Remington Sendero 300 Win Mag groepering

Post Reply
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Remington Sendero 300 Win Mag groepering

Post by Benman »

Middag manne

Het enige iemand moontlike fotos van die geweer se groepering?

Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
Danie Lombard .243

Re: Remington Sendero 300 Win Mag groepering

Post by Danie Lombard .243 »

Benman.

Soos jy seker weet skiet twee gewere wat na mekaar gemaak is uit dieselfde fabriek nie dieselfde groepe met dieselfde ammo nie. Elkeen soek maar sy eie lading ens. Wat ek jou kan verseker is dat daai geweer akkuraat skiet en klein groepe kan skiet.

Oor die algemeen het ek nog nie 'n .300 Win Mag teegekom wat sukkel om te groepeer nie. In my oe is hy soos 'n .308 Win wat groepe betref. Dit my opinie, daar sal sekerlik manne wees wat met my verskil.
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: Remington Sendero 300 Win Mag groepering

Post by Benman »

Hi Danie

Ek sien jy is ook so lief vir daai 243 van jou soos ek vir myne is. Ek skiet op die oomblik met Sierra Game King 100gr Botails, 40.5gr S365 met n totale petroon lengte van 66,8mm. Ek skiet so 2 duim groep op 200m. Enige raad om die groep kleiner te kry?

Is dit jou 300 wat daar by daai 220gr platskiet punte foto is? Ek wil graag met 180gr punte in my 300 wm skiet, wat is jou siening oor dit? Ek sal graag wil kers opsteek by jou ladings wat jy reeds gedoen het vir die 300 wm in dien jy kan help.

Groete
Benman

Ps: Sal graag jou e-pos addres wil kry.
Skiet raak en praat die waarheid...
hagar

Re: Remington Sendero 300 Win Mag groepering

Post by hagar »

Ek het nie n 300 nie, maar ek het n 7mm en n 25/06 Sendero. Ek het 2 jaar in n ry ons roofdier klub se langafstand kompetisie gewen, een jaar met die 7mm en die volgende met die 25/06. My groepe was tussen 3 en 4.5 duim op 500 tree, kan nie mee presies onthou nie. Ek het ook die 7mm met die 162 Hornady AMax punte op 1000 tree geskiet, en ek kon gemaklik die 6 duim spotter raakskiet wat hulle gebruik om die teiken mee te merk. Die gewere skiet baie goed, seker van die beste wat Remington nog gemaak het. Ek het ook n 223 VS wat gemaklik 5 skote in 1 gat sit op 100 tree.
Post Reply