FoxPro for leopard

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Francois Marais »

Marc

Ek het al n paar katte ingeroep, selle resep maar as vir n Rooikat, naby roep aan waar hy is, hy loop nie ver roeper toe nie, sit maar lank op n plek, hy vat sy tyd om in te kom, en hoop sy pens is leeg, n kat met n vol pens roer jy nie, gebruik growwe vreet klanke, vark, springbok of so, maar soos alles met jag te doen is niks wat ek jou nou gese het in klip gekap nie, my grootste luiperd, 65kg mannetjie, was na 3 min se klein hasie combo van Heinrich by die kar......jou kaliber is ook oor as groot genoeg, di groot een het ek met n 204 Ruger geskiet en het ook al een met n 223 Rem en 40gr Nosler geskiet.......maar jou kans is maar skraal, ek roep van 1997 af, en het slegs EEN luiperd ingeroep wat ek spesifiek voor gaan soek het, di ander is almal op jagte geskiet wat ek jakkalse gesoek het, daarom die klein kalibers wat ek byderhand gehad het......Voorspoed.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
MONTIE
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am

Re: FoxPro for leopard

Post by MONTIE »

Goeie ding van 'n Luiperd "Maul"is dat dit is gou verby!!!!!!
Montie
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: FoxPro for leopard

Post by mariusr »

Ja maar daai eina!!!!! Hy gee gewoonlik almal wat naby is paaar steke!!?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by BLOK »

Francois Marais wrote:.jou kaliber is ook oor as groot genoeg, di groot een het ek met n 204 Ruger geskiet en het ook al een met n 223 Rem en 40gr Nosler geskiet.......


Hier is dit weer - "SPEED KILLS"
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Ian »

Marc

As jy gaan roep hoop ek jy het 'n skietstoel wat geruisloos is om hom mee te soek want as jy weer sien dan staan hy net daar waar jy hom nie verwag nie. Sy gehoor en sig is sy beste wapen. Die Bruin Hyena kom gewoonlik eerste in en dan die kat, wees geduldig. As jy moontlik 'n opvolg moet doen neem 'n spoorsnyer, honde en back-up saam en natuurlik in daglig.
Soos Francois sê; growwe klanke, Heinrich se steenbokklanke werk goed.

As ek jy was sal ek 'n persoon saam neem wat al die ding gedoen het soos Piet Breed.
Sterkte en moet asb nie soos die persoon terug kom nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Ian on Fri Oct 18, 2013 4:24 pm, edited 1 time in total.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: FoxPro for leopard

Post by mariusr »

Genade kyk hoe waai daai kopvel op eerste foto!? Lyk soos 'n pruik!!!?
User avatar
Marc_21
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed May 23, 2012 11:36 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Marc_21 »

Ian wrote:Marc

As jy gaan roep hoop ek jy het 'n skietstoel wat doodstil is om hom mee te soek want as jy weer sien dan staan hy net daar waar jy hom nie verwag nie. Sy gehoor en sig is sy beste wapen. Die Bruin Hyena kom gewoonlik eerste in en dan die kat, wees geduldig. As jy moontlik 'n opvolg moet doen neem 'n spoorsnyer, honde en back-up saam en natuurlik in daglig.
Soos Francois sê; growwe klanke, Heinrich se steenbokklanke werk goed.

As ek jy was sal ek 'n persoon saam neem wat al die ding gedoen het soos Piet Breed.
Sterkte en moet asb nie soos die persoon terug kom nie.

Baie dankie Ian en ek sal probeer om 100% die selfde terug te kom!

Okay dit lyk as ons gaan op die Woensdag middag op gaan tot Sondag! Ek dink nie dat ek gaan n foxpro kry nie! maar die bait storie gaan masjien werk!

Ek is nog nie seker nie van die Sierra gamekings nie! Sal julle hulle of rhino 150gr voorstel?

As ons die luiperd kry, wat is die beste taksidermis om dit op te stop?

Marc
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Ian »

mariusr wrote:As ons die luiperd kry, wat is die beste taksidermis om dit op te stop?

Marc

Net 'n voorstel, gaan koop vir jou die African Outfitter tydskrif, daar is baie taksidermiste wat hulself bemark en die een is beter as die volgende een.

Sterkte
MONTIE
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am

Re: FoxPro for leopard

Post by MONTIE »

Oppas net vir AVBOB. Sal hulle nie aanbeveel nie.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Ian »

Hoe lekker lag ek nou oom Montie. In 'n mate is hulle ook taksidermiste net op 'n heel ander skaal.
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Biker »

Boet skiet eers die kat dan worry jy oor die opstop.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: FoxPro for leopard

Post by mariusr »

Onthou net as jy hom nou skiet moet die vel gou as moonlik af! Anders kry hy "hair slip" ! Het so toets gedop toe ons hiena" gejag het en eers vlg dag af geslag het! Vel het al sy hare verloor! Die taxidermy ou vertel my toe alle roofdiere moet dadelik vel af en in sout iin koelkamer anders gaan jy vel verloor!
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: FoxPro for leopard

Post by Pappabeer »

Doen jouself n guns en lees Wayne Michael Grant se boek "Into the Thorns". Dit is seker die mees hoog aangeskrewe literatuur oor luiperd jag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Marc_21
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed May 23, 2012 11:36 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Marc_21 »

Biker wrote:Boet skiet eers die kat dan worry jy oor die opstop.
Sorry I like to be very prepared.
mariusr wrote:Onthou net as jy hom nou skiet moet die vel gou as moonlik af! Anders kry hy "hair slip" ! Het so toets gedop toe ons hiena" gejag het en eers vlg dag af geslag het! Vel het al sy hare verloor! Die taxidermy ou vertel my toe alle roofdiere moet dadelik vel af en in sout iin koelkamer anders gaan jy vel verloor!
Dankie, ons sal doen as ons hom kry!
Pappabeer wrote:Doen jouself n guns en lees Wayne Michael Grant se boek "Into the Thorns". Dit is seker die mees hoog aangeskrewe literatuur oor luiperd jag.
Dankie, ek sien S&O het dit!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by BLOK »

En hang die kat toe aan die haak
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Marc_21
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed May 23, 2012 11:36 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Marc_21 »

Ons gaab eers mire! Sal jylkw laat weet!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by BLOK »

Enigeen iets van Marc gehoor, ek hoop nie die kat het hom opgespoort ipv hy die kat nie ;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: FoxPro for leopard

Post by mariusr »

Marc kom in ons wag in spanning! Wat het soveer gebeur? Vertel net al het jy hom net gesien!!!
User avatar
Marc_21
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed May 23, 2012 11:36 pm

Re: FoxPro for leopard

Post by Marc_21 »

Jaaa guys, we tried hey!! That cat didnt want to come in! We got a gimps of it while driving but it got away up the mountain before we could do anything! Had bait on one side of the farm and called on the other and no luck!! Dont know if we did something wrong but he was just too clever for us!! :(
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: FoxPro for leopard

Post by mariusr »

Ja that is bad luck! That cat is sneaky if he gets any hint that you are planning something!? Forget it!!!!
Post Reply