Bakore en Weerwolwe

Post Reply
Vasvat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Jul 31, 2010 9:59 pm

Bakore en Weerwolwe

Post by Vasvat »

Het so paar weke terug by 'n boer 'n kragblok van so 6000ha gevlieg opsoek na 'n paar skelms wat die boer klaarmaak. Hy het volgens hom 2 aande tevore 'n jagter in gebring wat niks die aand kon kry nie, behalwe baie bakore en twee weerwolwe. Toe ons daar vlieg kon ons nie een skelm kry nie, wel 46 bakore gesien in die blok. Ons het baie tyd gebruik en die hele stuk grid gevlieg maar niks. Nou wonder ek maar net, kan dit wees dat hier ander cullprits is as die waaraan ons glo, of is dit maar 'n geval van iets anders wat aan die gebeur is! Kon nie een steenbok/haas of muishond sien nie. Dit laat my wonder?
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by CHRIS »

Vasvat

Wat sou ons weerwolf hier in my streek noem ??? ???
praat jy van maanhaar.

Groete Chris
Vasvat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Jul 31, 2010 9:59 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by Vasvat »

Netso, praat maar die streekstaal!!! ;D ;D ;D
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by Ponkie »

Baie snaakse verskynsel!

Ek kan wel bevestig dat 'n buurman van ons 'n paar jaar terug heeltyd verliese gehad het op sy landjies voor die huis waar hy sy angora ooie laat lam het. Ons het gaan roep, niks gemaak nie, sien net heeltyd bakore. Ding het toe so uitgedraai, ons het 7 bakore op die land geskiet en besef hulle was die sondebokke. Die catch is dat hulle lykmy hondsdolheid gehad het en hiervoor die rede vir hulle snakkse buitenatuurlike gedrag.

Hoop daar is 'n verduideliking vir die verliese wat die boer lei!

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by Calldo »

Hallo Ponkie

Baie interresant. Het julle die bakore oopgesny? Of het die vangery net opgehou?

Groete
Calldo
tafjak

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by tafjak »

Snaakse goed wat julle my vertel. Kon nog nooit bakore en Maanhare die skuld gee vir enige verliese nie. Sien wel dat bakore draai in gebied waar gelam word, maar hulle is agter iets anders sou ek reken. Hulle(bakore) eet nie eers die na-geboortes nie, maar wel die miere en goggas wat daardeur getrek word.

Het al gejag waar kli?nt volhou dat bakore en maanhare sy pasgeboere lammers vang, maar al die bakore wat deur die honde gevang is, is oopgesny en kon geen vleismateriaal gevind word nie. Dieselfde gedoen met die maanhare wat gevang word en dieselfde resultate.

Het ook met Louis Nell en Hennie Barnard gepraat oor die vliegstorie en hulle(met bitter baie vliegure) s? ook dat jakkalse lekker slim word en moeilik later gesoek word met die chopper en hul grootste suksesse is wanneer jakkalse visueel opgemerk is en dadelik die vliegtuig daar kon h
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by Skolla »

Ek het al gesien dat waar bakore te veel raak of dan nou seker as hulle kos te skaars word hulle wel pasgebore lammers probeer vang of aanval. Gewoonlik kry hulle nie die lammers doodgebyt nie. Daar is gewoonlik baie byt merke veral aan en rondom die gesig en nek.So n lam kan gewoonlik dan nie soog nie en vrek. Nog nooit gesien dat hulle gevreet het aan n lam nie.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by Raven »

EK was die naweek genooi vir 'n springbok jag, en het ook die vrydag nag 'n roepsessie ingewerk. Van 7uur tot 01H00 het 30+ bakore en draaijakkies kom hallo s?, maar niks Rooijakkies. Die plaaseienaar het ook niks/minimaal vee verliese.

Saterdag was die springbok jag baie interesant(sal later vir julle 'n fototjie of 2 opsit) en bakore was volop in die veld.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Vasvat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Jul 31, 2010 9:59 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by Vasvat »

Met die betrokke boer vanmore gesels, hy se dat jagter 2 draaie by hom gekry het en geen jakkalse nie, die lammers raak nou ook groot genoeg, so sy verliese het taamlik gekrimp, wonder nog steeds waar is klasie en sy trawante dan?
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by Ponkie »

Ons het nie die bakore oop gesny nie, maar vangery het dadelik gestop. Dit het letterlik baie die opstal gebeur. Ek kan net nie presies onthou of lammers geeet was of net dood gebyt nie... Die bakore het hondsdolheid gehad en ek kan amoer dink dis die enigste rede hoekom hulle buite hul natuurlike manier opgetree het.

Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by MEERKAT »

Vasvat , Ponkie
Die bakoor en maanhaar gedoente bly maar 'n gevoelige onderwerp

Heel onlangs was daar 2 gevalle waar groot lammer v
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Bakore en Weerwolwe

Post by CHRIS »

Meerkat

Wat vang so  ??? ??? ;D ??? ;D

Woorde weg
Post Reply