Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post Reply
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Yalair »

Met die jagseisoen om die draai is dit hoogtyd dat ons resepte en raad uitdeel.
1 e wil ek weet waneer haal jy die pens uit, in die veld of ry jy hom ma so rond tot jy kans kry om hom by slagters af te laai sodat hulle dit doen ?
2 e maak jy net biltong en wors. Enige ander resepte moet hier geplaas word anners gaan jou compouter 'n virus optel en nooit weer werk nie !

270 groete
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Christo »

Yalair

Reserveer een van daai Elande vir my dan kom gee ek jou 'n persoonlike demo van wat jy moet doen. ;D ;D

Ek persoonlik hou daarvan dat die binnegoed so gou moontlik uit moet kom. Meer belangrik dat die bok vir biltong en eetvleis goed leeg moet bloei. As ek nie dadelik na 'n koelkas kan stuur nie werk ek sommer die vel weer toe met 'n stuk lyn om die stof en vlieg uit te hou. Dan l? hy in 'n koelte tot hy opgelaai kan word, en dit moet nie te lank vat nie. As dit lekker koud is in die Karoo is self 'n ? dag OK.

Daar waar ek meeste van die tyd jag mag jy nie die binnegoed in die veld los nie daarom vat ek 'n kunsmissak of 2 saam vir die doel. Die man wil eintlik h? dat die pens inbly tot by die slagplek maar is tevrede as ek die goed in 'n sak gooi.

Vir my biltong en wors koop ek F H of Crown, ek is nie te kieskeurig maar ek gooi mildelik ekstra koljander by. Ek het ook gevind dat biltong gemaak in die Limpopo nie dieselfde is as wanneer ek hulle hier by my maak nie, daarom vries ek klaargesnyde biltong om hier te kom spice en dan op te hang. Ek vind ook dat die vries die selle laat dars en dan droog die biltong vinniger. My stoorkamer met 1 ou enkelstaaf heater en 'n waaier doen die ding al re?n dit vir 'n week.

Probeer ook tiemie saam met jou eetwors. :P

My Springbokbiltong kry so 20% chilibite spice in die spice mengsel. :P

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Izak02

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Izak02 »

Yalair, ek stem saam met Christo, sny so gou moontlik die keel dat die bok goed uitbloei en haal die binnegoed ook gou uit. As jy nie in 1 dag klaar jag nie, moenie afslag nie. Verwyder by die huis/slagplek/jagkamp net die harslag, jy kan `n bok `n hele paar dae so in sy vel laat hang in `n koel plek, want dan droog hy ook nie so vinnig uit nie.
Izak
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Louis102 »

Kwaliteit van wildsvleis begin by die plasing van jou skoot en uitbloei!  'n Kwesbok wat kilometers gehardloop het smaak vir my net nie so goed soos 'n rustige bok wat met 'n goeie hart/long of kopskoot gedood is nie. Indien moontlik moet bok onderstebo hang of afdraend l? sodat hy goed uitbloei. Haal die pens so gou moontlik uit en werk toe soos Christo beskryf - as dit nodig is (vlie?).

Oor resepte kan ons baie lank gesels, maar hier is twee top tips vir eers:

Ek koop altyd Polony "Casings" vir die maak van "hamburger patties".  Sorg dat daar so stopseltjie vir "patties" oorbly.  Spesery na smaak.  'n Pakkie bruin uiesop werk nogal goed saam met die ander speserye.  Ek gooi ook Jungle Oats by om die "Patty" meer bros te maak.  Stop die "Polony Casing" lekker styf en vries.  Saag dan in duim dik "patties" om daardie heerlike hamburgers te maak. Onthou net om die rooi casing af te haal voor jy bedien  ;)

Vir sosaties glo ek die uie wat op die stokkie geryg word moet voor die tyd bietjie gekook of in olie, borrie en kerrie gebraai word voor dit opgeryg word.  Dit maak die w?reld se verskil!  Wees ook versigtig met te veel asyn.  Die meeste resepte boeke het te veel asyn in (my opinie).  Die moeilikheid is dat sosaties maklik te suur kan raak.  Vevang eerder die helfte met meer neutrale vloeistowwe of selfs water en die sous sal nie so suur wees nie.

O ja! Vleis wat ek self verwerk smaak ook beter as daai wat by die slaghuis afgelaai word om te verwerk.

Raak sommer lus vir die winter!

