Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek was vandag bietjie safari&outdoor toe om spesifiek na hulle Burris scopes te gaan kyk. Ek het gekyk deur die FF2 se 4.5-14x42mm en die 6.5-20x50. Beide die teleskope het my impress. Ek het net een vraag aan almal wat die teleskoop as 'n nagjag scope gebruik. Dit wil vir my lyk of Burris net 2 scope's het wat 'n 30mm tube het, en is dit dan nie juis 'n vereiste wat hoog op 'n nagjagter se lys is by keuse van scope nie? Of maak die feit dat dit 'n 25mm tube is nie so groot verskil nie? dit moet net 'n 50mm lens voor he?
Oom Piet, Jy is mos 'n groot Burris man wat oorgeskuif het van leopoldt af. Help my asb bietjie met beste keuse uit Burris se reeks scopes? Maar dit gaan moeilik wees, want dit gaan 'n tipe van 'n allrounder scope moet wees... Ek soek graag 'n scope met 'n 50mm lens en dan moet hy geskik wees vir papierskiet sowel as jag, want ek het tans nog net die 308 warmee ek by die Jagtersvereniging skiet sowel as jag by die huis.
Ek sal almal se insette wardeer, ek doen vir eers net bietjie window shopping.
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ponkie, ek het self nog nie n 6 -20 nie, maar wil vir my een kry, dus kan ek nie praat van sy nagskiet vermo?ens nie. Ek het wel n paar van die 4.5 - 14 x 42's en hulle werk baie goed vir die kompetisies, en nagskiet. Ek het al baie bokke met hulle in die nag geskiet.
Ek dink tog dat die 6 - 20 goed sal wees in die nag as jy nie op te groot vergroting gaan skiet. Met my o? wat nie meer te goed is, werk die groter vergrotings vir my beter op die baan waar ek my skote kan sien. Jy moet net in ag neem dat dit n geweldige groot aanpassing is om te leer skiet met n groot vergroting. Maar as jy dit onder die knie kry, is dit lekker. Meeste mense skiet aanvanklik eers swakker met n groot vergroting, en as hulle hom eers gewoont is, dan eers beter.
Die 30mm buis gaan nie vir jou beter nagsig "light gathering" gee nie, maar net meer vertikale en horisontale verstelling. Hulle maak n "tactical" scope met n 30mm buis. Die een wat ek van hou, het die "Ballistic Plex" en Mildot kruishaar gemeng.
S & O se pryse op die Burris'e is in elk geval die beste in die land.
Is dit nie lekker om te gesels met ouens wat 'n volwasse uitkyk op dinge het nie!
Ek het, soos Ponkie, ook op die Bos geswot. Was in Majuba nogal. Fietsry was daaityd my passie, maar was brandarm... Onthou eenkeer het ek 'n race gaan ry met 3 pelle se geleende parte aan my fiets... Die ervarings en vriendskappe was iets besonders.
My eie fantastiese Cannondale kon later nie hierdie spesiale ervarings terugbring nie...
Groetnis!
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Hein, ek is in Huis Visser. Hulle noem ons die sailors. En majuba is mos nou eintlik Dagbreek se seksie 19??? HAha!
Oom Piet, so as ek Oom reg verstaan besit Oom reeds 'n Burris met 30mm tube en sy doel is 90% vir papierskiet? Ek skiet en jag tans met Lynx se 4-16x42D, en ek het geen klagtes oor die scope nie. Ek het immers hierdie jaar 2 uit die 6 bane 'n voltal geskiet by die kampioenskappe op Bloem. Maar as ek oor iets van die scope kan kla sal dit sy helderheid op vergrotings groter as 12 wees. Daarom stel ek belang in 'n Burris, want hulle helderheid is vir my tops!
Is die scopes wat Oom besit almal Tactical 2's?
Groete uit 'n jolige Matieland!
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Nee Ponkie, die tacticals het nou onlangs eers uitgekom. Myne is almal nog 1" buise, en hulle jag besonder lekker. Die papier skiet ding met my jaggewere het eers later gekom.
My volgende een gaan beslis n tactical wees, bloot net omdat ek op my turrets draai as ek skiet. Ek verstel tussen elke baan, vir elke afstand wat ek voor die tyd op my turret inskiet.
