Sukses (waarde van trailcam)
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Sukses (waarde van trailcam)
Dag almal
Ek sit hierdie pos van my onder problem diere vir 'n paar redes. Die varke veroorsaak baie skade aan my drade en ek kan nie elke dag drade ry en regmaak nie. Die sukses wat ek behaal het is baie te danke aan my trailkameras en om tyd te maak om hulle te skiet. Julle sal sien ek praat van skiet en nie jag nie. Ek sit die varke by die water voor omdat ek nie die tyd en mannekrag saam met brandstof koste kan absorbeer om hulle ry-ry in die veld te gaan soek en heel waarskynlik glad nie gaan sien eers nie.
Die skiet afstand is +- 120m en die eerste skoot was elke keer nog doodskoot en die opvolg skote as die res van die groep begin hardloop.
Op Saterdag 5/10/13 skiet ek een by die water (slegs een ingekom)
Op Vrydag 11/10/13 skiet ek omtrent 5 uur een alleen, bly lê en 'n uur later (6 nm) kom daar 3 in waarvan ek toe 2 laat val, een ontsnap.
Op Saterdag 12/10/13 skiet ek een (nie foto geneem nie, baie sleg geskiet) van 4 wat gelyk inkom, die ander 3 ontsnap. Die tyd en plek is bietjie moeilik, ek skiet reg teen die son in van 6nm se kant, maar dit is al plek wat ek kan gebruik, want die varke kom van die ander kant af in.
Dus vir die week staan ek nou op 5 varke en daar is definitief nog 5 wat ek van weet, so ek het nog werk oor. Dit is ook net een deel van die plaas, so die ander kamera is ook opgestel waar ek vermoed hulle ook drink so ek sal in die die week gaan kyk of daar iets op die kamera wees.
Solank dit so warm en dit nie reen nie, behoort ek redelik sukses met die metode te hê.
Groete
Johan

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Hier is die 3 varke wat ek Vrydag aand geskiet het.
Die eerste 2 met die nul kwes en die laaste een het toe voor die LM geval. Die 30.06 skiet 125gr nosler bt hunting en die koeel maak baie mooi.
Die eerste 2 met die nul kwes en die laaste een het toe voor die LM geval. Die 30.06 skiet 125gr nosler bt hunting en die koeel maak baie mooi.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Mooi Kalahari, gee hulle gas.
Ek gaan seker oor so 2-3 weke ook varke skiet wat die ou se lande opneuk.
Ek gaan seker oor so 2-3 weke ook varke skiet wat die ou se lande opneuk.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Kalahari, 'n paar mooi menere wat jy platgetrek het.
Jammer ek is so ver anders het ek jou kom help!
Groetnis
Jammer ek is so ver anders het ek jou kom help!
Groetnis
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Dankie Grumpy, jy moet dit geniet en skiet raak. My hart klink soos 'n lister wat opstart as ek die otte sien inkom, dit kos baie selfbeheersing om hulle eers rustig te laat raak by die water.grumpy wrote:Ek gaan seker oor so 2-3 weke ook varke skiet wat die ou se lande opneuk.
Dankie oom Pieter, oom weet nie hoe wens ek ek kon 'n maat langs my hê met 'n roer om te help skiet nie. Dit klink soos oorlog in die kleine as ek alleen daar wegtrek.Pieter Willem Vorster wrote:Kalahari, 'n paar mooi menere wat jy platgetrek het.
Jammer ek is so ver anders het ek jou kom help!
Ek was namiddig weer uit, maar ek moes maar eerder by die huis gebly het, hulle was toe op die middag daar gewees, heelwat koeler dag by my gewees. Ek sal maar weer wag vir lekker warm dag en dan weer namiddag gaan lê.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Kalahari
Is dit so dat dit die laaste paar jare is dat die varke in getalle toegeneem het by jou?
Ek weet van plekke waar daar nooit varke was nie, maar hulle het nou ooral uitgeslaan.
Is dit so dat dit die laaste paar jare is dat die varke in getalle toegeneem het by jou?
Ek weet van plekke waar daar nooit varke was nie, maar hulle het nou ooral uitgeslaan.
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
- Naas1
- Full Member

- Posts: 115
- Joined: Wed Oct 09, 2013 4:14 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
baie geluk hier in ons omgewing raak hulle ook vervuil
30-06 Brno, 308 Travelo, .22 Obrendorf Mauser, 12Br Browning, .177 CTR
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Netjies gedoen Kalahari.
As ek daai rooisand en duine van jou op die foto's sien, kry ek erg heimwee. Varkskiet (L.W. nie spekskiet nie..) bly maar 'n lekker tydsverdryf. Daai trailcams gaan maak dat jy later 24/7 by die water wil gaan sit!
