Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
My Swaer se lande is so 20meter van die huis af en gisteraand het iets hom kom skade maak.
Wat vang so? en al 5 op een aand.
Help asb met raad dat ons die ding kan voorle asb
Last edited by Roelo on Thu Aug 12, 2010 1:23 pm, edited 1 time in total.
Nannie
Dit is jakkals se kind daai!
Net die melkpens uitgeet, baaie lekkerbekkig nogal algemeen met sulke jong lammers. - soos ek kan sien op die foto
Jy moet hom/hulle uitsort hulle is nou gewoond aan die jong lammers.
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
Afriventure praat waarheid. Jakkals wat melkpens uitgevreet het. Dit is 'n ou truuk van jakkals. Nie bobejaan nie. Sal meer slordig gevreet gewees het. Canis se skerp snoet is goed aagepas vir die maak van gate in weefsel.
Julle sal nie glo nie maar gisteraand net so toe dit donker word toe kom die kwaad doener weer kraal toe.N Draaijakkels, wat se die groenes nou want hys mos nou bedreig en boetes en als.
Draaijakkals as sulks, verbaas my nie. Hulle het by my ook dan en wan al skade gemaak. Wat my wel verbaas is die hoeveelhied wat gevreet is vir so 'n klein lyfie - dit op een aand. Moet seker 'n kroos h? waarvoor daar gesorg word?
dit is baie interrissant, ek het so 2jr terug in randjie kamp onder berg 15 lammers so verloor, 1ste nag 3 toe 5 en toe 7. Ek het daai eerste dag skaaphond geskiet 2 de dag niks en derde dag 2 draai en 1 bojaan geskiet. Toe het dit gestop en ek was oortuig dat dit bojane was en al die ou ooms het ges? dit is bojaan.
Roelo
wonder tog of dit draai was. So n klein dingetjie en so baie geeet op een aand. Stem saam met mac oor bytplek op kakebeen. Kyk waar hy doodgemaak is as jy nog die karkasse het en hoe ver die slagtande uitmekaar is. Onthou n draai loop ook baie in omgewing van jakkie rond.
Groete freddie