4x4 Hulp benodig

User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

4x4 Hulp benodig

Post by Katefbessie »

Dagse manne! Hoop dit was vir almal 'n geseende naweek!

Ek het 'n Hilux 3.0D-4D D/C 4x4.. en ondervind tans die volgende probleem:

As ek hom in 4H sit àktiveer my voorste wiele glad nie, Indien ek hom in 4L sit ry hy soos hy in low range moet ry maar die voorste wiele aktiveer ook glad nie?!
Is daar enige van julle manne wat dieselfde al ervaar het, en kan jul my dalk 'n idee gee van wat die probleem dalk mag wees?

Dankie
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by cassie_calvinia »

vat die ding Toyota toe. kan net 'n relay wees. of, 'n stukkende diff
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Smiley »

Ruan, kom die 4x4 liggie regs op die paneelbord op?
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Raven »

As daai D4D "automatic hubs" het dan is dit die "vacuum suig ding" wat stukkend is.
Ek het al langs die seewaters gehoor die manne praat daarvan. Bakkie wys als is reg vir 4x4, maar niks gebeur want die voorste hubs skop nie in nie.

Jammer man eks nie n mechanic, maar weet dit kan jou R3500 maklik kos.

Raves
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Katefbessie »

Die liggie kom glad nie eers aan nie Smiley...
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Riaan Beeslaar »

Ruan, ek dink jy het 'n groter probleem as wat jy dink. Laat Toyota maar kyk. mens hoef nie hulle te gebruik om die herstel werk te doen nie, laat hulle net eers die probleem diagnoseer.
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by musgrave270 »

Riaan Beeslaar wrote:Ruan, ek dink jy het 'n groter probleem as wat jy dink. Laat Toyota maar kyk. mens hoef nie hulle te gebruik om die herstel werk te doen nie, laat hulle net eers die probleem diagnoseer.
Ruan, ek stem saam met Riaan. Laat Toyota vir jou kyk. Het jy die bakkie nuut gekoop? Is hy dalk nog onder waarborg?
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Katefbessie »

Ja ek dink ek moet hom maar vat dat hul my kan se wat is die probleem... nee ekt hom 2de hands gekoop maar is gelukkig darm nog onder waarborg. Ek sal biki laatweet wat die probleem is... Hoop net nie dis duisende rande nie, anders is my scope koop budget in sy moer!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by PaulM »

Sal graag wil hoor wat is fout. Klink soos 'n transfer case probleem. In daardie geval hoop ek jy het begroot vir 'n Swarovski of 'n Schmidt & Bender........ :-\

Sterkte.
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by mariusr »

As die liggie nie aan gaan is daar miskien net draadjie af of fuse geblaas? :o
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Smiley »

Marius dis my gevoel ook of 'n relay wat nie kontak maak nie, hoop dis so 'n klein fout.
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Kallie404 »

Ruaan,

Sluit aan by die Hilux 4x4 Forum, daar sal beslis manne wees wat weet waarvan jy praat ( nie dat ek dink hier is niemand op Jaracal wat nie kan help nie.... ;) ) en dalk n goedkoop/alternatiewe oplossing het. Kyk by http://www.hilux4x4.co.za

Ek is lid op die Cruiser Forum en jy sal nie glo wat se raad mens alles daar kry nie .

Hoop dit help.
Last edited by Kallie404 on Mon Sep 02, 2013 5:41 pm, edited 2 times in total.
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Katefbessie »

Dankie Kallie!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by cassie_calvinia »

daar sal ook maar net spekulasie wees. daar is baie goed wat verkeerd kan gaan. is jy seker jou wele trek nie? dat dit dalk net liggie is?
vat die ding Toyota toe, en sort dit uit, eerder as om te sit en worry, en te raai
HOU HOM DAAI DIKTE
Danie Lombard .243

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Danie Lombard .243 »

Jou bakkie sal in low range reageer omrede dit 'n skakel is in die transfer case. Die voor diff se sluit en ontsluit het niks met transfer case te doen nie.

In kort hoe dit werk,

Die tiepe voor diff het nie outer hubs wat sluit en onsluit nie, inner and outer CV's asook outer stubb axel side shafts draai permanent saam met voor wiele, deur die nuckle en nuckle bearings, in die diff by die linker kant se side gear and planet gear is daar 'n actuater wat met vacuum werk, hubb and sleeve, as die relay die sein kry van die gear lever af suig die posetive vacuum die actuater en die sleeve skuif oor en die outer side gear and planet gear koppel vas, dan word die krag van die voorste prop shaft oorgedra na die voorste side shafts.

As daar fout is met die vacuum relay, fout is met diff acuator, fout is met bedrading of fuse kan dit die rede wees dat die hubb and sleeve nie koppel nie. Dit is dan 'n klein fout.

As daar dalk fout is in die diff kan dit nogal trane wees.

Dit is een van die redes hoekom 'n 4wd ten miste een maal per maand vir ten minste 10km in 4wd moet ry om die crown wheel, pinnion en al die ander palnet ratte en side shafts te smeer asook om die vacuum actuator te laat werk.

Geen le onder die diff, laat die engine idle, main gearbox in neatral, laat iemand die transfer case gear lever in 4H en 2H heen en weer skuif, kyk of die push rod van die actuator net agter die diff links van die center prostion in en uit beweeg. As dit nie werk nie is dit 'n klein fout, kry nie sein en krag en vacuum om te beweeg nie. As die push rod in en uit beweeg is die four binne die diff.
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Katefbessie »

Dankie Danie vir daai verduidliking! ek hou maar duimvas! Ekt geweet daar sal iemand op die groep wees wat die dinge verstaan!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Raven »

Danie,

Dankie vir die mooi verduideliking van die "vacuum ding" wat ek vroeer bedoel het....

Groete Raves
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by cassie_calvinia »

het jy al 'n antwoord gekry?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
JohannHorn
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Wed Aug 15, 2012 7:59 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by JohannHorn »

Ruan, laat weet watse parte jy nodig het, ekt 2 D4d 4x4s gekoop by die veiling, so ek het baie parte as jy nodig het!
Groete
Johann
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Cobus(Cobb) »

JohannHorn wrote:Ruan, laat weet watse parte jy nodig het, ekt 2 D4d 4x4s gekoop by die veiling, so ek het baie parte as jy nodig het!
Groete
Johann
Chomma, het daar nognie 4 tyres uitgekom vir my nie??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Katefbessie »

Dankie JohanHorn!!! Ek sal laatweet, ekt nog nie tyd gekry om die bakkie by Toyota uit te kry nie, maar beplan om hom vinnig daar uit te kry! Dankie vir al jul hulp
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Katefbessie »

My bakkie is nou in by Toyota, flip ek hoop en bid dis nie duisende rande nie! Ek laat weet vanmiddag wat die fout was met die 4x4
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Katefbessie »

Manne Manne Manne!!!! Moerse goeie nuus en wat 'n verligting. Toyota het my nou gebel en gese die probleem met my 4x4 wat nie wil engage nie is blykbaar as gevolg van een of ander tipe plug.... End van die prent.. dit kos my nou by Toyota slegs R399 om my 4x4 weer in orde te kry!!!! eks so verlig! Dank die Vader.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by VdWalt »

Baie bly vir jou!! Lekker naweek ....!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 4x4 Hulp benodig

Post by Chevvy SS »

Lekker man, lekker!
Post Reply