Toe ek vroeer die jaar in Leonardville omgewing was, was ek verbaas om te sien hoe baie varke daar in julle geweste is. Ekt gedog hulle plek is maar meer noord hier by ons? Was hulle nog altyd so baie daaronder of is dit eers die laaste paar jaar?
As ek daai rooisand en duine van jou op die foto's sien, kry ek erg heimwee. Varkskiet (L.W. nie spekskiet nie..) bly maar 'n lekker tydsverdryf. Daai trailcams gaan maak dat jy later 24/7 by die water wil gaan sit!
Toe ek vroeer die jaar in Leonardville omgewing was, was ek verbaas om te sien hoe baie varke daar in julle geweste is. Ekt gedog hulle plek is maar meer noord hier by ons? Was hulle nog altyd so baie daaronder of is dit eers die laaste paar jaar?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Pieter en oom Pieter. Vandat ek 2003 op die plaas gekom het, het ek so dan en wan 1 of 2 varke in die hele jaar geskiet. Die laaste 3 jaar +- is dit egter asof daar 'n ontploffing van die varke is. Daar is nie boere in seker 'n 80km radius wat ek van weet wat nog nie 'n vark gesien of geskiet het nie. Baie plase is groot of meer as een plaas van een boer en die area is groot om te dek, dus lyk dit my die aantelery geskied so ongesiens onder jou oog en dan op 'n dag sien jy die bollie op jou voorstoep.Pieter Vorster wrote:As ek daai rooisand en duine van jou op die foto's sien, kry ek erg heimwee. Varkskiet (L.W. nie spekskiet nie..) bly maar 'n lekker tydsverdryf. Daai trailcams gaan maak dat jy later 24/7 by die water wil gaan sit!
Toe ek vroeer die jaar in Leonardville omgewing was, was ek verbaas om te sien hoe baie varke daar in julle geweste is. Ekt gedog hulle plek is maar meer noord hier by ons? Was hulle nog altyd so baie daaronder of is dit eers die laaste paar jaar?
Ek weet van 'n boer wat nie varke geskiet het nie, maar so week gelede (ook nogal op 'n Sondag) toe is hy en sy buurman op die 2 rigting radios oor die varke.
Ek kry die gevoel dat dit amper te laat is...................... uitroei sal jy nie regkry nie, dalk hoogstens getalle beheer toepas. Amper soos die jakkalse by ander plekke.
O ja Pieter jnr....... ek dink ek is nou heeltemal verslaaf
Ek was nou 4 keer daar en het 5 varke, net vandag wat hulle nie gekom het toe ek daar was nie.
Manne, ek is half bekommerd oor die getalle van die varke...... ek het die vyf sover net bere geskiet, nog nie een sog nie en die foto's van die trailkamera sover ek kan sien wys ook net bere. Ek wonder of die soggies nie met kleintjies in die gate lê nie.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Ek het my "skietgat" so bietjie gepimp, want na 1 en half uur se stil lê op jou pens raak die sagte Kalahari sand ook maar hard 
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
baie netjies maat - dit lyk ongelooflik lekker
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Baie mooi gedoen, respek vir jou selfbeheersing om die vlakvarke eers te laat rustig word, geluk man. Jy is baie bevoorreg om so gereeld kans te kry om die varke te skiet, ek glo menige man beny jou.
Ek skiet gereeld bosvarke en kry nie meer varkkoors nie (of lieg ek nou vir myself.....), maar jong, ek het nou al baie keer manne saamgevat wat "groot jagters" in hulle eie oë is en mooi kan papierskiet. Maar dan gooi jy daai spotlight na 'n hele nag se soek op die varke dan skrik hulle hulself in 'n ander bloedgroep in. Jy hoor net hoe maak die ouens oorlog maar daai goed hardloop weg. Die een ou het nie eers 'n skoot geskiet nie, te groot geskrik, maar volgens hom kon hy nie 'n mooi skoot inkry nie- net so 70 m van ons af, maar moet sê as jy nie in die hardloop kan skiet nie (of onder stres) moet jy eerder by die huis bly en gaan doedoe, hulle mors mens se tyd en petrol. Moet sê ek skrik nog self lekker as die varke sommer uit die niet hier voor jou verskyn.
Lyk my die varkkoors is erger as bokkoors.
J1
Ek skiet gereeld bosvarke en kry nie meer varkkoors nie (of lieg ek nou vir myself.....), maar jong, ek het nou al baie keer manne saamgevat wat "groot jagters" in hulle eie oë is en mooi kan papierskiet. Maar dan gooi jy daai spotlight na 'n hele nag se soek op die varke dan skrik hulle hulself in 'n ander bloedgroep in. Jy hoor net hoe maak die ouens oorlog maar daai goed hardloop weg. Die een ou het nie eers 'n skoot geskiet nie, te groot geskrik, maar volgens hom kon hy nie 'n mooi skoot inkry nie- net so 70 m van ons af, maar moet sê as jy nie in die hardloop kan skiet nie (of onder stres) moet jy eerder by die huis bly en gaan doedoe, hulle mors mens se tyd en petrol. Moet sê ek skrik nog self lekker as die varke sommer uit die niet hier voor jou verskyn.
