Nog 'n uitgloei "gadget"

Post Reply
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by vriell »





Ook soos ander manne gesukkel om regte spoed te handhaaf met die ronde wiel soort en toe so bietjie op die net gaan kyk en die patent ge"copy" en my eie gemaak van "scrap" wat in die motorhuis rondgelê het . Niks bygekoop nie. Is dalk stadiger maar werk net so goed.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Geno »

Oom Len,
Die video wil nie speel nie. Hy gee die volgende boodskap:
"This Video is private"
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by vriell »

Geno,Sorry jong.Nuut met die oplaai.Het nou aan die settings verander.Laat weet asb.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Pvdw »

Dis nou 'n bakgat plan. Ek neuk nog met die boor rond on uit te gloei. Ek gaan so bietjie hier met die oog steel.

Dankie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13663
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Geno »

Oom Len.
Hy werk nou.
Bakgat plan!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Alwyn »

Baie goeie plan..

Aai die naweek gan weer tekort wees vie alles :laugh:
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by vriell »

Pvdw , Jy is welkom.Ek het ook maar op die net met die oog gesteel . Myne is net meer "lomp" as die een op die internet maar werk dieselfde en hoef ook niks te gaan koop het nie. Ek sou ook een van die elektriese skroewedraaiers gebruik het maar kom toe af op 'n ou dc motor wat net stof opgegaar het. Die elektriese skroewedraaier behoort ook lekker te werk.Sy spoed is mooi vir soiets. Het my so 4 ure geneem , soeke na komponente tussen alles in die motorhuis ingesluit. Ek doen sommer gougou so 100 doppe .

Geno , dankie . Hy werk regtig goed . Hier is die oorspronklike een wat ek so bietjie ge"modify" het om aan te pas by my komponente wat ek tot my beskikking gehad het.


Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Jean Marais »

Hallo Len

Ek dink jy't 'n baie oulike en praktiese gereedskapstuk hier gebou. Goeie idee.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Chris Swart »

Die plan lyk of hy lekker vinnig kan werk.
Een ding pla my egter op al die videos...
Hoe weet die ouens hoe lank om die dop warm te maak sonder 'n indicator soos tempilac?
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by vriell »

Jean Marais wrote:Hallo Len

Ek dink jy't 'n baie oulike en praktiese gereedskapstuk hier gebou. Goeie idee.

Groete
Is die tegnologie ie. internet....en forums nie wonderlik nie....
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Jean Marais »

Hallo Chris

Om 'n spesifieke tyd te kopel is nie altyd moontlik nie, want vlamhitte speel 'n baie belangrike rol. Hoe hoër die vlamhitte, hoe korter die uitgloeityd, en andersom. Verkillende tipes doppe speel ook 'n rol, want wand-diktes verskil, en doppe met dikker wande, soos bv PMP, neem langer om behoorlik uitgegloei te word.

Kyk ook wat hierdie uittreksel sê oor temperatuur.

Cartridge brass is 70 percent copper and 30 percent zinc. It begins to anneal at precisely 482 degrees F. Research revealed 700 degrees F. was the low and 800 degrees F. the high to successfully anneal cartridge case necks. Once quickly brought to that temperature then air-cooled proper case neck annealing is achieved. The goal was to devise a method to bring the case necks to the center of the proper temperature range, 750 degrees became the target temperature. At the same time heating the case head to less than 450 degrees would retain the brass temper in this area. This became the parameters to successfully anneal the case necks.

Met dit in gedagte, is dit bykans onmoontlik om net op tyd te wil werk, want te koud, gaan die dop verhard bly, en te warm, gaan hy te sag word. Tempilaq 750 grade F is 'n MOET as jy akkuraat wil doppe uitgloei. Dit sal ook verseker dat al die doppe presies dieselfde uitgegloei is, en sal 'n besliste invloed hê op akkuraatheid.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by vriell »

Jean , jy is reg sonder tempilaq sal jy nie die regte tyd kan vasstel nie. Wat ek gesien het op die internet is dat vir die eerste een wat jy doen smeer jy tempilaq aan en tel ...1duisend...2duisend...ens totdat die tempilaq vir jou wys dis voldoende dan gaan jy voort deur net te tel ( hoe lank dit geneem het ) sonder om weer aan te smeer . Ek kon nie tempilaq in de hande kry nie en het maar met ou 303 army doppe geoefen totdat ek gevoel het dis nou reg volgens die kleur op die doppe ( hoop ek ) en sal weer daarna kyk as ek tempilaq in die hande kan kry.Vie eers moet dit nou maar doen. Hier by ons S&O in STB bly die goed uitverkoop.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Jean Marais »

Len, as gevolg van die skaarste van tempilaq doen ek dit ook so. Dis maar die naasbeste metode, en dit werk nie te sleg nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Nog 'n uitgloei "gadget"

Post by Chris Swart »

Dankie vir daai info Jean.
Ek het self nog nie probeer uitgloei nie. Ek het tot nou toe net handwapen, en 308 met pmp (lees goedkoop) doppe gelaai, so ek het dit nie nodig geag nie.

Ek gaan eersdaags 375Ruger begin laai. Sy doppe is vrek duur en skaars, so ek moet begin dink aan planne om dop lewe te rek.
Ek maak maar net sobietjie inligting en raad bymekaar oor die korekte uitgloei prosedure.
(Ek wil dit ook nie verkeerd doen, en doplewe verkort nie...)
Post Reply