Chopper sukses in die karoo!

Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Chopper sukses in die karoo!

Post by Ponkie »

Hallo manne!

Ek het gisteraand met groot Ponkie by die huis gepraat en hy vertel toe vir my van die chopper se onlangse sukses...
Die saak staan so, die vlieenier is Cobus Crous en die skieter een van die boere wat nie bang vir hoogtes is nie! Die chopper skiet in die Rietbron distrik tot by die Wes kaap grens.

Tot op hede is 41 jakkalse gedood. Ek weet nie hoeveel daarvan tewe was nie, maar uit die dragtige tewe is 'n totaal van 59 fetusse gehaal! So slegs in ons distrik is daar 100 jakkalse minder!!! Hulle is steeds besig om te vlieg en die getalle behoort nog te klim!

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
tafjak

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by tafjak »

Ponks

Mooi man! Een van die dae sal die roep-en-skieter weer lewe daar kan verdien. Jakkalse erg slim in darie geweste. Lekker om hulle dan dom te hou. Net ligter op die sak.

Hoeveel hektaar is gedek en hoe werk die storie? Laat weet asb, Ou Skyfire se vliegmasjien is ook moontlik een van die dae tussen die Karoo-jakkalse soos dit vir my lyk.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Ponkie »

Oom Taf

Dit is nog te vroeg om vas te stel op hoeveel hektaar gejag is, want hulle is steeds besig om te jag... As ek nou 'n min of meer beskrywing kan gee sal dit wees van die N9 teerpad af tot by die Weskaap grens anderkant Rietbron. Die tarief is R3000 'n uur en die skieter dink ek vra nie baie geld nie, dis Oom Zietsie wat maar almal probeer help.

As ek meer uitvind sal ek weer op die topic laatweet. Dit is net 'n groot stap in die regte rigting, veral op Willowdale het ek en Oom Johannes minstens 5 pare locate met ons laaste roep, maar daardie jakkalse is ligsku en is baie skelm, en daar het hulle 7 geskiet.

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
bjstegmann
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Wed Feb 24, 2010 10:00 pm

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by bjstegmann »

Ponkie wrote: Die saak staan so, die vlieenier is Cobus Crous en die skieter een van die boere wat nie bang vir hoogtes is nie!
Hallo almal

Ek wil net 'n regstelling maak op Ponkie se post. Die vlieenier was Myburgh Theron van Brandfort. Die projek is nou klaar en die sukses was soos volg:
29 reuns
23 tewe. Daar was 'n aanname gemaak dat as 'n teef melk het, sy gem. 5 kleintjies sou he en dan was ongebore fetusse bygetel en dit het die somtotaal op 90 gebring.
Verder was daar 7 rooikatte ook geskiet, waarvan 4 wyfies was.

Dis moeiklik om die totale hektaar gedek te beskryf, maar dit lyk na min of meer 200 000ha.
Nie al die boere was tevrede en sommige het geen sukses gehad nie, maar die pot is ten minste nou geroer!

Groete
Johannes 
tafjak

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by tafjak »

Johannes

Sien ek spoke of is dit regtig Rietbron/Willowmore se Johannes? Mooiman! Bly om jou ook hier te gewaar.

Taffie
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Tomcat »

Johannes/Ponkie

Wat was die totale koste om die jakkalse te skiet? Maw hoeveel ure is daar gevlieg?

Groete
Tomcat
bjstegmann
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Wed Feb 24, 2010 10:00 pm

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by bjstegmann »

As mohammed nie na die bergtoe kom moet die berg na mohammed toe gaan
ja Taffie dis ek!

Die chopper jag se koste vir die Willowmore Rietbron area om en by 72 uur gevlieg (R3000/uur + vat)

Daar was regtig 'n paar ou kalante daar uitgevat  het ongelukkig nie photo's beskikbaar nie en sal eers later leer om hulle te plaas!!

Lees baie in die forum van die een versus daai een Dit is al 'n paar maal mooi gestel en ook deur Myburgh wat gevlieg het, hierdie is nog 'n stuk gereedskap in die gereedskapskas om te gebruik !!!

Lekker Jag!
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Cois »

As my somme reg is bly dit moer duur!!! Sonder fetusse, as ons n dragtige teef skiet word jy net vir die teef betaal, kos n jakkals sonder vat R3661.01 en saam met vat R4173.55. Dis as ek reg is, die jakkies en katte saam was mos 59.

Dit bly n hulpmiddel die chopper maar dan reken ek regtig ons jagters skiet vir te goedkoop.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Tomcat »

Ja jong lyk my daar is net jagters en nie choppers nie.
Ek het al by mense geskiet wat jou nie transport wil betaal nie en jou nie eers in die huis in nooi vir n koppie koffie of iets te ete nie. As jy niks kry die hele nag nie is dit maar jou eie saak, verniet gewerk en verniet koud gekry. Da in die skeer stoor sien jy gewoonlik hoekom.
My bakkie loop nie op avgas nie maar diesel kos ook geld.
Chopper jag is vir my n baie sensitiewe onderwerp en Romeo India Alpha het al in my slaai kom krap nadat ek vir hom gevra het of ek nie kan deel uitmaak van sy jagtery NET op die plase waar ek jakkalse skiet nie. Dit het op dowe ore geval.

Ek is op die oomblik op n plek waar ek net nog kwater word omdat ek sien hoe relatief maklik jakkalsskiet is in n gebied waar die jakkalse  nie rondgef&* word nie. Gelukkig draai die wiel en vlekkie het nog nie almal maniere geleer nie, maar dit kom! Betaal maar die choppers terwyl julle nog kan en van die geld wat oorbly koop nog roepers en stoele en copy nog n paar CDs.

