Is hier al 'n 7x64 elite groep?

User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Chevvy SS »

Want ons kan nie 'n bende wees met so 'n ordentlike geweer nie!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Stefan764 »

hahaha
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Christo »

Ek sal een van die prinse wees.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Sako75 »

Merk my ook aanwesig by hierdie groep.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by grumpy »

Hulle is so skaars soos n albino in die swart populasie!!! LMGA!!! ;D ;D ;D

>:(
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by NEGE3 »

Is besig om 'n pasmaak te bou op 'n 1937 Oberndorf aksie. Die aksie was nog nooit eers geboor of getap nie. Het 'n "Spoon Handle"
Sal volgende jaar Februarie eers klaar wees.
Die ewige gewag maak mens gedaan.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by GERT vd M »

ELITE GROEP.... EK LIKE DIE EEN
GROETNIS
GERT :)
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Danie01 »

Maak my ook deel van die Elite groep!!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Chevvy SS »

Oom Driepoot, kom in!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by KalahariKlong »

Klink vir my reg..

Groete
KK
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Beer (Christo) »

Manne

Ek join julle groep binne kort al is dit nou met die roer wat ek vir my vroutjie gekoop het.

Ek het CZ 550 gekoop. Watter koeels skiet julle? Ek het gedink om Hornday Interbonds ( 139gr of 154gr) of Nosler Accubonds (140gr of 160gr) te laai.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by ROBBIE1 »

Eks ook in, dis my babatjie, altyd saam!!

Dankie Chevvy, ek wou ook al begin herlaai, maar net te veel rondgehol. Wil die manne wat al reeds laai nie vir ons ook tips gee nie.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Chevvy SS »

Ek wil graag hoor, sodat ek kan leer, met watter komponente julle skiet. Deel asb?

Koeëlgewig en koeël
Kruit
Slagdop
TPL
Twist van loop
Spoed


Ek gaan nou van voor af ladingontwikkeling doen met 'n ander kombinasie- sal julle laat op hoogte hou.
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by hebron »

Hier,s my speelding;
Punte = 120gr Hornady V-max
Kruit = S365
Lading = 54.5
Slagdop = CCI 200
Doppe = Norma + RWS
TPL = 85.5
Twist = 1/11 Broughton 27"
Spoed = 3 280 ft/s
Werk baie goed vir kopskote en ongedieretes waarvan jy nie biltong wil maak nie.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by JAGTERSREG-JRM »

Daarsy eks ok in......

Enigeen n idee waar ek die set kan kry vir die oulike kaliber?
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Danie01 »

hebron wrote:Hier,s my speelding;
Punte = 120gr Hornady V-max
Kruit = S365
Lading = 54.5
Slagdop = CCI 200
Doppe = Norma + RWS
TPL = 85.5
Twist = 1/11 Broughton 27"
Spoed = 3 280 ft/s
Werk baie goed vir kopskote en ongedieretes waarvan jy nie biltong wil maak nie.
Wat is jou looplengte? Ek ook Nosler 120gr geskiet maar maks druk was uit my 22 duim loop +- by 3150fps as ek reg onthou.

Groete
Danie
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by hebron »

Danie

Twist = 1/11 Broughton 27" (27 duim ); die loop was eers 31", maar ek kon nerens n tas of geweersak kry wat lank genoeg was nie en die geweer se belans was nie so lekker nie. Ek kry 3 140 fps met 139gr interbonds, ek weet net nie hoe lank die loop gaan hou met die spoed nie?

Mooiloop
Willem
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Danie01 »

Willem,

Ja jy kan die koele lekker druk met daai loop. Weet ek kan die 139gr interbonds tot so 3000 vps druk in my 22 duim. Die 139gr koele skiet maar net beter as die 120gr koele in my roer en ek wil ontslae raak van die 120gr noslers, my 243 oppad en dan gaan dit nie nodig wees om die ligte koele te skiet in my 7x64 nie. Die 120gr koele skiet lekker tot op 200m, maar dan begin die 139gr weer wen.

Groete
Danie
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by KalahariKlong »

My resep is:
RWS Doppe
CCI Primers
S365 (51 grein)
Hornady AMax 162 gr
Spoed = 2812 fps

Nogal 'n dodelike lading.

NB : Moet asb nie die lading dupliseer nie, dis van toepassing op my spesifieke geweer.

Groete
KK
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Beer (Christo) »

Beer (Christo) wrote:Manne

Ek join julle groep binne kort al is dit nou met die roer wat ek vir my vroutjie gekoop het.

Ek het CZ 550 gekoop. Watter koeels skiet julle? Ek het gedink om Hornday Interbonds ( 139gr of 154gr) of Nosler Accubonds (140gr of 160gr) te laai.
Ek is vandag offisieel deel van die groep.

Moet die scope nog laat opsit. Ek het ook 139gr Interbonds gekry om mee te begin
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by NEGE3 »

Baie geluk Christo en mag jy jare se plesier uit jou nuwe roer kry.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by JAGTERSREG-JRM »

My resep:

Sierra 175gr
S365
51.5gr Lading
2695 fp/s

Beste groepering tot dusver was 9mm op 100 meter
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by Beer (Christo) »

Dankie Koos

Kobus, daardie resep lyk giftig. My roertjie gaan sommer gebed en gefloat ook word as hulle die scope doen, en sommer die sneller ook stel - al klaar gevoel daar is bietjie creep.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by tripodmvr »

Gebruik ou Barnes X. Beste gekry met 54gr S385 en spoed van 2795vps. Maak hom dood die bok much better
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Is hier al 'n 7x64 elite groep?

Post by JAGTERSREG-JRM »

Beer (Christo) wrote:Dankie Koos

Kobus, daardie resep lyk giftig. My roertjie gaan sommer gebed en gefloat ook word as hulle die scope doen, en sommer die sneller ook stel - al klaar gevoel daar is bietjie creep.

Kyk daai resep het al n wildebeest se tjank mooi afgetrap en nou die dag n varkie laat rol, ek hou van die swaar koeel en daai spoed is mooi.Lekker vir bos en kan n afstand ok aandurf en daai laaaaang projektiel laat n man sommer twee keer kyk om seker te maak jy sien reg.......

Ek gaan my CZ550FS se snellertjie vervang hy is nogsteeds te hard vir my
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply