Tewis kursus in Pofadder

Post Reply
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Tewis kursus in Pofadder

Post by Ja-jagter »

Taffie

Wie sal jy/julle aanbeveel vir 'n kursus.  Tewis bied 17de Aug een aan.  Kan julle asb laat weet of dit die moeite werd sal wees of nie.  Ek stel baie belang in 'n kurses, maar wil graag dit die moeite werd maak, want soos julle weet kom dit nie goedkoop nie.

Ja-jagter
tafjak

Re: Tewis kursus in Pofadder

Post by tafjak »

Ja-jagter

Jong, ek sou dink enige kursus in die gewoontes van jakkalse, skiet van jakkalse, roep van jakkalse en die minimum vereistes op uitrustig benodig sou betenisvol wees. Ek het egter nog nie 'n kursus by Tewis gedoen nie, sou graag as die kans hom voordoen.

My aanbeveling op instrukteur en aanbieder van so kursus sal Heinrich Funck of Hendrik van Rensburg wees as jy my sou dwing om iemand te noem. Hulle gelyke is daar op hierdie oomblik glad nie en nie eers naastenby nie.

Voorspoed

Taffie
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: Tewis kursus in Pofadder

Post by Ja-jagter »

Taffie

Dankie.  Die rede hoekom ek vra, ek het al met Tewis gesels en hy het gese dat sy manier van jag soos dag en nag van Heinrich en Hendrik verskil.  Ek jag maar op laasgenoemde se metodes.  Sal ook graag wil sien wat Tewis uit die hoed trek.  Prys is maar net baie hoog vir nuuskierigheid.  As ek egter iets waardevol leer dan is die prys nie 'n faktor nie.

Ja-jagter
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Tewis kursus in Pofadder

Post by Ooploop »

More Ja Jagter

As ek mag vra wat kos so kursus?

Groete Ooploop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Tewis kursus in Pofadder

Post by Louis102 »

Ja-jagter

As ek jou my ongevraagde opinie mag gee.  Ek het Tewis en Johan van Schalkwyk se gesamentlike kursus bygewoon.  Ek het ook twee van Jaracal se kursusse bygewoon sowel sy E-boek en DVD's bestudeer.

By my bestaan daar geen twyfel dat die Jaracal metodes en klanke werk en sy kursusse meer volledig is nie.  Dit is wat my aanbetref, die volhoubare manier van roep.  Veral roep in die moeiliker tyd.  As ek krities mag wees, Jaracal se kursusse is so volgeprop met pitkos, dat ek nodig gehad het om weer en weer die dvd's en E-boeke te bestudeer na die kursus om beter waarde daaruit te put.  Ek is wel maar aan die stadige kant, maar leer nog steeds elke keer.  Moet dus nie verwag dat die kursus jou volleerd gaan maak binne een dag nie.

'n Mens kan egter van enige een leer, dit hang net af van jou ingesteldheid. (soms is dit hoe om dit ni? te doen ni? ;))  Die grootste verskil (vir my) tussen die twee se tegniek-aanbiedings is die volume waarteen geroep word en hoe kos- en jakkalsklanke vanaf die selfde staanplek vermeng/aldan nie, kan word.  Jy sal waarskynlik met Tewis se metodes (eintlik Johan van Schalkwyk s'n) ook jakkalse ingeroep kry, maar die volhoubaarheid van Tewis (Johan) se tegnieke pla my.  M.a.w. om 'n area so agter te laat, dat daar weer op 'n latere stadium suksesvol in daardie area geroep kan word. (hoe geleerd is die jakkalse wat agter bly? - al is dit by die buurman)  Verder verskil Tewis en Jaracal nie veel in die keuse van staanplekke, gebruik van die wind ens. nie.

Tewis het wel een of twee handige klanke wat hy saam met sy kursus versprei en wat mooi werk en nie op die Jaracal versamelings is nie.  Die teendeel is ook waar.  Die groter meerderheid klanke van die twee, oorvleuel egter.  Maak doodseker dat die CD's wat Tewis op sy kursus uitdeel, wel klanke op het, want ek wag nog steeds dat hy 'n foutiewe CD van my moet vervang wat ek op sy kursus bekom het.  Sov?r ek weet is ek nie die enigste nie.  Hy het belowe dat hy al sy produkte waarborg, maar ek wag nou al baie lank.

My aanbeveling:  Woon die kursusse by wat jy kan bekostig, maar as ek net een moet kies, sal dit ongetwyfeld die Jaracal kursus wees.

Groete
Louis

Ns.  Daar is vir elkeen 'n plek in die industrie, ons moet die groeiende jakkalsprobleem aanspreek.  Hoop nie ek was onnodig krities in my opinie nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Tewis kursus in Pofadder

Post by frinam »

Louis, mooi opgesom. Miskien moet ons ook net noem dat Tewis en kie ook geen "handouts" tydens of na die kursus uitdeel nie, almal moet aantekeninge maak tydens die kursus. Verder is daar ook geen kursus program wat voor die kursus uitgedeel word van watter aspekte behandel gaan word nie. Op die einde kan daar dus nie bepaal word wat alles behandel was en wat per ongeluk oorgeslaan was nie. Laastens is dit ook belangrik om te noem dat daar geen "praktiese" deel na die kursus plaasgevind het nie en dat daar ook geen geleentheid was vir nabetragting na afloop van die kursus was nie. Bge ondervindinge is my eie wat ek ervaar het tydens die kursus wat Tewis en Johan vroeer vanjaar op Uhlenhorst (Namibie) aangebied het. Sterkte- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: Tewis kursus in Pofadder

Post by Ja-jagter »

Ooploop

R1000

Ja-jagter
Ja-jagter
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Thu Jan 22, 2009 8:38 pm

Re: Tewis kursus in Pofadder

Post by Ja-jagter »

Louis 102

Dankie vir stukkie volledige inligting. Juis een van my probleme is die volume wanneer daar geroep word,dag en nag. Die meng van klanke is net so belangerik, en sal ook graag meer wil weet.  Laastens om gebied so te laat dat ek weer daar kan jag.  My buurman se dat ek te sag roep, maar my sukses is goed.  Dit is al redenasie wat ek het.  Ek sal hom graag volgende keer met die regte feite wil aanvat.

Ja-jagter
Post Reply