Helikopter

Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Helikopter

Post by Cois »

Dagse manne

Ek het maandag en dinsdag bietjie met die helicopter jakke gesoek en toe 22 geskiet. Wat n lekker besigheid is dit nie. Het twee weke terug dit vir die eerste keer gedoen en n total van 32 jakke en n kat geskiet in vier dae. Nie te sleg vir die tyd van die jaar nie sou ek se.

Groetnis
Cois
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Helikopter

Post by RUPERT »

Dit klink na groot sport.Hel
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: Helikopter

Post by Jakkie 321 »

Blikskottel watter area was dit??

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Helikopter

Post by Dawie Malan »

Hallo Almal

Ek het die naweek weereens die gesprek gehad met boere waar hulle gereeld met helikopers skiet.

Die probleem is dat die helikopters net in die dag vlieg, nie bebosde areas kan fynkam nie en net sekere jakkalse opjaag. Daar is steeds die jakke wat die boere moet roep en skiet en ook in slagysters vang.

Alhoewel 'n helikopter sy plek het in die bekamping van jakkalse, blyk dit dat die tipe plaagbeheer nie alleen op 'n gebied uitgeoefen kan word nie.

En ek glo dit is groot pret!

Groete

Dawie
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Helikopter

Post by Chevvy SS »

Met haelgeweer?
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Re: Helikopter

Post by Spekboom »

Cois

Hoe groot was die area wat julle gevlieg het en hoeveel vliegure het julle ingesit, dis nogal baie jakke daai vir twee dae se werk.

Daan
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Helikopter

Post by Henry 7 »

Daai slimmes wat roepsku ens. is die soort wat jy met die chopper kry-selfde as met roep moet dit nie oordoen word nie want hulle leer vining-hulle skiet met haelgewere (SSG's),vliegtye was aan die begin soggens vroeg en laatmiddae maar deesdae vlieg hulle sommer enige tyd van die dag,Kostes is R3200 voor BTW en dan is jakke verniet.
Groete
Henry
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Helikopter

Post by Cois »

More manne

Die chopper is laat kom om spesifiek problem jakke te soek en het toe uitgekring en sommer n groot kol geword. Ek roep en skiet maar hierdie was vir uiterstes bedoel. Het n teef geskiet wat ek al vier jaar mee spook en nie kan kry nie, nie met ysters of dagroep of in die nag nie.

Skiet met n haelgeweer met AAA's. Jy kan n groot area dek en dit redelik deeglik doen, maar dis net n hulp middle en nie al antwoord nie.

Cois
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Helikopter

Post by tau »

Chopper vlieg en jakkals skiet....klink vir my soos iets waarvoor mens moet betaal om te doen soos 'n eiland vakansie :)
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Helikopter

Post by Jake1 »

Henry 7 wrote:Daai slimmes wat roepsku ens. is die soort wat jy met die chopper kry-selfde as met roep moet dit nie oordoen word nie want hulle leer vining-hulle skiet met haelgewere (SSG's),vliegtye was aan die begin soggens vroeg en laatmiddae maar deesdae vlieg hulle sommer enige tyd van die dag,Kostes is R3200 voor BTW en dan is jakke verniet.
Groete
Henry
Is dit R3200 per uur?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Helikopter

Post by Geno »

G&G jol ook af en toe so bietjie.

Hier kap G-Force een op Cradock.


Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Helikopter

Post by Jake1 »

Jas (die Jas wat almal ken) is hierdie nie 'n goeie oplossing nie?

J1
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Helikopter

Post by Henry 7 »

Ja dis per uur!
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Helikopter

Post by Cois »

Jake 1

Ja dis R3200 per uur. n Mens vlieg darem n groot area in n uur.

Cois
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Helikopter

Post by Jake1 »

Soos ek luister na die ouens se verliese aan Jakkalse en Rooikat in geldwaarde is dit darem maar 'n druppel in die emmer.

Dit kan seker net gedoen word in gebiede waar daar nie baie bome is nie, doen julle dit ook in die Bosveld?

J1
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: Helikopter

Post by Cois »

Jake 1

Baie digte gebiede maak dit moeilik want die groot ding is maar as hy padgee vir die chopper dat mens hom sien beweeg en dan op hom afsak en skiet

Cois
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Helikopter

Post by Stefan Fourie »

Volgens my opinie is daar geen foolproof of 100% suksesvolle metode nie, maar hoe meer opsies jy het hoe beter is jou kanse op sukses. Ons jag al baie jare, moet seker al 17 wees, uit 'n microlight jakkalse. Dis die suksesvolste metode nog wat ons gebruik. Die ideaal is as die trike by jou op die werf staan en as die weer jou kans gee jy binne enkele minute in die lug kan wees, so gereeld as moontlik. Die regte weer is ook in die ongediertes se looptyd, vroeg oggend en laat namiddag. Jy hoef nie ure aaneen te vlieg nie, jou stêre hou elk geval nie die lang stilsit nie. Het al soms lank gesoek vir 'n jakkals, maar die korste jag nog was 9 minute vanaf engine start tot hy geskiet is, die tyd sluit engine opwarm in en wag dat die bees van die runway af geepad het. Jy kan net soveel meer dinge uit die lug sien as van die grond af. Jy vlieg altyd oor die waters, pyplyne, lyndrade, vee en wild troppe en kan baie maklik enige foute raaksien. En dis natuurlik vet pret ook.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Helikopter

Post by Stefan764 »

Hallo Stefan Fourie

Welkom hier. Vanwaar is jy? Maat van my wat naby Loxton boer skiet ook redelik suksesvol met die microlight en haelgewere.

Groetnis
Stefan Fouche
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Helikopter

Post by Gernie »

Nog videos, nog videos.....
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Helikopter

Post by tripodmvr »

"n Vriend van my is lief om te sê "toe skiet ek hom dat hy rol in die stof". Daai haghals het so sy alie gesien.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Helikopter

Post by Stefan Fourie »

Stefan, ons is van die suide van Namibië, plaas is in die Stampriet omgewing.
Trip, jy praat van rol in die stof, daar is min dinge so mooi op 'n jagtog as daai jakkals so hard hardloop as wat hy kan en jy skiet hom plat, hy nie op val nie. Ek het 'n foto waar so 'n jakkals lê met die hael gate en val streep, sal dit hier op sit.
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Helikopter

Post by Stefan Fourie »

Hier is 'n foto van 'n jakkals wat ons uit die microlight geskiet het, was 7 minute na opstuig. Die groot sirkel wys waar die hael min-of-meer geval het en die kleiner een wys waar die jakkals sy deel daarvan gekry het. Kyk waar lê hy, dis darem 'n mooi soort val daardie! Skoot was bietjie agter, mag van die gewoonte om effens agter die jakkals/vark te korrel omdat jou momentum die korrels vorentoe dra, het in die begin baie keer voor verby geskiet. Dit bly maar 'n hengse kuns en as mens nie gereeld oefening kry nie raak dit 'n frustrasie. Dis moelik om hoogte te skat waarop ons skiet, maar dit moet tussen 15 en 30 meter wees. Hierdie hoogte word ook maar bepaal deur die weer en terrein waar jy die ongedierte raakloop. In digte bosse hou mens so bietjie hoër om hom makliker in die oog te hou as jy hom mis skiet of hy onder jou in swenk. As hy oor 'n kaal stuk hardloop dan gaan ons weer laer in. Jou skiet tyd raak net korter hoe laer jy ingaan, maar momentum affekteer jou skoot weer minder. Al vlieg daai trike omtrent 85kmh voel dit nog steeds soos 'n Mirrage!!
Die geweer is 'n doodgewone enkelskoot Baikal, in die Suidkaap noem hulle dit 'n waterpyp, baie raak beskrywing. Ek het op 'n stadium 'n lieflike AYA s/s dubbelloop gehad, het baie lekker met hom geskiet. Dubbelloop is ideaal omdat jy soms 'n tweede skoot kan skiet as die eerste een mis was. Die hael is nommer 1 of 3. Ons het in die begin SG en SSG geskiet, maar as jy bietjie hoog is het die korrels hom gemis. Toe is ons af AAA toe, maar het baie sukses met 1 en 3. Hierdie raad by Ribbok en Ooploop gekry.
Vlakvark is natuurlik 'n ander storie, jy moet vir hom sommer lekker raak skiet met AAA om hom dadelik plat te skiet.
My raad aan boere op relatief gelyk plase is om 'n microlight aan te skaf. Dis nog 'n opsie om ongediertes te beheer, maar baie suksesvol en relatief goedkoop. Dis ook jaartse pret!! Wees asb net verantwoordelik en moenie kanse vat nie, jou lewe en gesondheid is baie meer werd as 'n jakkals.
Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Helikopter

Post by Louis Kriel »

Waas die foto's Cois?
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Helikopter

Post by Stefan Fourie »

Dis naby Stampriet, Mariental omgewing.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Helikopter

Post by Jassie »

Jake1 wrote:Jas (die Jas wat almal ken) is hierdie nie 'n goeie oplossing nie?

J1
Jake, Sorry man, ek vra vergifnis, sien nou eers die melding. Het jou nie ignoreer nie.

.... presies hoe mens sake met die #$@% doen,- roepskiet, ysters, heli's, skoonma's en nog so 'n paar ander trieks wat mens nou nie in die openbaar noem nie maar wat almal weet toegepas word. Jammer dat die heli nie die finale oplossing is nie maar deel van 'n paket van aksies.

Desnieteenstaande vorder die jak getalle goed omdat die boer tegnies eintlik maar net by homself beheer kan uitoefen. Sy buurman en die se buurman neem mos maar hul eie besluite.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Post Reply