Mooivlieg
Tomcat
User avatar
WOLF
Full Member
Full Member
Posts: 195
Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by WOLF »

Hallo Tomcat
jy het darem nou n teerpuntjie aangeraak,maar die waarheid is mos die waarheid.
HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Louis102 »

Tomcat wrote: ....Mooivlieg....Tomcat
Tomma

Lyk my jy's lekker omge-ellie! 

Tomma, as ek jou reg uitluister, mag dit volgens jou 'n fout vir die boer wees om van choppers gebruik te maak, stoele te bou/koop, roepers & CD's te koop ens. ens.  Wat sal volgens jou die regte ongediete beheer-plan wees vir 'n boer soos ek wat sommer tussen die jakkalse 'n bestaan probeer maak?  Klink my dan asof ek volgens jou verkeerd dink, want behalwe vir die manne wat vlieg, traai ek ook maar als om te sien wat werk.

Of moet ek ook loop mooivlieg?

Louis

Ns.  Moet bieg, as sukses aan die binnekant van my stoor gemeet moet word, is daar nie hoop vir my nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Tomcat »

Louis
Louis102 wrote: Tomma, as ek jou reg uitluister, mag dit volgens jou 'n fout vir die boer wees om van choppers gebruik te maak, stoele te bou/koop, roepers & CD's te koop ens. ens. 
Nee glad nie! Dit klink seker of ek nou myself weerspreek. Dit bly die boer se plaas, sy skaap, sy lammers, die bure se jakkalse en sy kudus. Dus kan hy maak wat hy wil. As jy die besluit maak om te roep en skiet dan doen jy dit ordentlik, vir die res van jou lewe. Ek weet van n paar boere wat hulle eie plase jag en hulle is beter as ek, jy inkluis. Maar die teendeel is ook waar en van al die goed wat in die veld gebeur hoef ek jou nie van te vertel nie. Op hierdie plase kry jy dan slegte jagters en goeie choppers. Voorbeeld van so n ou was nou die dag iemand wat my bel( Noord van Bloem). Hy wil net gou weet wat die beste roepe is en o amper vergeet ek hy het darem n Tewis roeper( Niks teen dit nie) Ek dog by myself jou arrogante black-sam en se toe maar vir hom hy kan seker nie verkeerd gaan om met kos te begin nie. Hy bel my n dag of wat later en vertel my van al sy skelm jakkalse. Ek het maar net gelag want as jy nie in die mieliedriehoek n jakkals geskiet kry nie is jy n paluka.

Choppers het ook n plek in ongedierte beheer. Onbegaanbare terrein en waar jakkalse al volume 6 uit hul kop ken.

Volgens my is roep en skiet seker die beste metode van ongedierte beheer as dit deurlopend reg gedoen word. As jy nie tyd het om dit te doen nie of as jy so af en toe n kappie in die veld maak OF as jy jou seun veld toe stuur( wat op skool of universiteits vakansie is) om hom voor die TV weg te kry, bly eerder uit die veld uit. Jy is besig om jou chopper ure te boek! Dalk is dit ook maar reg so.....

Louis102 wrote:
Ns.  Moet bieg, as sukses aan die binnekant van my stoor gemeet moet word, is daar nie hoop vir my nie.
Die grendste jagbakkies staan gewoonlik daar met beter toerusting as wat ek en jy saam het.


Ag ou Louis miskien is ek net jaloers oor die R246000 wat deur daai chopper se exhaust is en ek weet dit kon dalk beter aangewend word.
Moet bieg ek sal ook in daai ry wil staan as die tweehonderdduisendrande uitgedeel word ;D

Maar soos ek weer se dis nie my lammers wat gevang word nie.

Tomcat
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Louis102 »

Tomma

Nee wat, geweet waar jou hart sit en hoe hard jy werk om die pot aan die kook te hou.  Ken jou darem ook al so bietjie, alhoewel ons nog nie blad geskud het nie.  Net gedink ek torring maar so bietjie terwyl jy lekker warm om die kraag is. ;D ;D  Ek weet hoe dit voel want ek beleef heelwat sulke dae.

Sterkte met die goeie werk en hou daai plek se jakkalse soet, indien nie na 'n beter plek toe nie!

Louis

Ns.  Wanneer is daar weer van daardie Scope se lig brackets beskikbaar?  Jy't my nie vergeet nie, n??
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Chris101 »

Tomcat

Ons moet net ons tariewie aanpas dit is duidelik dat baie boere nie omgee om te betaal nie'
ek dink in die koers van.
R 800-00  ongewisselde jakkas 1 dag tot +_ 4maande
R 1000-00 jakkals
R 2500-00 dragtige teef
R 1000-00 per nag uitroep tareif
R 5-00 per km van my huis tot my huis.

Chris101
Knou die gediertes AF.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Louis102 »

Chris101

Koop vir jou 'n chopper, dan kan jy R3000 'n uur charge.  Dis mos beter as R5 per km?  En 'n goeie nagrus inkry?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Tomcat »

Louis

Daar sal binnekort weer wees, en jou naam is op daai lys.

Groetnis
T
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by tafjak »

Sien die nuutste poging is alweer R3800-00 per jakkals en dit is die maklikste tyd om jakkalse te skiet. Cois, ons moet begin planmaak.

Joe! wonder wat ek met die R140 000-00 sou kon doen as ek my jakkalse vir darie prys kon swaai.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Ambessa

Re: Chopper sukses in die karoo!

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...nuutste poging is alweer R3800-00 per jakkals en dit is die maklikste tyd om jakkalse te skiet... ...wonder wat ek met die R140 000-00 sou kon doen as ek my jakkalse vir darie prys kon swaai.
...waar..?

Ambessa
Post Reply