Zeiss 8 x 56

Post Reply
Francios Heins
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm

Zeiss 8 x 56

Post by Francios Heins »

Hi Kan die slim manne vir my bietjie raad gee asb ek het so 3 jaar terug vir my 'n Zeiss 8 x 56 teleskoop op my Winchester 308 gesit nadat die Lynx 8 x56 wat op hom was 'n paralax fout gehaad het.

Ek was by 'n groot geweer winkel waar hulle vir my 'n paar scopers opgestel het om deur te kyk en vir my was die zeiss die "helderste" om deur te kyk.

Die scope het ook nie 'n volle kruishaar nie maar "n ronde kolletjie (wat jy kan rooi verlig in die nag)

Ek het so jaar terug gaan Springbok skiet in die Karoo en my verste ram was op (420 tree) ek besit nog nie 'n range finder nie. maar ek sukkel bietjie op daai afstand om akuraat te mik (patroon val baie)

Nou my vraag is dit die korrekte scope vir die geweer of le die fout by die moer agter die roer?, indien nie waarvoor is die scope eintlik gemaak?

Ek sien uit na die ervare manne se reaksie.

Groete
Francios Heins
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zeiss 8 x 56

Post by Capt. Yoda »

Is dit die Classic Diatal?
Die Diatal is n baie goeie scope maar hy is ma gemaak vir bosjag in Europa waar dit donker is, glas is baie helder met die vaste vergroting waar hulle nie vreeslik ver skiet nie.Die iluminate kol help ook met die donker agtergrond.
Vir die lang karoo skote moet jy dalk na n scope met bq meer vergroting kyk.4.5-14x50, 4-16x50, 6.5-20x50 of so iets
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Francios Heins
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm

Re: Zeiss 8 x 56

Post by Francios Heins »

Baie dankie Capt. Obliviuos

ek het so iets vermoed want as ek na die springbok kyk op so ver afstand dan is dit of die bok (se groote) en die kruishaar uit verhouding is.

sal maar sien wat ek kan doen oor die saak maar baie dankie vir jou terugvoer.

groete
Francios
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Zeiss 8 x 56

Post by Arnold »

Francois, wat bedoel jy met jy sukkel om akuraat te mik?

Soos ek jou probleem verstaan gaan 'n groter vergroting scope nie die antwoord wees nie maar dat jy eerder een moet kry met 'n kruishaar wat afmik merkies op het of jy moet jou scope se elevasie stel vir die ver skote. Hoe jy dit ookal wil doen, jy gaan die korrekte afstand kort so ek sou sê 'n rangefinder gaan meer beteken as 'n nuwe scope.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zeiss 8 x 56

Post by Capt. Yoda »

Arnold wrote:Francois, wat bedoel jy met jy sukkel om akuraat te mik?

Soos ek jou probleem verstaan gaan 'n groter vergroting scope nie die antwoord wees nie maar dat jy eerder een moet kry met 'n kruishaar wat afmik merkies op het of jy moet jou scope se elevasie stel vir die ver skote. Hoe jy dit ookal wil doen, jy gaan die korrekte afstand kort so ek sou sê 'n rangefinder gaan meer beteken as 'n nuwe scope.

Arnold is 100% reg ek het nie mooi gelees nie.
Die vergroting gaan nie baie vir jou doen as jy nie weet hoe ver jy skiet nie.Onthou alle koels begin val sodra dit die loop verlaat so as jy nie weet hoe ver jy skiet nie gaan geen scope jou kan help nie.

Vat n Saterdag dan gaan sit jy op die baan met tykens op 100m, 200m en 300m en skiet na hulle almal om te kyk waar jy koels land op die tyken.Maak dan n nota van dit en kyk hoeveel "clicks" jy op elke afstand moet op stel todat jy weer op die plek skiet waar jy mik.Maak dan n nota van die "clicks" (click chart) en plak dit op jou geweer.As jy dan n range finder het kan jy so bepaal waar jy moet skiet of hoeveel jy moet stel om jou "teiken" te skiet waar jy mik.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Francios Heins
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm

Re: Zeiss 8 x 56

Post by Francios Heins »

Dankie Manne

sien dis hkm ek die site like mens kry praktiese raad ! Dankie vir julle terugvoering ek waardeer dit baie ja ek moet baie meer skiet om vertroud met my roer te raak ! 'n 308 in die regte hande kan mos ver gooi of hoe? Nog 'n vraag ek beplan om (as my skip inkom) volgende jaar 'n eland te gaan skiet kan 'n 308 dit doen ? Was nou die dag in 'n grespek met 'n man wat my gese het 'n 308 is beitjie lig vir die job, wat dink julle?

groete
Francios
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Zeiss 8 x 56

Post by Arnold »

Ek skiet gemaklik tot op 800m met my 308, so ja hy kan vêr skiet (Vir die skote en verder gebruik ek eintlik my 260 AI wat ek spesifiek vir doel laat bou het.) Jou spoed, BC en koeël ontwerp gaan bepaal hoe vêr jy akuraat gaan kan skiet met jou 308.

Oor die Eland skiet met 308 kan daar seker baie gesê word. Ek het nie self ondervinding hiermee nie maar vele ander het dit al met sukses gedoen. Jou skoot plasing is net baie belangrik, soos dit seker maar altyd is.
Francios Heins
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Tue Oct 15, 2013 2:16 pm

Re: Zeiss 8 x 56

Post by Francios Heins »

dankie Arnold ja ek wil graag leer om akkuraat te kan skiet tot op so 400m vir eers (as jy 'n beginner is moet jy seker realisties wees ne)
Post Reply