford of so iets nie! Al my karre moet dieselfde brand wees, dit is maar ongelukkig soos dit is met my. Ek oorweeg dit om oor te skakel in geheel na n ander brand maar wat? Ander brands moet dan kan voorsiening maak om my Land Cruiser 200 en FJ Cruiser ook te vervang. Wat de wetter gemaak?
Groetnis
Wouter

- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Wout,
Die Hilux DC 3.0 D-4D 4X4 DAKAR is meer as genoeg bakkie vir enigiemand.
Teen R486,400.00, vat jy die R200k wat jy spaar, en gaan jag 'n buffel en olifant.
Groete, en moet nou nie kop verloor nie!
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Wouter,
Jy het dan nou klaar daai mooi Ruger versameling van jou aangevul met 'n ander brand of twee
En die lyk of hulle mooi werk.
So probeer maar daai Ford man
Nee ek speel ek geniet die Ford Baie maar ek dink nie jy gaan die Cruiser Wen nie.....
Jy het dan nou klaar daai mooi Ruger versameling van jou aangevul met 'n ander brand of twee
So probeer maar daai Ford man
Nee ek speel ek geniet die Ford Baie maar ek dink nie jy gaan die Cruiser Wen nie.....
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Geno
Ek kry nie een nie en al kry ek een gaan ek nie ons gewone afslag kry nie. Wat dan as die nuwe Hilux uitkom dan verloor ek in my moer in as ek inruil. My kop is al suf gedink ou maat! JP jy weet wat hulle se van n vet vrou!
Groetnis
Wout

marthinus100
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Ekt einde 2011 vir my die heritage edition double cab gekoop. Bly maar by Toyota. Ek hoor die ouens sukkel maar vreeslik om hul ander maak voertuie te laat diens hierso.
Die hilux is nou nie so luuks soos ander bakkies nie of so mooi ens. Maar hy doen als wat ek wil he hy moet. En hyt nie nukke en kwale nie.
Ek hou van die kamera op sy klap. Werk lekker vir parkering en terug ry ens.
Eks nie spyt ekt myne gekoop nie. Wens net ons kan van die amerikaanse toyota bakkies hier kry..

Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
- Naas1
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed Oct 09, 2013 4:14 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Hallo Wouter
Is jy opsoek na enkel of dubbel kajuit cruiser
Is jy opsoek na enkel of dubbel kajuit cruiser
30-06 Brno, 308 Travelo, .22 Obrendorf Mauser, 12Br Browning, .177 CTR
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Wouter jy kan maar kyk na die Ford.Dit is 'n majic voertuig.
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Wat sê hulle oor 'n vet vrou Wouter?Wouter Roets wrote:Geno
Ek kry nie een nie en al kry ek een gaan ek nie ons gewone afslag kry nie. Wat dan as die nuwe Hilux uitkom dan verloor ek in my moer in as ek inruil. My kop is al suf gedink ou maat! JP jy weet wat hulle se van n vet vrou!
Groetnis
Wout
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Is regtig magic. Een oomblik ry hy, en die volgende oomlik k*k hy!ANDRIES wrote:Wouter jy kan maar kyk na die Ford.Dit is 'n majic voertuig.
Goed, beter, 6millimeter!
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Nogal nie.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Dit hang seker af hoe gereeld jy voertuie ruil, as jy hulle vir 5 jaar ry, koop maar nou of net voor die nuwes kom en die specials uitkom. As jy elke 2 jaar streng ruil wag maar geduldig vir n nuwe shape oor 9 maande.
Ek was nog nie op n plek in S.A wat my Hilux nie kon doen wat 'n cruiser sou doen nie. Jy spaar baie geld en het n gemaklikker ride. Boet n bietjie in op die Boer ego wel
Ek was nog nie op n plek in S.A wat my Hilux nie kon doen wat 'n cruiser sou doen nie. Jy spaar baie geld en het n gemaklikker ride. Boet n bietjie in op die Boer ego wel
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Wouter, ek sien ons diep gesprek in die vroee oggendure by die kursus, begin nou vrugte dra en dat jou kop geswaai is! Van Bloubul na WP ondersteuner en nou van Toyota na Isuzu!
Jy begin regkom!
As daai laaste Toyota nou van jou werf af is, bel jy en dan kom kuier ek onmiddellik! Dan is ek en jy mos nou lekker likeminded en gaan ons mos lekker gesels!
Jy begin regkom!
As daai laaste Toyota nou van jou werf af is, bel jy en dan kom kuier ek onmiddellik! Dan is ek en jy mos nou lekker likeminded en gaan ons mos lekker gesels!
Aim small, miss small
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Ek is verseker hier saam met Dewald. As jy kan, wag n paar maande. As jy nou die afgeskryfde voertuig moet vervang, kyk na n twee jaar oue tweedehandse Hilux, wat klaar reeds sy innitiele aankoop waarde verloor het, en verkoop hom dan wanneer die nuwe Hilux uitkom. In nege maande gaan daai Hilux nie R10k verloor nie, al is daar n nuwe shape op die mark.Pappabeer wrote:Dit hang seker af hoe gereeld jy voertuie ruil, as jy hulle vir 5 jaar ry, koop maar nou of net voor die nuwes kom en die specials uitkom. As jy elke 2 jaar streng ruil wag maar geduldig vir n nuwe shape oor 9 maande.
Ek was nog nie op n plek in S.A wat my Hilux nie kon doen wat 'n cruiser sou doen nie. Jy spaar baie geld en het n gemaklikker ride. Boet n bietjie in op die Boer ego wel
Veiligheid eerste manne!
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Dis n Cruiser ding......julle sal nie verstaan nie....
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Stem 110% Saam!!!!!!!Stefan764 wrote:Dis n Cruiser ding......julle sal nie verstaan nie....
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
( Dis n Cruiser ding......julle sal nie verstaan nie....) dis om soos 'n BlouBul ondersteuner te wees, niemand verstaan nie....
Of 'n Hilux te ry, enige ToyvandieOuta.
Of 'n Hilux te ry, enige ToyvandieOuta.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Sien Chevvy SS verstaan ook nie!!!!! LOL
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Ja nee, net n perd kan n man so af gooi 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Hallo Naas
Dit is n double cab cruiser waarna ek opsoek is. Die probleem is dat die handelaars waarmee ons besigheid doen nie van die bakkies in die hande kan kry nie en die handelaars wat wel het of gaan kry in die nabye toekoms nie bereid is om ons normale afslag te gee wat ons gewoonlik kry nie.
Lyk my ek gaan maar n gewone Hilux DC 4x4 vat en wag vir die nuwe model of wanneer die beskikbaarheid van die Cruisers n bietjie beter is.
Aan al die manne wat sinlike antwoorde gegee het se ek opreg, baie dankie, aan die res wat oor enige ander voertuig as n Toyota gepraat het geniet julle rydinge en dit sluit die vet vrouens in!
Groetnis
Wouter
PS Eugene ek kan nie glo jy praat nog oor daai Volksvreemde span van jou nie! Dit lyk my jou uitnodiging om by my te kom kuier moet maar nog so paar jaar oorstaan aangesien daar nog net Toyotas op my werf vir n paar jaar gaan wees. Die plaas het ook net Land Cruisers so dit gaan ook nie n opsie wees nie.