Oom raak nou aan 'n teer sakie van Dagbreek! MOS nie eintlik iets waaroor hulle graag wil praat nie. En mens mag mos darem seker so op 'n Vrydagaand na 'n riller van 'n Ekonomie toets bietjie af vat! Haha!
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ek het ingeskryf hierdie jaar vir Brek, maar nou nadat ek bietjie meer weet van wat ek eendag wil doen gaan ek in my 2de jaar oorskuif Landbou Ekonomie toe. Ek gaan die landbou kombineer met vervoer-ekonomie en logistiek en dan vir my 'n pos probeer soek hier in die boland wat werk met die in en uitvoere van landbou produkte.
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ponkie ek praat nou uit my beurt uit, maar ek het 'n paar pelle wat CA's is. Hulle sukkel nie om werk te kry nie en skuif na hartelus tussen joppe. Die een het selfs 2 joppe, Baas van 'n maatskappy wat vrugte uitvoer en lektor aan 'n universiteit. As jy enigsens kan kry jou Brek graad!
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Ek sien die manne praat met groot lof oor die Zeiss'e. Ek het 'n ou 8x57 Krupp(1901) mauser. Hierdie geweer het ek gekry met 'n Hensoldt Weltzar teleskoop(4x32). Hierdie ou man se glase is so helder jy kan dit nie glo nie. Die rede: Dit is die maar die voorloper van die Zeis teleskope. Hierdie teleskoop het 'n ramp wat aan hom gemasjineer is want hy is verwyderbaar. Die toleransie op hierdie scope monterings is ongelooflik. Ek glo maar net die Duitsers maak dinge beter as die res.
spekieries wrote:
Ek glo maar net die Duitsers maak dinge beter as die res.
Groete
Swarovski (Oostenryk) en Leopold (VSA) is darem ook tradisioneel "goeie" scopes. En onthou: As daar nie kwaliteit gedurende die Nazi-Duitsland tydperk uit jou fabriek gekom het nie, het die rook gedraai... Maar ja, ek stem ook saam met jou. Veral wat vuurwapentegnologie aanbetref.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
DirtyOldsix wrote:
En wat van Mikhail Kalashnikov se geweertjie? Enigiets wat 'n platneus nie kan breek nie, moet 'n wenner wees!
Die Sturmgewehr 44 (StG44) se ontwerp is ook gesteel by die Nazi's... Rol af op hierdie blad en jy sal die bekende "AK" se vorm sien... Die Russe het hom net perfek gefinetune.
Ek skiet tans met n leopoldt 4.5-14/50 vx3 .Baie DIUDELIK in die aand. Die teleskoop het ek onlags terrugestuur aangesien sy " point of impact" na ongeveer 10 tot15 skote verander. Dit sal ongeveer 3-4 maande neem voordat ek dit terug het. Intussen SUKKEL ek maar aan met n 3-9/40 leopoldt .As ek eendag groot is gaan ek ook vir my n ZEISS koop.
Sorry Manne,
Ek het so klein foutjie gemaak.
Dit is 'n Swarovski Z6 2-12x50 en die prys is 'n ordentlike R 22 000.
Geen paralaks verstelling, en lense is verskriklik helder......baie mooi, stewige scope, geen "fieterjasies"
Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Naand almal
Manne ek wag nog vir reaksie op my vraag of die Varmint Hunters reticle van die Leupold asook die BRX reticle van Swarovski nie te fyn is vir nag skiet nie, as iemand ondervinding met hul het sal ek graag jou opinie wil hoor. Wat ek bedoel met "te fyn" is, as jou lig baie gedim is sukkel n man nie dalk om daai fyn kruisie te sien nie?
Groete
Lamtjop wrote:
... Wat ek bedoel met "te fyn" is, as jou lig baie gedim is sukkel n man nie dalk om daai fyn kruisie te sien nie? ...
Lamtjop
Hoekom wil jy met 'n lig wat baie gedim is skiet? Jy vergroot jou kans om te mis as jy dit doen. As jy seker maak dat jou scope reg gefokus is vir jou o? kan jy met 'n relatief fyn kruishaar regkom, sonder enige probleme. Draai maar net die dimmer stadig oop as jy reg is om te skiet en die jakkals is in jou skootsvak. Dit werk vir my.
Ek stem saam met Louis, maak jou lig stadig heder tot jy joy kruishaar mooi kan sien, ek skiet baie met die Leopold Varmint kruis, wat relatief fyn is, en kom heel goed met hom oor die weg.