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Yalair »

Dankie julle
Bly om te sien almal so ver glo daarin om pens so gou moontlik uit te haal. As ek die pens uit het sny ek die slagaar teen die rigstring ook af, daar kom ook redelik bloed uit al het die keel ophou bloei.
Ek het so 2 jaar terug toevallig een van daai vleismengers soos die slaghuise gebruik met die spane in om wors mengsel te meng gekoop, dis ongelooflik watter verskil die maak aan smaak, op tafel meng trek die asyn ens nie so goed in nie. So as jy baie wors maak kan jy maar so masjien koop.
Watter vet verkies julle, sagte bees of skaap - persie, ek sien manne praat van damara, maar ek ken nie hul vleis nie. Ek gebruik persie vet, is lekker sag en hou droe wors ook sag.
Lekker springbok rigstring reseppie
Kook murg uit 'n paar murg bene haal murg uit - sout en peper - vlek rugstring oop - sit murg in, maak toe en braai tot net gaar - sny in skywe en eet terwyl warm is.
O ja ek gebruik net vars growwe sout by vleis, bring vleis se smaak beter uit as fyn sout.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Yalair »

O ja
Ek los die vel aan en hou bokke in koelkamer tussen 4 - 6 grade vir so week, dan eers haal ek die vel af en bewerk dan vleis.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Yalair »

Image
Image
Hiers 2 foto's net so om die mond te laat water
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Yalair »

Boonste foto is saterdag oggend se werk ;D
Onderste foto my seun met 15 3/8 springbok - kyk daai geweer  ;D
Ambessa

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Ambessa »

Hallo Yalair

Fyeeennn bregggg. Trotse pa ne! En om nie van die laaitie te praat nie, kyk die trots!

Mooi foto's.

Ambessa
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Caller »

Yalair

Die Universiteit van Stellenbosh het 'n paar jaar terug, navorsing oor wildsvleis kwaliteit gedoen en ek was by een geleentheid, een van die skuts wat die bokke in verskeie senario's moes skiet sodat hulle vleisgehalte wetenskaplik getoets kan word. Hulle het selfs die PH waardes geneem en die taaiheid met 'n taaiheids toestel gemeet. Uitslag;

Vroulike diere het die beter vleis kwalitiete. Verras die dier (moet so rustig as moontlik wees), gee haar 'n doodskoot in die brein (soos met 'n .22-250 Rem./ nie.270 of .308 nie! ::)). Sny haar keel onmiddelik dat sy uitbloei terwyl die bok kop onderstebo hang. Sny die kop ook dadelik af. Haal die pens en ander derms (vetder/slukderm) onmiddelik uit sonder dat die karkas met mis besoedel word. Vervoer die karkas in 'n hangende posisie. Moet glad nie water naby die karkas bring nie. Indien besoeddeling voorkom, vee skoon met 'n asynlap. Bring die diepbeen temperatuur so vinnig as moontlik af na ongeveer twee tot vier grade (moet nooit vries nie). Laat hang in die vel vir so vier dae om ryp te raak, slag af en bewerk onmiddelik.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Yalair »

Caller
Dankie, ek haal die sluk en poep derm saam met pens uit, maar was met water die ergste bloed af, sal kyk na dit volgende keer.

Net so vir inligting, jy kan net 'n bok rustig skiet, om te verras met 270  ;D ;D - jou vinger het seker gegly toe jy tik - moet lees 270/308 nie 22-250 rem  ;D, vir die keer is jy verskoon  :D
Kyk biekie hoe pop die oe uit op boonste foto  ;) - terwyl ek nou so Fyeeennn bregggg  ;D
Last edited by Yalair on Mon Mar 09, 2009 4:29 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Rooies »

yalair

Lyk my jy het die hele springbokspan uitgeroei. Hulle het seker na saterdag kopseer gehad!
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Christo »

Lyk vir my maar vroeg oggend se foto. Daai lig werk vir meer as net die jakkies ;D ;D ;D

C ;D;D;D;D;D;D;D
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Caller »

Yalair

Die water versprei blykbaar die ongunstige bakteri? baie vinnig oor groot dele van 'n karkas en skep dan toestande waarin hulle aansienlik kan vermeerder en die vleis nadelig kan affekteer.

Die asyn dood natuurlik meeste van die bakteri?.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by MEERKAT »

Caller

Het gedink jy het vanaf aardbol verdwyn.

Biltong wat na China uitgevoer word moet rooi van kleur wees. Hoe donkerder die kamer is waar biltong gedroog word hoe rooier is die kleur,net vir interesantheid.

