Sightron SIII paralaks
-
fredd
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm
Sightron SIII paralaks
Ek wil graag by iemand met 'n Sightron SIII hoor hoe ervaar julle sy paralaks verstelling.
Is sy verstelling redelik maklik of moet hy gereeld verstel word soos wat jy die afstande verander?
As jy bv die paralaks mooi instel op 280m sal jy nog gemaklik op 200m kan sien sonder om hom weer te stel?
(Ek weet die paralaks is veronderstel om op elke afstand aangepas te word sodat die kruis nie beweeg tov die teiken nie.)
Dan die tweede vraag: Is die 8-32 meer gevoelig vir paralaks oor verskillende afstande as die 6-24 model, of is hulle maar dieselfde in daai opsig?
Ek sou dink hoe groter die vergroting waarmee jy kyk hoe meer gereeld sal die paralaks aangepas moet word. Of is dit nie die geval nie.
Fred

- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Hallo Fred
Ek is nog geen "ekspert" nie, maar dink wat jy sê rakende die 6-24 en 8-32 is waar. Ek het die 6-24, en sal hopelik Saterdag met hom kan gaan speel.
Sal jou laat weet. Het jy so teleskoop in die oog? Laat weet gerus waarna jy kyk, dan gee kry ek vir jou 'n prys daarop.
Groete
Douw
Ek is nog geen "ekspert" nie, maar dink wat jy sê rakende die 6-24 en 8-32 is waar. Ek het die 6-24, en sal hopelik Saterdag met hom kan gaan speel.
Sal jou laat weet. Het jy so teleskoop in die oog? Laat weet gerus waarna jy kyk, dan gee kry ek vir jou 'n prys daarop.
Groete
Douw
-
fredd
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Ja asb Douw dit sal gaaf wees.
Ek oorweeg dit sterk om een aan te skaf. Ek glo die 6-24 is seker meer as genoeg om ook die langer afstande aan te vat (600m-700m) maar ek dink nie daar is 'n groot verskil in pryse tussen hom en sy 8-32 weergawe nie.
Ek dink die 6-24 het ook bietjie meer interne verstelling as die 8-32, maar die 32 het weer 'n groter 56mm lens voor.
Fred
Ek oorweeg dit sterk om een aan te skaf. Ek glo die 6-24 is seker meer as genoeg om ook die langer afstande aan te vat (600m-700m) maar ek dink nie daar is 'n groot verskil in pryse tussen hom en sy 8-32 weergawe nie.
Ek dink die 6-24 het ook bietjie meer interne verstelling as die 8-32, maar die 32 het weer 'n groter 56mm lens voor.
Fred
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Hallo Fred
Na watse kruishaar kyk jy?
Stuur my jou e-pos adres per pm, dan stuur ek vir jou bietjie inligting.

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Sightron SIII paralaks
Fred, ek kan jou nie help met die verskil tussen die 6-24 en 8-32 se paralaks nie, want ek het net laasgenoemde. Wat ek wel kan sê, is dat daar nie spesifieke merke is vir die paralaks nie. Ek gaan toets maar op elke afstand, totdat die kruishaar stil is as ek my kop beweeg en dit is selde op die aangebringde merkies... Ek wil nog nuwe merkies maak, sodat ek nie elke keer die paralaks hoef te toets nie.
Ek dink nie op die korter afstande gaan die paralaks 'n reuse verskil maak nie, dit hang seker maar af van die akkuraatheid wat jy verlang!

