Home made annealing machine

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Home made annealing machine

Post by Reggie Gerber »

Middag manne

Ek het die Annealing machine saam n pel gemaak en n "windscreen wiper" motor gebruik om die tafel te draai. Die probleem is dat hy te vinnig draai.

Kan julle my dalk hulp om hom stadiger te laat draai

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/annealing%20machine.jpg

Die burners is nie in die foto nie maar word basies geplaas om skouer gedeelte warm te maak en dan val die doppie uit as hy by n sekere punt kom

Groete
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Home made annealing machine

Post by PWV »

Bakgat, maar die ding hoort onder "gadgets".
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8005
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Arnold »

Reggie, probeer 'n dimmer as jy een het vir 'n jaglig ...
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Reggie Gerber »

Arnold ek sit nou daaraan en dink.

Oom Piet
Die ding is nie a gadget nie ;D
Dit was n GROOT Projek
Groete
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Reggie Gerber »

Arnold

As die dimmer werk kan ek sommer anneal terwyl ek in my skietstoel sit ;D ;D

Ek is bietjie bang hy gaan overheat omdat die amps gaan styg as ek die voltage verlaag. Sal toets en laat weet
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Gawie(13mm) »

Reggie, ons twee sit met dieselfde probleem.
Almal vertel my wat gaan gebreur as ek die verkeerde reostat gebruik, maar niemand kan my fisies help om die probleem op te los nie. Hulle sê net dit gaan geld kos. Ek is lus en bou my eie elektronies voltage regelator. Wie weet hoe en wat het jy nodig. Ek kan 'n resep volg in soldeer.

Ek luister ook by die radio.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Home made annealing machine

Post by spekieries »

Reggie

Kan jy nie die ruitveër motor dwars draai hom los maak van die tafel en met 'n klein waaierband en poelies die spoed van die tafel verlaag nie. Kan nie die onderkant van jou tafel sien nie, maar miskien kan jy so iets prakseer.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Reggie Gerber »

Spieks
Ja as die dimmer nie werk nie gaan ons of so pulley systeem gebruik of dalk ratte

7mm
Ons hou mekaar op hoogte
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Gawie(13mm) »

Spiekeries, met anealling moet jy die tyd wat die dop in die vlam is kan beheer en daarom moet die spoed verstelbaar wees.
Die maklikste oplossing is om die stroom na die motor te beheer, maar dit is nie so maklik as daar wrywing en laste betrokke is nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Home made annealing machine

Post by PWV »

Reggie
Ek dink julle het die verkeerde kar se ruitveermotor. My Nissan s'n kan vinniger en stadiger stel. As julle hom wil he kan julle hom kry, maar julle sal die hele kar moet koop. ::)

Grappies op 'n stokkie: Kan julle nie uitvind hoe stel sy motor vinniger of stadiger nie?
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Reggie Gerber »

Dankie Oom

Ek gaan nog so bietjie sukkel voor ek die Nissan kom haal ;D

Groete
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Home made annealing machine

Post by junglejulian »

N ligdimmer moet werk.ek het vir my n skaapspit gebou met n skuifhek motor en met n ligdimmer kan ek nou die draaispoed beheer.die ding werk sommer met n remote ook.nogal snaaks as jy van n afstand die skaap laat draai sodra iemand wil vleis steel met die knipmes..ek gebruik my skietstoel battery ipv die klein alarm battery.my dimmer het n fuse in wat brand sou iets verkeerd gaan.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Home made annealing machine

Post by Eugene »

junglejulian wrote:N ligdimmer moet werk.ek het vir my n skaapspit gebou met n skuifhek motor en met n ligdimmer kan ek nou die draaispoed beheer.die ding werk sommer met n remote ook.nogal snaaks as jy van n afstand die skaap laat draai sodra iemand wil vleis steel met die knipmes..ek gebruik my skietstoel battery ipv die klein alarm battery.my dimmer het n fuse in wat brand sou iets verkeerd gaan.
++>: ++>: ++>:

Ek moet daai onthou! Baie irriterend as jy 3 ure aan 'n skapie skapie werk en as jy jou gat draai, neuk iemand die boude op met 'n Joseph Rodgers.... >:(
Aim small, miss small
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Reggie Gerber »

Ek het nou die dimmer probeer en lyk of dit dalk sal kan werk. Elke nou en dan lyk dit of hy n bietjie meer krag kry want hy gaan skielik vinniger en dan weer lekker stadig.

Sal nog toetse doen en n oplossing sal wel opdaag

Groete
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8005
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Arnold »

7mm, n reostaat gaan nie die beste opsie wees nie en gaan verseker uitbrand alhoewel hy dalk vir n paar oomblike kan werk. n Behoorlike dc dimmer sal werk.

n DC motor se spoed word die maklikste beheer met die verstelling van die spanning. Weerstand is konstant so stroom neem toe met spanning en torque neem toe met stroom. Spoed is n gevolg van die hoeveelheid torque en die las wat die motor moet trek/dryf.

(terloops, ek het n doktors graad gedoen op die tipe goed ;) )
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Gawie(13mm) »

Dr. Rix, ek is deeglik bewus van die tekortkominge van 'n eenvoudige reostaat en het dit ook so in my eertse bydrae op die draad gemeld. Die tweede punt wat ek gemeld het, is dat almal vir my sê, wat nie kan werk nie. Ek wil weet hoe om dit te maak werk en ek wil weet hoe en wat ek fisies nodig het om dit te maak werk. Ek soek praktiese hulp asseblief.

