Voorbriek op 'n hilux wat sleep
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Middag manne
Ek het so bietjie raad nodig by die kenners. So paar maande terug het daar 'n aadrige skuurgeluid by my regter voorwiel uitgekom. Ek't toe ondersoek ingestel, dit het gelyk of die discs al so uitgesluit is dat die briekskoene teen die disc begin druk sonder dat ek die pedaal trap. Ek vervang toe die discs en die geluid is weg, maar my brieksoene skuur toe nog so effens teen die nuwe disc maar ek't gereken dit is maar net omdat dit "ou" skoene teen 'n nuwe disc is. So in die week begin die aardige skuur geluid weer terugkom. Ek haal toe die voorwiel af en sien dat die skoene nie ten volle los nie. Ek weet dat die skoene aan die disc moet raak maar die disc word nou gebriek en dis die oorsaak van die skuur geluid. Alles raak ook ongelooflik warm. Ek't 'n vermoede die probleem le by die calipers, aangesien my skoene nie genoeg "release" nie.
Sal dit baie waardeer as iemand my dalk in die regte rigting kan beduie.
Groete

- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Kyk bietjie na die boute wat die caliper vas hou oor die disk of hulle vry deur die caliper skuif.
As daar roeserigheid op is dan release hulle nie behoorlik nie.
Word dit nie erger as jy draai nie?
Dan kan dit wees dat die boute vuiligheid op het.
Skuur skoon en sit bietjie ghries op wat hitte kan weerstaan.

-
Chrisjan
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Ek ken hierdie probleem, ek het dit op my Ranger, Jetta en Mx6 daai jare gekry.
Jou brakefluid tel fog op. Dit word stoom as dit warm word en veroorsaak die hoë druk. Jou brake master is aan jou regter kant, so daardie brake hose is die kortste. Die langer hoses absorbeer die druk beter. Jy sal jou hele briek systeem se brakefluid moet flush. Master, hoses en caliper.
Die beste manier is om dit met druk vanaf die caliper na die master toe te boei.
Gebruik goeie Dot4 brakefluid wat uit 'n geseelde bottel kos. Op die BMW se maintenance schedule moet dit elke 2 jaar vervang word
Jou brakefluid tel fog op. Dit word stoom as dit warm word en veroorsaak die hoë druk. Jou brake master is aan jou regter kant, so daardie brake hose is die kortste. Die langer hoses absorbeer die druk beter. Jy sal jou hele briek systeem se brakefluid moet flush. Master, hoses en caliper.
Die beste manier is om dit met druk vanaf die caliper na die master toe te boei.
Gebruik goeie Dot4 brakefluid wat uit 'n geseelde bottel kos. Op die BMW se maintenance schedule moet dit elke 2 jaar vervang word
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
HennieHennieC wrote:Kyk bietjie na die boute wat die caliper vas hou oor die disk of hulle vry deur die caliper skuif.
As daar roeserigheid op is dan release hulle nie behoorlik nie.
Word dit nie erger as jy draai nie?
Dan kan dit wees dat die boute vuiligheid op het.
Skuur skoon en sit bietjie ghries op wat hitte kan weerstaan.
Bedoel jy die pennetjies wat deur die caliper skuif wat die skoene in plek hou? Nee dit word darm nie erger as ek draai nie.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
ChrisjanChrisjan wrote:Ek ken hierdie probleem, ek het dit op my Ranger, Jetta en Mx6 daai jare gekry.
Jou brakefluid tel fog op. Dit word stoom as dit warm word en veroorsaak die hoë druk. Jou brake master is aan jou regter kant, so daardie brake hose is die kortste. Die langer hoses absorbeer die druk beter. Jy sal jou hele briek systeem se brakefluid moet flush. Master, hoses en caliper.
Die beste manier is om dit met druk vanaf die caliper na die master toe te boei.
Gebruik goeie Dot4 brakefluid wat uit 'n geseelde bottel kos. Op die BMW se maintenance schedule moet dit elke 2 jaar vervang word
Raak vog 'n probleem as die brakefluid te oud word?
Groete
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Nee dit is die boute wat die calopers vas hou daar waar die pistontjie in beweeg.
Hulle het gewoonlik 'n bussie met rubber oor. Die bussie maak dat die caliper skuif soos die briek blokkies af werk. As daardie bussies droog is dan skuif die calipers nie lekker nie en die briek blokkies werk of die buitenste een of die binneste een werk meer af agv die caliper wat vas sit op die bussie en nie wil skuif nie. So as hy nie wil skuif nie dan release die remme ook nie behoorlik nie.
As dit hitte was wat invloed het op vogtigheid in die systeem sal dit gebeur net as die voertuig warm gery is.
Skuur die remme van die oggend af met eerste weg trek of net as die voertuig warm is?
Hulle het gewoonlik 'n bussie met rubber oor. Die bussie maak dat die caliper skuif soos die briek blokkies af werk. As daardie bussies droog is dan skuif die calipers nie lekker nie en die briek blokkies werk of die buitenste een of die binneste een werk meer af agv die caliper wat vas sit op die bussie en nie wil skuif nie. So as hy nie wil skuif nie dan release die remme ook nie behoorlik nie.
As dit hitte was wat invloed het op vogtigheid in die systeem sal dit gebeur net as die voertuig warm gery is.
Skuur die remme van die oggend af met eerste weg trek of net as die voertuig warm is?
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Hennie
Dankie nou verstaan ek beter. Ja hy skuur sommer van die begin af.
Dankie nou verstaan ek beter. Ja hy skuur sommer van die begin af.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Musgrave270
As die bussies geroes is moet dit skoon geskuur word met fyn skuurpapier.
Die ghries moet hitte kan hanteer anders werk dit net weer vir 'n rukkie.

Ja, ouderdom is die problem op die brakefluid. Maar is dit skuur as jy skaars 200m gery het is dit die skuif bussies wat vas geroes is. Brakefluid sal binne 1km warm genoeg wees om te bind. Dit sal voel asof die handbriek op is.
Groete en Sterkte
Chrisjan
Groete en Sterkte
Chrisjan
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Dankie vir die raad. Ek sal die calipers afhaal en oopmaak. Het op die 4x4 Hilux forum vanoggend ook bietjie opgelees. As die skoonmaak nie werk nie sal ek maar 'n service kit aanskaf of dalk maar die calipers vervang as die probleme nie weggaan nie.
Groete
Ruan
Groete
Ruan
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Ruan het jy reg gekom met Toy se brieke?
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Môre Hennie
Nog nie kans gehad om daaraan te werk nie. Het wel gister oggend die suiertjies goed met Q20 gespuit, en dit het defnitief 'n verskil gemaak, so die fout is maar 'n vuilgoed of roes. Die rubbertjies is al lank stukkend so die stof het seker maar net teveel begin pak. Sal dit oor 'n naweek aanpak, ek kan nie sonder 'n voertuig in die week sit nie. Net vir die intressantheid, Toyota vra vir 'n kompleet nuwe caliper +- R5000 waar Midas omtrent R950 vra. Dis darm maar 'n groot verskil.
Sal jul op hoogte hou.

Ruan het jy al die Toy uit gesort?
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Voorbriek op 'n hilux wat sleep
Môre Hennie
Ja dankie, dit lyk so. Het die calipers afgehaal. Dit was inderdaad die bussies wat vuil was. Het dit net skoon geskuur.
Dankie vir die hulp.