Wat het jy intussen van die weer patrone uitgevind?
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Caller »

Meerkat

Ek was gou vir 'n paar dae na die Vrystaat se Kalharie (Bloemhof se w?reld) toe gewees. Jakkies ingeroep, maar net met die kammera geskiet (ongelukkig). ::)

Ek sien Free meteo se wind voorspelling is redelik akkuraat, maar die res!!! ::)

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Yalair »

Caller
Dankie dit maak 100% sin.

Groete
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Raven »

Aangesien ons al so baie lede bygekry het,en jag tyd is ommie draa miskien kan die manne nog 'n bietjie met ons deel hoe hulle biltong en vleis bewerk.

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Beyers »

Is dit nie waarvoor 'n vrou is nie? ;)
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Raven »

HAHAHa Beyers, nie as jy met 'n dorps meisie getroud is nie, as 'n man skiet, dan moet jy ma self bewerk, al eet mama lekka saam aan biltong.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Spanner »

K?rels, ek het ?rens gelees / gehoor van manne wat hulle biltong spice en dit dan dadelik vries. 
Dis om heeljaar "vars" biltong te h? want ou, dro? biltong wat jy uit die vrieskas haal proe maar net nie dieselfde nie.  Die manne ontvries dan later die biltong in die yskas, laat dit dan soos normaal pekel en hang dit dan op om gedroog te word.  Blykbaar geen verskil in smaak nie, en die biltong word glo vinniger droog as dit eers gevries was (selle wat gebars het en vog vinnig vry stel).  Het iemand dalk dit al probeer ?  Ek kan volgende week 2 blesbokke gaan uitskiet maar dis steeds te warm hier op die oos Tvl se ho?veld  (Secunda) om biltong te kan maak.  Ek wil dit vries todat ek eers vir my 'n biltong droog-kabinet gemaak het wat my sal toelaat om so 2-3kg vinnig op 'n slag te droog - al is dit warm en al die brommers nog so baie rond.  Ek maak van al die vleis biltong en dro?wors - hou net die rugstringe om te braai. 

Het iemand al ondervinding hiervan ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Christo »

Spanne

Ek vries sonder die spice en ontdooi stadig en spice dan net voor ek dit ophang. As dit nog warm is sny dunner stukke en hang hulle agter die yskas op aan 'n draadhanger wat jy sommer oor die ystergrit van die yskas haak. Die lekker dro? lug agter die yskas is net 3 dae nodig. In plaas van asyn gebruik Worcerster sous, dit hou nogal die vlie? lekker weg.

Eet lekker.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Monrique (SJ) »

Spanner

As ek gaan jag dan bewerk ek ook my vleis klaar en vries dit in pakkies met dieselfde hoeveelheid as wat my biltong kas kan vat.  Wanneer ek dit dan ontvries sit ek my sout en so aan op en hang dit dan later in die kas.
Het nog nooit probleme gehad of vleis wat anders smaak as "vars" vleis wat gespice en drooggemaak is.

Lekker biltong maak.

Groetnis
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by theedge »

Ek het maar groot geword met die volgende, As jy 'n dier geskiet het laat jy hom uitbloei so gou moontlik haal pens uit, so gou moonlik.  Dit werk al jare vir my.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Hoe bewerk jy jou vleis ?

Post by Gernie »

Jag is die beste tyd van die jaar met die lekkerste reuke. Reuke, ja daai vroeg oggend koffietjie en die eerste skoot... Ek kom hoofsaaklik daar van Upington se wereld af en het al 'n paar springbokke laat val so oor die jare. Ons het maar al die jare so van die bakkie af geskiet want om springbok se kind op 10 000 hektaar se soek is nogals vreeslik. Die beste maniere vir my en hoe ek groot geword/gemaak is, is die volgende:
- haal heel eerste pens uit
- sny slagaar in die rug af, van binne nadat pens uit is. Dit veroorsaak onmiddelike uitbloei en keer dan ook sand wat gewoonlik op nek-afsny plek sou kom
- nadat uitgebloei het, was bietjie met water uit
- pens word begrawe (Dit is nou as die manne nie w\meer afval kan eet na 'n lang jag seisoen nie)
- Bokke se voor en agterbene gesny en teen tralies gehang
- Half 12 is lewer, tong, niertjies, vetderm en ballas braai tyd met 'n lang bier....

Wors en biltong is maar 'n lang resep uit ouma groeitjie se boek met 'n "spesiale" lepel wat alles meet.

My 2c...
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
Post Reply