Aim small, miss small
-
fredd
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Douw pm gestuur.
Eugene, ja die strepies is goed genoeg. Soos jy sê maak jy sommer jou eie merkies. Ek het oorspronklik gedink om vir die 6-24 te gaan maar nou wonder ek oor die 8-32. Wil hom ook gebruik vir veldskiet maar nog steeds nou en dan bietjie kan speel met die langer afstande....
Eugene, ja die strepies is goed genoeg. Soos jy sê maak jy sommer jou eie merkies. Ek het oorspronklik gedink om vir die 6-24 te gaan maar nou wonder ek oor die 8-32. Wil hom ook gebruik vir veldskiet maar nog steeds nou en dan bietjie kan speel met die langer afstande....
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Sightron SIII paralaks
Fred, ek dink die 6-24 gaan beter werk vir algemene jag EN lang afstand skiet. Ek het die groter een gekoop omdat ek dit uitsluitlik gaan gebruik net vir LA skiet en jag. Maar op warm dae met baie mirage, gebruik ek selde 'n groter vergroting as 15 tot op 600m. As jy net een keer wil koop, sal ek die 8-32 koop, maar jy gaan waarskynlik bietjie sukkel in bosveld toestande met die 8 vergroting...
Aim small, miss small
-
fredd
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Ja ek dink nie ek gaan hom eintlik in bosveld (korter) afstande vir jag gebruik nie. Het 'n ander bosgeweer in die pyplyn 9.3x62 
My gevoel is daar is nie so 'n baie groot verskil tussen 6 en 8 minimum nie maar van 24 na 32 kry jy baie ekstra by.
Ek sal maar nog bietjie moet slaap en dink oor die een.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Sightron SIII paralaks
fredd wrote:Ek wil graag by iemand met 'n Sightron SIII hoor hoe ervaar julle sy paralaks verstelling.
Is sy verstelling redelik maklik of moet hy gereeld verstel word soos wat jy die afstande verander?
As jy bv die paralaks mooi instel op 280m sal jy nog gemaklik op 200m kan sien sonder om hom weer te stel?
(Ek weet die paralaks is veronderstel om op elke afstand aangepas te word sodat die kruis nie beweeg tov die teiken nie.)
Dan die tweede vraag: Is die 8-32 meer gevoelig vir paralaks oor verskillende afstande as die 6-24 model, of is hulle maar dieselfde in daai opsig?
Ek sou dink hoe groter die vergroting waarmee jy kyk hoe meer gereeld sal die paralaks aangepas moet word. Of is dit nie die geval nie.
Fred
Fred die 8-32 sal imo meer sensitief wees.Met n 32x vergroting kan jy die scope tot n mate gebruik om te "range" as jy wil omdat hy so sensitief is.
Op 32x sal die image bq blur en dan sodra jy die wiel tot op die regte afstand draai sal hy in focus in spring (so kan jy jou afstand ook bepaal)
Met die 6-24 kan jy die paralax op 100 gooi en hy behoort nie baie uit te wees tot op 200m nie.
Die groot vergroting scopes nl 32x, 50x, 60x en 80x vat n bq tyd om gewoont te raak maar dan werk hul vir my baie lekke.Miskien nie vir jag nie maar op die baan verseker.
Die groot sightron scopes werk baie goed vir tyken skiet omdat hulle n baie sensitiewe eye relief het, as jou kop nie mooi agter hom is nie is die beeld donker.
Vir n jag scope wat ook op die baan gebruik word nou en dan sal ek die 6-24 bo die 8-32 kies
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Ek is baie bly ek het die 6-24 wat vir my die ekstra verstelling gee. Ek het al verby 1050m met hom geskiet en hy werk goed.
As ek weer moet kies vat ek weer die 6-24. Ek het ook n 8-32 Nightforce en di ekstra vegroting is lekker maar nie nodig nie en ek vat eerder die ekstra verstelling bo die vergroting.

Sien julle nou hoe baie ek die 6-24 like ... x3 
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Blikskottel, hy moet "tripple" so lekker as die 8-32 wees!!
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8017
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Dit is hoe hakkerig die coverage hier in DeAar is 
-
fredd
- Full Member

- Posts: 204
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:14 pm
Re: Sightron SIII paralaks
Ja lyk my nie daar is regtig 'n verkeerde besluit tussen die twee nie. Ek moet seker maar net besluit waarvoor ek hom die meeste gaan gebruik.
Ek het tans 'n 6.5-20 scope op my 22-250 wat baie lekker werk vir waarvoor ek hom gebruik. Dis seker ook hoekom ek meer vir iets 'anders' soos na die 8-32 se kant toe gedink het.
Dankie vir julle almal se insette! Ek sal laat weet watter een ek gekies het. Ek gaan eers weer by die atlantis veldskiet 9 nov so bietjie deur 'n paar manne se scopes loer en dan besluit.
groete

KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Sightron SIII paralaks
Arnold wrote:Ek is baie bly ek het die 6-24 wat vir my die ekstra verstelling gee. Ek het al verby 1050m met hom geskiet en hy werk goed.
As ek weer moet kies vat ek weer die 6-24. Ek het ook n 8-32 Nightforce en di ekstra vegroting is lekker maar nie nodig nie en ek vat eerder die ekstra verstelling bo die vergroting.
Jy kan dit weer sê Arnold
-
deonjvan
- Full Member

- Posts: 106
- Joined: Thu Sep 20, 2012 1:29 pm
Re: Sightron SIII paralaks
I have the 10-50 x 60 with long range MOA illuminated reticule, at lower magnification there isn't as much need to adjust paralax, but it higher magnification its constant for range changes.