Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Hallo almal.
Ek soek raad asb, ek is opsoek na n teleskoop met n balistiese kruishaar wat goed of maklik met n 308 se trajek gaan werk. Ek hou van die ou Swarovski TDS4 reticles, maar nuwe Brh of brx is te besig. Die waarna ek kyk en wat vir my goed lyk is die Rapid Z600 van Zeiss, die Boone&Crocket van Leupold, die E1 van Burris. Is daar ander waarvan julle weet of wat julle reeds gebruik en jul ervaring deel.
Ek soek net iets vir maksimum 400-500m op die skietbaan en 300m in jagveld, ook soek ek nie juis iets met vergroting meer as 16x nie.
Groetnis

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
die A4-300 van Swarovski is bitter goed.
die brh is besig, maar werk goed vir 308, omdat hy so baie mik het.
die E1 se kruis is baie fyn, en werk nie vir nag skiet nie, maar lekker in dag

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
More, kyk na die Zeiss Hd5 5-25x50 se Z1000 reticle.
Dit is spesifiek vir die 308 kaliber ontwerp. Het nog
nie self deur hom gekyk nie. Maar weet dit is vir dit bedoel.
Groete
P

- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Jy gaan nie maklik n teleskoop van die rak koop wat gaan werk nie. Dit het baie met jou ladings punte se gewig ens te doen.Hoe meer strepies hoe beter.Dan moet jy maar gaan oefen tensy jy vir n mill dot teleskoop soek dan sal ek die Schmid & Bender H37 aanbeveel.
Heinz
300 Tombi
Heinz
300 Tombi
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Ek ken nie die ander make wat jy genoem het nie, maar Burris se E1 werk vir my baie lekker op my 308 met 155gr SMK teen 2800ft/s. Die strepies werk tot 500m amper presies uit.
Aim small, miss small
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Ek kan nie saamstem nie. Die Burris E1 is korrek binne een kliek van 100 tot 500 meter op my 308. As jou lading verskil, dan verander jy net die vergroting verstelling bietjie, en hy is weer spot on.Heinz Petersen wrote:Jy gaan nie maklik n teleskoop van die rak koop wat gaan werk nie.
Heinz 300 Tombi
Voorspoed
Johan Smit
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Johan - werk hierdie vir alle teleskope of bedoel jy spesifiek die E1? 1ste fokaal en 2de fokaal?smitjs wrote:Ek kan nie saamstem nie. Die Burris E1 is korrek binne een kliek van 100 tot 500 meter op my 308. As jou lading verskil, dan verander jy net die vergroting verstelling bietjie, en hy is weer spot on.Heinz Petersen wrote:Jy gaan nie maklik n teleskoop van die rak koop wat gaan werk nie.
Heinz 300 Tombi
Voorspoed
Johan Smit
Groete
Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Dawie, daar is drie soorte krismisbome.
Die Burris E1 is die eerste soort, die afstande tussen kruishare is meer en meer soos die afstand opgaan, om voorsiening te maak vir die paraboliese val van die koeel. Dan een keer getoets op die baan en jou zoom verstelling gekry. Daarna gebruik jy net die lyne vir 100 (middel), 200, 300, 400, 500 meter. Jou afstande is eweredig.
Die tweede soort is die lyne eweredig gespasieer. Dit werk ook goed, maar jy moet onthou op watter afstand elke lyn sal werk, en dis nie eweredig nie, of anders gestel hoe ver elke lyn sal werk, en dis nie eweredig nie.
Die derde soort pas nie by enige van die bogenoemde in nie, en mens moet maar toets en onthou waar die lyne werk, en dis ook nie eweredig nie.
Hierdie is nou vir die algemene teleskope soos Burris, Leupold, Lynx,ens.
Dan is daar twee verstellings wat jy kan maak. eerstens is die zero, en oor die algemeen werk dit vir 100m. Dan die zoom verstelling maak voorsiening vir jou koeel, spoed, lading, ens.
Ek het nou al vergeet watter fokaal dit is. Seker maar Altzheimers.
Voorspoed!

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Of kry vir jou n scope met n standaard kruis en ordentlike turrets en maak so.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=174&t=25350
Ek dink dit is meer akuraat as jy goeie betroubare turrets op jou scope het

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Sekerlik kan mens die turrets gebruik. Na alles die regtig lang afstand skiet manne gebruik dit almal, aar is nie ander keuse vir hulle nie.
Vir die man wie nou nie eintlik 1000 meter en verder skiet nie, is 'n ordentlike krismisboom soos op die Burris E1 net soveel gouer en makliker.
Ek is ook maar lugtig vir elke skoot die teleskoop stel. Sekerlik werk dit goed op baie duur teleskope.
My ondervinding van teleskope stel is erger. In die goedkoper tipes is daar min wat presies reg stel. Miskien was ek maar net ongelukkig met myne, maar ek vertrou myne solank ek nie daar aan hoef te stel nie.
Elkeen maak maar sy keuse.

archer
- Jr. Member

- Posts: 60
- Joined: Fri Sep 20, 2013 12:43 pm
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Burris E1 werk baai lekker vir my op .308 moet net regte vergrooting kry wat met die reticle werk.
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Goeie/Lekker reticle vir 308 se trajek?
Elkeen maak maar sy eie keuse.
Goeie krismisboom kruishare is vir my die vinnigste, eenvoudigste en betroubaarste.
Mens doen jou toetswerk by die baan, en daarna het jy selfvertroue in die veld.
Veral in die nag, wanneer die jakkals of rooikat sigbaar is, wil ek nie met verstellings aan die teleskoop sukkel nie.
Die roofdier is of naby, en dis my middelste kruishaar, of dis ver en dis die tweede lyn. As dit baie ver is, is daar meer tyd en kan die afstandmeter eers gebruik word, of die derde lyn word gebruik.
Gooi nog adrenalin in by die nag donker. Wie wil lig gooi op die teleskoop om te verstel, en die tyd gebruik om te verstel? Waarom 'n moeilike saak nog moeiliker maak?
Hoe eenvoudiger hoe beter.