(Terloops ek het my studies in meganiese ingenieurswese meer as 20 jaar terug aan die Kaapse Tegnikon voltooi, maar nooit in die veld gepraktiseer nie.)
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Home made annealing machine

Post by PWV »

Hier pop nou 'n paar formidable manne met hengse kwalifikasies uit!
Voel skoon nederig :'(
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Flip Nel »

Pieter Willem Vorster wrote:Hier pop nou 'n paar formidable manne met hengse kwalifikasies uit!
Voel skoon nederig :'(
;D
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8005
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Arnold »

7mm, jy gaan nie 'n rheostaat kan maak werk nie. Wat jy nodig het is elektronika wat die 12 V DC opkap in 'n blokgolf met varieërende diens siklus.

100 % diens siklus gee dan 'n gemiddeld van 12 V
50 % diens siklus = gee 'n gemiddelde uitree van 6 V

Die elektronika is nie heeltemal eenvoudig nie en om iets te bou waarvan die diens siklus tussen sê maar 10% en 100% kan stel is meer kompleks. Om een te bou wat stel tussen 50% en 100% of tussen 0% en 50% kan gedoen word deur gebruik te maak van 'n 555 timer chip (google dit ek is seker daar is 'n dimmer configurasie beskikbaar) en hom reg op te stel. Dan dryf die sein wat hy verskaf 'n transistor aan wat eindlik die krag vir die DC motor verskaf.

As jy klaar is lyk dit amper soos dit ... ;)
http://circuit-zone.com/ediy_blog/341/Dome+light+dimmer+for+Cars.jpg
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8005
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Arnold »

Dit is basies asof jy n skakelaar vinnig aan en af sit.

(kan jy glo dat ek ook nie nou veel te doen het met wat ek geswot het nie ;) )
Last edited by Arnold on Thu Oct 10, 2013 10:20 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Home made annealing machine

Post by PWV »

Nou raak sake ingewikkeld en sal jy al jou breinselle moet inspan vir bogenoemde aksies. ???

Klink vir my heelwat makliker as die pad gevolg word waar glukose afgebreek word na pirodruiwesuur vir die vorming van adenosien trifosfaat (ATP) in die spiervesels. ATP lewer energie aan die spierweefsel sodat die spiere van die boonste ledemate die doppe kan hanteer tydens die uitgloei-proses. ;)
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Home made annealing machine

Post by LongWolf »

Pieter Willem Vorster wrote:Nou raak sake ingewikkeld en sal jy al jou breinselle moet inspan vir bogenoemde aksies. ???

Klink vir my heelwat makliker as die pad gevolg word waar glukose afgebreek word na pirodruiwesuur vir die vorming van adenosien trifosfaat (ATP) in die spiervesels. ATP lewer energie aan die spierweefsel sodat die spiere van die boonste ledemate die doppe kan hanteer tydens die uitgloei-proses. ;)

Wat het nou van afrikaaaaaaaaaaaaaaans geword, oom PW.
Eks nie n ingeneur nie.

Maar ek sal na n praktiese oplossing soek in die vorm van n staan boor poellie sisteem en dan die poellie groote aanpas tot sy spoed na wense is.
N hout sirkel met n v groef is my idee.
Ek glo dat die slim mense sal kan uit werk wat die groot poellie se omtrek moet wees relatief tot die kleintjie sin om die gewensde spoed te kry.

My 1c
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Gert Odendaal »

Reggie
My seun het `n Ardiono gekoop wat hy sulke stelsels kan programeer om die korrekte spoed te stel. Ek sal by hom hoor wat hy kan doen. Sal seker vir my ook `n Ardiono moet koop om by te bly. Die Ardiono is `n elektroniese bord (wat op `n broodbord werk) waar van daan jy `n elektronies motor, LED, ens kan programeer om te doen wat jy wil he die motor moet doen. Sal terugkom na jou. Baie goeie projek wat jy gebou het, jy maak die boustandaard nou baie hoog, ons ander gaan sukkel om te verbeter.

Dan laat jy Oom Pieter nogal in vreemde tale spreek, dit wil gedoen wees... :laugh: :laugh:

Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Reggie Gerber »

Dankie Gert

DIe dimmer het gewerk maar ek kry nie die spoed konstant nie.

Ek dink nie iemand kom naby oom se vakmanskap nie en eks bly Oom PW kon bietjie sy taal vernuf met ons deel. ;D ;D

Ek wag in spanning vir jou teruvoer

Groete
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Home made annealing machine

Post by Gawie(13mm) »

Reggie, dit is wat Arnold probeer verduidelik. Die dimmer is vir 'n lig gemaak wat 'n konstante weerstand bied en die eenvoudigste elektriese formules het hier betrekking. By die annealing masjien vermeerder en verminder die weerstand soos jy doppe opsit of afhaal van die carousel. Die weerstand verander konstand en die dimmer maak nie daarvoor voorsiening nie.

Die antwoord is 'n stroombaan wat die stroom voordurend deur impulse meet en dan dienoor- eenkomstig die nodig stroom verskaf.

Sjoe, nou is my kop self dronk.

Arnold het mooi die oplossing verduidelik, maar ek soek nou die skematiese planne en komponente om die stroombaan te bou.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply