Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2013

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
Post Reply
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Eugene »

Manne, die tyd kom nader! Wil julle hê dat ek 'n mampoerproe moet reel vir die Vrydag of Saterdag? Die oom kom met 'n baie mooi toegeruste trailer met mampoere, witblitse, brandewyne en likeure en jy betaal gewoonlik per tot of elkeen betaal 'n vaste bedrag en jy proe alles! Julle moet praat as julle sou belangstel in so iets, dat ek die nodige reelings kan tref!

Alternatiewelik, sal ek probeer om 'n bottel of twee te bring...
Aim small, miss small
MONTIE
Full Member
Full Member
Posts: 129
Joined: Thu Dec 20, 2012 7:07 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by MONTIE »

Ook in vir die bacon & eiers

Montie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by tripodmvr »

Eugene wrote:Manne, die tyd kom nader! Wil julle hê dat ek 'n mampoerproe moet reel vir die Vrydag of Saterdag? Die oom kom met 'n baie mooi toegeruste trailer met mampoere, witblitse, brandewyne en likeure en jy betaal gewoonlik per tot of elkeen betaal 'n vaste bedrag en jy proe alles! Julle moet praat as julle sou belangstel in so iets, dat ek die nodige reelings kan tref!

Alternatiewelik, sal ek probeer om 'n bottel of twee te bring...
Dink ons tyd gaan beperk wees om nog soiets in te pas. Daardie spinnekoppe is baie giftig en die volgende dag voel dit of die gif eers begin werk. Ons soek darem 'n redelike oop kop om mee te kan dink.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by James Wilson »

Ek en maruis is ook on vir die bacon en eiers
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by douw »

Eugene wrote:Manne, die tyd kom nader! Wil julle hê dat ek 'n mampoerproe moet reel vir die Vrydag of Saterdag? Die oom kom met 'n baie mooi toegeruste trailer met mampoere, witblitse, brandewyne en likeure en jy betaal gewoonlik per tot of elkeen betaal 'n vaste bedrag en jy proe alles! Julle moet praat as julle sou belangstel in so iets, dat ek die nodige reelings kan tref!

Alternatiewelik, sal ek probeer om 'n bottel of twee te bring...
Ek verstaan wat oom driepoot sê, maar ek sou dit nogal geniet, jy weet met matigheid voor oë! Wat kos die goed per bottel? Vertel ons bietjie meer van veral die verskillende likeure en brandewyne. Dan kan ek dalk ietsie bestel.

Groete en lekker dag
Douw
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Hennie Dreyer »

Is daar nog 'n plek oor? Wil baie graag bywoon - hoe ver is dit van Vanderbijlpark af? Indien naby genoeg sal Mamma baie gelukkig wees as ek haar daar kan los vir die tydperk - asseblief manne - ek dink ek het die storie baaaaaie nodig
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by tripodmvr »

Hennie Dreyer wrote:Is daar nog 'n plek oor? Wil baie graag bywoon - hoe ver is dit van Vanderbijlpark af? Indien naby genoeg sal Mamma baie gelukkig wees as ek haar daar kan los vir die tydperk - asseblief manne - ek dink ek het die storie baaaaaie nodig
Jy kan deur Vanderbijl ry om in Parys te kom en is nie groot draai nie.

Praat mooi met Cobus Cobb oor plek. Omkoopgeld sal nou betaal moet word!!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Eugene »

douw wrote:
Eugene wrote:Manne, die tyd kom nader! Wil julle hê dat ek 'n mampoerproe moet reel vir die Vrydag of Saterdag? Die oom kom met 'n baie mooi toegeruste trailer met mampoere, witblitse, brandewyne en likeure en jy betaal gewoonlik per tot of elkeen betaal 'n vaste bedrag en jy proe alles! Julle moet praat as julle sou belangstel in so iets, dat ek die nodige reelings kan tref!

Alternatiewelik, sal ek probeer om 'n bottel of twee te bring...
Ek verstaan wat oom driepoot sê, maar ek sou dit nogal geniet, jy weet met matigheid voor oë! Wat kos die goed per bottel? Vertel ons bietjie meer van veral die verskillende likeure en brandewyne. Dan kan ek dalk ietsie bestel.

Groete en lekker dag
Douw
Douw, daar is regtig 'n moewiese verskeidenheid! Ek gaan probeer om 'n pryslys te kry en dan laat weet ek jou!
Aim small, miss small
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by tripodmvr »

Douw, daar is regtig 'n moewiese verskeidenheid! Ek gaan probeer om 'n pryslys te kry en dan laat weet ek jou![/quote]

Kyk of jy die pryslys hier kan plaas. Na ons verrigtinge afgehandel is kan ons dan 'n proetjie proe. As daar Maroela likeur is kan ek belangstel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Eugene »

tripodmvr wrote:Douw, daar is regtig 'n moewiese verskeidenheid! Ek gaan probeer om 'n pryslys te kry en dan laat weet ek jou!
Kyk of jy die pryslys hier kan plaas. Na ons verrigtinge afgehandel is kan ons dan 'n proetjie proe. As daar Maroela likeur is kan ek belangstel.[/quote]

Ek gaan kyk wat ek kan reel! ;D
Aim small, miss small
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Jacquesb »

Eks ook in vir die bacon en eiers.
Dankie Douw!

Manne, gaan ek alleen moet ry van Ptown af? Ek sal stort voor ons ry, belowe! ++>: ;D
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Cobus(Cobb) »

Hennie Dreyer wrote:Is daar nog 'n plek oor? Wil baie graag bywoon - hoe ver is dit van Vanderbijlpark af? Indien naby genoeg sal Mamma baie gelukkig wees as ek haar daar kan los vir die tydperk - asseblief manne - ek dink ek het die storie baaaaaie nodig
Oom Hennie, as jy belowe om jou poedel by die huis te los....... >:+
Bel my more oggend op 083-278-2112
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Eugene »

Vir die manne wat sou belangstel, hier is die pryse:
Beste Eugene ,

Alle produkte is in 375ml bottels verpak en 24 in n boks.

Mampoere kos R75 per bottel en die volgende geure is beskikbaar:
Perske,Pruim,Appel,Appelkoos,Maroela en Lemoen. 52%

Vir dieselfde prys ook n Hanepoot Witblits.43%

Likeure R65 per bottel, geure is Vyeblaar, Roos, Nartjie, Koffie, Pepperment. 23%

Shooters R65 per bottel, geure: Bloutrein(mampoer shooter)
Geelslang(witblits shooter) Appel.

Rissie shooter 33%
Ek glo jy kan per bottel koop en nie per kas nie.

Laat weet maar, dan sal ek dit optel en saambring!

Groete
Last edited by Eugene on Fri Oct 04, 2013 10:38 am, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Marc »

Eugene wrote:Vir die manne wat sou belangstel, hier is die pryse:
Beste Eugene ,

Alle produkte is in 375ml bottels verpak en 24 in n boks.

Mampoere kos R75 en die volgende geure is beskikbaar:
Perske,Pruim,Appel,Appelkoos,Maroela en Lemoen. 52%

Vir dieselfde prys ook n Hanepoot Witblits.43%

Likeure R65, geure is Vyeblaar, Roos, Nartjie, Koffie, Pepperment. 23%

Shooters R65 geure: Bloutrein(mampoer shooter)
Geelslang(witblits shooter) Appel.

Rissie shooter 33%
Laat weet maar, dan sal ek dit optel en saambring!

Groete

Heng teen R75 'n kas gaan die n Laaaaaaaang naweek word, wat is jou bank besonderhede >:D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Eugene »

Marc, jy is stout! :police:

Maar dankie, ek het gou reggemaak voor julle klomp grapgatte weer met belanglike bestellings kom... ;)
Aim small, miss small
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Ian »

Ian wrote:
Ian wrote:Manne en dames.

Indeling vir die kamers.

1. Wouter en Neels - Rondawel
2. Blok, PJ en James Wilson - Kamer 3 Huis (lodge)
3. Cobus en Tripod - Kamer 5 Boma (julle 2 moet soet wees)
4. Douw en sy broer - Kamer 2 Boma
5. Brno.06 en Francois - Kamer 2 Huis (lodge)
6. Marc en Jaco - Kamer 3 Boma
7. Eugene en Aiphons - Kamer 5 Eaglesnest
8. Montie en Jacquesb - Kamer 6 Eaglesnest
9. Ian en Alida - Kamer 1 Boma
10. Jean en John - Kamer 3 Eaglesnest
11. Schalk en Adriaan - Kamer 4 Boma
12. Lynani - Kamer 2 Huis (lodge)


Marius, Martin, Peet (Molopohunter), Gerrit, Pierre, Johandj.

Die res moet my asb laat weet wie gaan kamers deel sodat ek die indeling kan doen. Julle kan nog altyd ook ruil want ek sien van die manne gaan groot vriende word op die pad na die geleentheid.

Julle is dan ook welkom om op http://www.kommandonek.co.za te gaan kyk vir die padkaart. Die koordinate
is S 026 53 177 E 027 21 483. WAARSKUWING !!! Kom eers tot in Parys en dan op die Vredefortpad voordat die GPS gebruik word.
[/quote][/quote]
Ian wrote:Kursus "Gangsters"

Ek voorsien die mieliepap, koffie, tee en suiker. Ek sal dit waardeer as julle beskuit na jul smaak kan saambring en ook 'n 2 liter melk vir die mense wat in die oggend dalk 'n bordjie pap wil geniet.
Ek is van Donderdag 17H00 al daar vir as iemand dalk vroeer wil kom om van die stadsstres ontslae te raak teen geen eksra kostes.

Enige iets wat jul nog kan aan dink moet jul nie huiwer om my te kontak by 083 vier vier nege 449 vyf.

Julle moet veilig ry en onthou die grondpad het lelike 90 grade draaie en die mense gooi die voeruie op 'n string daar om (asb, wees versigtig).

Sien jul Vrydag.

Groete

Ian Beytell
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by douw »

douw wrote:Cobus
Wil jy hê elkeen moet 'n pakkie bacon en 6 eiers bring vir twee oggende se "brunch"?

Res van die manne:
As dit vir almal gaan makliker wees, kan ek dit ook kry en saambring met die vleis. Dit gaan dan uitwerk op R145 per persoon. Dit sluit dan julle 4 manne sin in, om dankie te sê vir die moeite.

Laat weet asb, dan reel ek dit.

Groete
Douw

Goeie dag manne

Ek gee graag terugvoer rondom die kosse.

Die bacon is gekoop, die sosaties en "buffalo wings" is gemarineer en ge"vacuumpack" Ek kry woensdag die steaks en eiers.

Ek neem aan almal stem vir die braaipakke soos genoem. As iemand dit NIE wil hê nie, laat weet asb, anders neem ek aan almal soek dit.

Groete en sien die naweek
Douw
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Marc »

Min dae :D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Eugene »

Marc wrote:Min dae :D
Yip! :)
Aim small, miss small
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by BRNO (Pierre) »

>:+
Veiligheid eerste manne!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Ian »

Ian wrote:
Ian wrote:
Ian wrote:Manne en dames.

Indeling vir die kamers.

1. Wouter en Neels - Rondawel
2. Blok, PJ en James Wilson - Kamer 3 Huis (lodge)
3. Cobus en Tripod - Kamer 5 Boma (julle 2 moet soet wees)
4. Douw en sy broer - Kamer 2 Boma
5. Brno.06 en Francois - Kamer 2 Huis (lodge)
6. Marc en Jaco - Kamer 3 Boma
7. Eugene en Aiphons - Kamer 5 Eaglesnest
8. Montie en Jacquesb - Kamer 6 Eaglesnest
9. Ian en Alida - Kamer 1 Boma
10. Jean en John - Kamer 3 Eaglesnest
11. Schalk en Adriaan - Kamer 4 Boma
12. Lynani - Kamer 2 Huis (lodge)


Marius, Martin, Peet (Molopohunter), Gerrit, Pierre, Johandj.

Die res moet my asb laat weet wie gaan kamers deel sodat ek die indeling kan doen. Julle kan nog altyd ook ruil want ek sien van die manne gaan groot vriende word op die pad na die geleentheid.

Julle is dan ook welkom om op http://www.kommandonek.co.za te gaan kyk vir die padkaart. Die koordinate
is S 026 53 177 E 027 21 483. WAARSKUWING !!! Kom eers tot in Parys en dan op die Vredefortpad voordat die GPS gebruik word.
[/quote]
Ian wrote:Kursus "Gangsters"

Ek voorsien die mieliepap, koffie, tee en suiker. Ek sal dit waardeer as julle beskuit na jul smaak kan saambring en ook 'n 2 liter melk vir die mense wat in die oggend dalk 'n bordjie pap wil geniet.
Ek is van Donderdag 17H00 al daar vir as iemand dalk vroeer wil kom om van die stadsstres ontslae te raak teen geen eksra kostes.

Enige iets wat jul nog kan aan dink moet jul nie huiwer om my te kontak by 083 vier vier nege 449 vyf.

Julle moet veilig ry en onthou die grondpad het lelike 90 grade draaie en die mense gooi die voeruie op 'n string daar om (asb, wees versigtig).

Sien jul Vrydag.

Groete

Ian Beytell

NS. BRING PEACEFUL SLEEP EN 'N FLITS SAAM.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by BRNO (Pierre) »

Wie is so bevooreeg om al vanaand saam met Ian langs die vuur te gaan sit? Ek is reeds jaloers! Ek gaan eers more teen 14:00 uit Pta kan ry. Sien julle dan.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Cobus(Cobb) »

as ek my kinders kan lift reel skool toe vir more oggend, sal ek al vanmiddag ry......kyk nog wat ek kan beplan..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Jean Marais »

Cobus

Ek beplan om die volgende items saam te bring, en jy moet asb sê as jy dink van die goed is oortollig, of dat ek enige iets behalwe pen en papier moet bring:

1. Matryse
2. Virneer
3. "Bullet and case comparator"
4. Doppe
5. Kruit
6. Slagdoppe en priming tool
7. Redding case lube
8. Geweer
9. My stel gonge - vir die wat wil speel op hulle
10. Skaal ??
11. Wat is uitgelaat??

Sien baie uit na die naweek en om nog 'n paar van die manne te ontmoet.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai Kurses vir beginner tot boffin 11/12 en 13 Okt 2

Post by Eugene »

Jean, ek is bly oor jou post!

Behalwe iets te ete en drinke en klerasiegoed, het ek gedink om net notaboek en laptop met QL saam te bring. Ek het geredenaar dit help nie ek vat dies, doppe en kruit saam, as ek nie my press daar het nie, want hoe gaan ek die resultate op my press herhaal?

Cobus, laat weet asb, want ek wil nie onnodig onvoorbereid kom nie!

Groete
Aim small, miss small
Post Reply