Konus? Te goed om waar te wees?

Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Armand Steenkamp »

Goeie more kerels!Ek lees nou in die nuwe Suid Afrikaanse jagter van die Konus teleskoop.Hulle het hom noggal getoets ook en Willem Odendal praat goed van hom  maar hulle vlagskip model die KonusPro M30 8.5-32X52mm kos R4275 nou dit klink baie aantreklik maar ek wonder dam of dit nie te goed is om waar te wees nie?Wat dink julle slim manne en die ooms met die baarde en snorre wat al lank met die tipe goed aankom?

Groete Armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Beyers »

Net in die laaste paragrawe is daar kommentaar oor die akkuraatheid van verstellings. Ek het gespoedlees, so kan nie alles onthou nie. Hy s? wel dat hy zero behou, maar verstellings nie voorspelbaar is nie.
Vir teiken skiet is dit 'n probleem veral as jy die verstellings gebruik oor veskillende afstande en kondisies
Beyers
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Armand Steenkamp »

Ja ek het ook maar net so vinnig gelees.Ek woner of iemand op die forum so n scope het
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
hagar

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by hagar »

Die Konus spotting scopes het n goeie naam hier in die VSA, het nog niks sleg van hulle gehoor nie, en baie goedkoper as bv n Kowa. Ek het al deur hulle geloer, en die helderheid is goed. Het nog nie hulle geweer teleskope gesien nie, die paar artikels wat ek gelees het was positief.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Francois Marais »

Manne

Hierdie is my 2c as dit kom by goedkoop teleskope, weet nie wie dit gese het nie, maar......

Only a very rich man can afford a cheap scope.........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Louis Kriel »

Dit klink nie te sleg nie. Lyk of dit in Italie gemaak word, maar die goedkoper modelle dalk ook weer China.

Hiers wat een ou se:

"I did mount the scope on my Sako
TRG 42 .338 Lapua Magnum. I shot
approximately 100 rounds through it.
The scope held point of aim, and as far
as I could tell, it was plenty rugged and
reliable enough for the big magnum
class. I think, like Verona, Italy, Konus
is here to stay."

Hiers 'n link na die hele "review":  http://www.konus.com/download/guns%20magazine%20jun%202010.pdf
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Biker »

MANNE
Scopes is nie meisies nie.Hou maar by die beproefde make en laaat daar eers goeie terugvoering kom oor die nuwes. As dit meisies was probeer gerus soveel as moontlik ;D ;D

Groete
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Louis Kriel »

Biker wrote: MANNE
Scopes is nie meisies nie.Hou maar by die beproefde make en laaat daar eers goeie terugvoering kom oor die nuwes. As dit meisies was probeer gerus soveel as moontlik ;D ;D

Groete
Wat Armand probeer se, is dat dit 'n baie sexy Italiaanse mesie is en sy is nie te duur nie!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Christo »

Francois Marais wrote: Only a very rich man can afford a cheap scope.........
Maak nie saak wie dit ges? het nie dit is sekelik die waarheid. My heel heel eerste scope was 'n bargain vanaf 'n vriend. Ek het op Aandst?r, wes van Maltehohe, agtergekom dat elke derde skoot die POI skuif. Met geduld van bo het ek darem kans gekry toe om my eerste Gemsbok te skiet. Binne 'n week na ek terug was by die huis toe maar winkel toe gery en een gekoop.

Maar so leer mens.

Christo  
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Louis Kriel »

Christo wrote:
Francois Marais wrote: Only a very rich man can afford a cheap scope.........
Maak nie saak wie dit ges? het nie dit is sekelik die waarheid. My heel heel eerste scope was 'n bargain vanaf 'n vriend. Ek het op Aandst?r, wes van Maltehohe, agtergekom dat elke derde skoot die POI skuif. Met geduld van bo het ek darem kans gekry toe om my eerste Gemsbok te skiet. Binne 'n week na ek terug was by die huis toe maar winkel toe gery en een gekoop.

Maar so leer mens.

Christo  
As dit met 'n cheapie gebeur, is dit nog ok, maar ek het 5 jaar gelede dit oorgekom met 'n Nikon Monarch. Ek sukkel nou om vertroue te he in enigiets wat in die Fillipyne gemaak word.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Hein M. »

Julle moenie so se nie.  Het noudiedag 'n Nikon gekoop.  Dink darem nie dit is heeltemal cheapstuff nie...  Sy waarborg is heel olraait.

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Danie Lombard .243

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Danie Lombard .243 »

In 1999 was ek op 'n skietbaan gewees en op daai betrokke dag het .243 'n scope se kruishare gebreek. Die scope was 'n Swarovski gewees. Laat mens wonder oor die cheap stuff scopes se lewensduur en en die lewensduur van duur scopes.
Vriend van my is werkswinkel voorman by 'n Peugeot handelaarskap en sy broer is hoof tegnikus by Ford/Mazda. In die tegnologiese tyd wat ons in leef met die heedendaagse "bullet prove" produkte is dit vir my altyd aangenaam om oopmand te sit en luister na al die probleme van nuwe voertuie. Nuwe goed moet mos hou, nie waar??

Om op te som. Alles kan breek en niks is fail safe nie. Partykeer gee 'n cheapy goeie diens vir jare terwyl die mega duur produk jou soms in die steek laat waneer jy dit die minste verwag. Andersom is ook 'n realiteit. Soms is andersom meer algemeen. Ons koop maar met alles 'n tipe kat in die sak. Party kitties le net stil, soet en slaap vir 'n langer tyd voor hul krap en skreeu. Ander katte spring uit sodra jy die produk in die werk steek.

En om te dink ou oorle Henry Ford het met die ding begin dat 'n produk net 'n sekere lewe moet he en dan breek. Dit het begin met skakelaars op die veortuie en net meer uitgekring. Solank as produkte breek maak industrie geld. Sulke industrie neem dan werkers in diens om te help met die fabriseer van produkte en so loop die ketting. So het almal 'n werk. So kan almal dit wat breek vervang met nuwe produkte.

Jou scope wat breek hou die ekonomie aan die gang. ;D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Christo »

Danie .243 wrote: Jou scope wat breek hou die ekonomie aan die gang. ;D
Dit is vandag die waarheid, met die krag wat so baie "dip" hier by ons koop jy gere?ld yskaste. Maar.... in die plaaswinkel staan 'n stokhoring ou Fridgedair(nie so seker hy's reg gespel) yskas en maak alles koud wat jy daar insit. Hy breek net nie, sy gas raak nie op nie, hy dreun net voort. EK SOEK NOG EEN. Wens hule wil goed weer so bou.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Louis Kriel »

hein wrote: Julle moenie so se nie.  Het noudiedag 'n Nikon gekoop.  Dink darem nie dit is heeltemal cheapstuff nie...  Sy waarborg is heel olraait.

Groetnis!

Hein M.
Die nuwe Nikons is BAIE beter as di? waarvan ek een gekoop het. Nikon se waarborg is van die beste.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Konus? Te goed om waar te wees?

Post by Hein M. »

DirtyOldSix,

Jy het my amper benoud gehad. ;D  Ek berus ook maar op ander manne se raad en opinies!

Ons hoop maar van die beste...

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Post Reply