Lyk my die varkkoors is erger as bokkoors.
J1
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
http://i1.ytimg.com/vi/WhNBcNG3UJQ/mqdefault.jpg
Ek het so kort videoclip gevat, die kwaliteit is nie te goed nie, maar hoop julle kan iets sien.
As iemand dalk die video self kan opkry (of vir my verduidelik) sal ek dit baie waardeer.
Nope, die werk nie. Dit is net die begin van video. Hulp asb iemand?
Ek het so kort videoclip gevat, die kwaliteit is nie te goed nie, maar hoop julle kan iets sien.
As iemand dalk die video self kan opkry (of vir my verduidelik) sal ek dit baie waardeer.
Nope, die werk nie. Dit is net die begin van video. Hulp asb iemand?
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
http://youtube.com/watch?v=WhNBcNG3UJQ
Ek hoop die link werk ten minste. (Ek kon die video sien, hoop jul geniet)
Ek hoop die link werk ten minste. (Ek kon die video sien, hoop jul geniet)
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Dankie Jake1, ek moet sê, die rustig word is ook maar net tot hulle wielneuse in die water is, dan loop die skoot maar as daar 'n oop kans is.Jake1 wrote:Baie mooi gedoen, respek vir jou selfbeheersing om die vlakvarke eers te laat rustig word, geluk man.
Ek is baie bevoorreg, sê elke dag dankie daarvoor.
Wat sou julle sê is die vlakvark se beste sintuig, waarvoor moet mens die meeste oppas? Sy neus, gehoor of oge?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
+1 Neus
Lekker geskiet Johan.
Lekker geskiet Johan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
My liewe maggies Johan, ek "leer" nog daar by die foto plasings n les, en hier kom jy met die vreeslike lus maak fotos, met nog n video ook!
Flippen goed gedoen. Jy moet maar vir Marno n bus kaartjie koop vir Desember dat hy saam met jou daar kom le en skiet. Ek is seker hy sal dit baie geniet.
Flippen goed gedoen. Jy moet maar vir Marno n bus kaartjie koop vir Desember dat hy saam met jou daar kom le en skiet. Ek is seker hy sal dit baie geniet.
Veiligheid eerste manne!
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Ek sou sê hulle reuk sintuie. Wat ek ook kon waarneem uit 'n gesprek met 'n persoon van natuurbewaring is dat die vark ( weet nie of vlakvark ook deel hiervan is nie ) die 5de slimste dier is. Weet nie hoe waar dit is nie .Kalahari wrote:Dankie Jake1, ek moet sê, die rustig word is ook maar net tot hulle wielneuse in die water is, dan loop die skoot maar as daar 'n oop kans is.Jake1 wrote:Baie mooi gedoen, respek vir jou selfbeheersing om die vlakvarke eers te laat rustig word, geluk man.
Ek is baie bevoorreg, sê elke dag dankie daarvoor.
Wat sou julle sê is die vlakvark se beste sintuig, waarvoor moet mens die meeste oppas? Sy neus, gehoor of oge?
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- henried
- Hero Member

- Posts: 2352
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Baie mooi!
Daai 125gr fluit seker lekker uit daai 30-06...
Daai 125gr fluit seker lekker uit daai 30-06...
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Jis maat!
Ek het nou lekker saam geskiet. Daai o-kwes loop mooi.
Sub-sonics op so sestig meter sal dalk meer kanse bied.
As ek nie so baie werk gehad het nie, het ek nou vir Oom Pieter gaan oplaai en vir jou kom kuier.
Groete,
Gawie.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Sukses (waarde van trailcam)
lekker man lekker
ons het saterdag ook bietjie in die mielies geskiet my vriend se altyd as jy tarentale kry moet jy wakker wees en ek moet se hy was nou al die laaste 3 kere reg .
ons het so 5 uur n draai gaan ry toe die eerste haelgeweer skoot klap op die tarentale toe pop vark so 20 rye voor ons uit en maak g@tskoon het n hardloop skoot op 80m in gekry maar net agter hom gekiet gelukkig het hy nie verder ge eet nie

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Is dit 'n Musgrave 30-06 daai? Daar is min ouens wat hom regtig gebruik om ver te skiet of 125gr gebruik, almal gebruik mos maar die heavy koeels. Hoe ver is jy van die varke af as jy skiet?
J1
J1
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
Die man het asvolg in 'n vorige plasing genoem:Jake1 wrote:Hoe ver is jy van die varke af as jy skiet?
Kalahari wrote: Die skiet afstand is +- 120m
Goed, beter, 6millimeter!
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Sukses (waarde van trailcam)
120 is 'n lekker afstand, maar nog steeds mooi mik.
J1
J1