Vat so!! hahahahahahahahahahahaha!!!Wouter Roets wrote:
PS Eugene ....Dit lyk my jou uitnodiging om by my te kom kuier moet maar nog so paar jaar oorstaan aangesien daar nog net Toyotas op my werf vir n paar jaar gaan wees.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Ai, Wouter, het so uitgesien om saam jou om kameeldoringvuurtjie te sit... Maar vir die dinge wat werklik die moeite werd is, moet mens maar bietjie wag, nè!Wouter Roets wrote:
PS Eugene ek kan nie glo jy praat nog oor daai Volksvreemde span van jou nie! Dit lyk my jou uitnodiging om by my te kom kuier moet maar nog so paar jaar oorstaan aangesien daar nog net Toyotas op my werf vir n paar jaar gaan wees. Die plaas het ook net Land Cruisers so dit gaan ook nie n opsie wees nie.
PS- Cruisers sal ek oorsien, het darem self 'n 1982 Cruiser met 980 000 km op die clock!
Aim small, miss small
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Wouter,
Bestel vir jou die Toyota wat jy wil he en laat hulle vir jou n V8 LEXUS motor insit. Weet net nie of jy hom in diesel of petrol kry nie. die motors is beskikbaar by plekke soos Engines for africa
Groetnis
Gert

.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Almal skreeu koop Toyota koop Toyota. So le ek in die Hospitaal met 'n gebrekte rug na 'n wedren ongelukkie. My vrou se sy weet van 'n Fortuner met 8000km op. EK koop hom sommer so uit die hospitaal en is mos so bly ek kan nog loop ek sou enige iets doen. Almal verseker my as ek eendag die Toyota wil verkoop gaan die mense Q staan by my deur.
Wel 3 maande later kan ek hom weggee vir 'n swak prys so ek gaan vir die res van my lewe 'n Toyots Fortuner 3.0 in wit ry.....
Nee wat Wouter Blou Bulle, PMP en Hilux.... dit raak oud vernuwe Ford, WP en Barnes.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
"Wouter, ek sien ons diep gesprek in die vroee oggendure by die kursus, begin nou vrugte dra en dat jou kop geswaai is! Van Bloubul na WP ondersteuner en nou van Toyota na Isuzu!
"
Wouter ek wil nou nie uit my beurt uit praat nie, maar smaak my Eugene het jou dop gespike....
Wouter ek wil nou nie uit my beurt uit praat nie, maar smaak my Eugene het jou dop gespike....
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Wanneer kom die nuwe Hilux
Ek het hierdie in 'n epos ontvang, vir die wat nog nie die nuwe shape gesien het nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.